Saturday, 7 December 2013

Wys Sagaria na 'n Duisendjarige vrederyk voor die Wederkoms?


Hierdie pos is in reaksie teen mense wat Sagaria gebruik om te bewys dat die Bybel 'n duisendjarige vrederyk voorspel voor die laaste oordeel. Dit wil voorkom dat hulle tekste uit Sagaria aanhaal sonder om die historiese konteks, of die konteks van die boek as geheel, asook die konteks van die aard van die profesiee in ag te neem. Alhoewel dit 'n kort boek is, is dit tog 'n moeilike boek om te verstaan: Die volgende studie het my omtrent 'n week gevat om te voltooi. Nadat ek egter in diepte gaan kyk het na die boek as geheel, is ek soveel sekerder dat daar geen gronde is om te dink hierdie boek ondersteun die idee van 'n duisendjarige vrederyk nie.


Tydgenote van Sagaria:

Nehemia,
Esra,
Haggai.

Historiese konteks:

Die terugkeer van die ballinge, en die herbou van Jerusalem en die tempel.

1:1-6
0002/08/??  Bekeer julle, kyk waartoe julle voorvaders se ongehoorsaamheid gelei het.

1:7-18
0002/11/24 Ruiters tussen mirte en diep kloof raporteer die wereld is rustig. Die Here gaan Hom ontferm oor Jerusalem na 70 jaar, en die nasies straf

1:18-20
4 horings = nasies wat Israel verstrooi het (Babel, Persie, Griekeland, Rome?)- 4 ambagsmanne om horings tot 'n val te bring
2:1-13
Die Engel kom om Jerusalem uit te meet. Jerusalem sal te groot word vir mure en God sal in hom bly. God straf die wat aan hom vat, en baie nasies sal na Jerusalem toe kom en hulle aan die Here verbind. (Hierdie is baie duidelik die nuwe testamentiese kerk wat voorspel word: Jerusalem/die kerk wat baie groot word, God wat in Jerusalem/die kerk woon, en mense van alle nasies wat na Jerusalem/die kerk stroom om hulle aan God te verbind.

3:1-10
Satan kla vir Jesua aan wat inliederlike vuil klere staan. Die Here bestraf Satan, en vergewe Jesua. (Jesua was hoë priester in die regeringstyd van Serubbabel en Nehemia) Hy trek vir hom skoon klere aan, en sit vir hom ‘n skoon tulband op. Jesua word hoë priester. Voorspellng van Loot wat kom. Klip met 7 oë en grafeersel.  Die Here gaan op een dag die sonde wegneem. (Baie duidelik Mesiaans. Jesua verteenwoordig die mense van die verbond, Israel. Hulle moes dien as hoëpriester en lig vir die nasies (Eksodus 19:5-6, Jesaja 49:6), maar het soos die nasies geword. Die nuwe skoon klere wys na die nuwe verbond wat ingestel word deur die koms van Loot/Jesus, wat die sondes in een dag sal weg neem. Deur die nuwe verbond kan die mense van die verbond weer optree as priesters van God (1 Pet 2:5, 1 Pet 2:9, Open 1:6, 5:9-10, 20:6)
4:1-14
Kandelaar met 2 olyfbome wat olie aan die kandelaar voorsien. Die Here  beloof Serubabel dat hy die tempel sal klaar maak – want hy doen dit nie uit eie krag nie. Die twee gesalfdes verwys na Serubbabel (die koning) en Jesua (die hoë Priester) (Alhoewel hierdie primêr ‘n profesie vir daardie tyd is, is daar ook ‘n nuwe Testamentiese toepassing. Die kandelaar is die kerk (Open 1:20) die olie is die Heilige Gees – (Priesters en profete is met olie gesalf) en die twee gesalfdes is Christus – omdat Hy beide Koning en Hoë priester is.
5:1-4
Die swewende boekrol – ‘n vervloeking vir die goddelose. (Dui op die eindoordeel)
5:5-11
Vrou wat goddelossheid verteenwoordig in ‘n mandjie met ‘n lood deksel. Dit word weg geneem na Sinar, waar ‘n huis vir haar gebou word. Sinar is ‘n ander naam vir Babilon , wat in Genesis gebou is in opstand teen God. Hierdie is ‘n moeilike deel, maar as ek moet raai, sou ek sê dit voorspel die koms van die groot verdrukking in (Matteus 24:15-18, Openbaring 20:1-7) Soos in Openbaring, lyk dit of die magte van die bose gebind word tot op die tyd wat vir hulle bestem is. (Die huis wat vir haar in Babilon gebou word) Die algehele goddeloosheid wat kom in die laaste dae word op verskeie plekke in die NT voorspel.  
6:1-9
4 Strydwaens tuusen 2 brons berge: 1)Bruin perde, 2) Swart perde, 3) Wit perde 4)Skimmel perde. Swart perde gaan Noord, en die Wittes agterna. Skimmel gaan suid, deurkruis die aarde. Die wat Noord gaan bring die Gees van die Here daarheen. (Hierdie is ‘n besonder moeilike gedeelte. Elke komentaar wat mens hierop lees gee ‘n ander interpretasie. Almal stem ooreen dat die koper berge is die poort tussen die Hemel en die aarde voor, dat die ruiters uit die hemel kom om God se plan op die aarde uit te voer. Wat betref die perde is daar verskeie interpretasies:

1)    Een interpretasie sê dis die 4 koninkryke. Dit verklaar waarom die rooi perde nie uitgestuur word nie, omdat die tyd van Babel reeds verby is. Daar is egter ‘n paar probleme: Die Romeinse ryk kom nie uit die Suide nie, en mens sou juis verwag dat die Gees van die Here saam met die skimel perd gaan omdat die kerk in die Romeinse tyd ontstaan het.
2)    Daar is ‘n sterk versoeking om die perde te verbind aan die perde in Openbaring 6, maar dit sou beteken dat mens sou verwag het dat die genoemde rampe in Openbaring in die verskillende landstreke gebeur het, wat duidelik nie die geval is nie. Daar is ook die versoeking om die rampe van Openbaring aan die verskillende koninkryke te koppel, maar dit werk ook net tot ‘n punt:
Rooi = oorlog = Babilon
Wit = Oorwinning = Griekeland
Grys = Dood = Romeine
Swart = Persie = Hongersnood ???

Die interpretasie wat vir my die meeste sin maak is die een wat hierdie deel koppel aan Sagaria 1. ‘n Mens moet ook die konteks van die profesie in ag neem: Israel kom uit ballingskap uit. 70 jaar was hulle die spot van die aarde, en die algemene geloof was dat die god van Israel saam met sy volk oorwin is. Gegewe die konteks, het Sagaria 1 en Sagaria 6 die kragtige betekenis dat God steeds God bly en in beheer is oor die hele aarde. Hierdie twee  visioene vorm die raamwerk waar binne al die visioene tussenin vertolk moet word. Verder ook: In Sagaria 1 maak God die voorneme om die volke te straf, en in Sagaria 6 kom die plan tot uitvoering. Daar word baie klem gelê dat die perde eers wegtrek wanneer hulle die bevel van God ontvang.

Alhoewel daar die versoeking is om Openbaring 6 hier in te lees, dink ek nie dis die bedoeling nie, want:
1)    Die profesie self gee geen besondere betekenis aan die verskillende kleure nie, en
2)    Dit is samehangend met hoofstuk 1 wat ook geen betekenis aan sekere kleure gee nie. Daarby is die kleure van Sagaria 1 minder versoenbaar met die van Openbaring 6.

Die verskillende kleure dui dus eerder net op die verskeidenhied van God se mag, teenoor die heidense gode wat gewoonlik net oor een of twee bepaalde kragte beskik het.

Die betekenis van “noord” moet ook in historiese konteks verstaan word. Noord is vir Israel ‘n onheilspellende plek, want dit is vanuit hierdie rigting wat die nasies hulle aangeval het. Hierdie is dus duidelik ‘n verwysing na die NT kerk, omdat God se Gees ook oor die heidennasies gaan kom.

6:9-15

Goud en silwer van balinge moet gebruik word om ‘n kroon te maak en op die prieter Jesua se kop te sit. Sê vir Hom dat Loot vinnig opgang sal maak en die tempel van die Here bou. ‘n Priester sal saam met hom regeer en mense sal van ver af kom om die tempel te bou (Weereens ‘n Mesiaanse profesie. Loot is Jesus, en Hy is ook die Priester wat genoem word, want Jesus is beide koning en Hoë Priester. Die tempel wat Hy sal bou, waarvan mense van ver af sal kom om saam te bou, is die kerk.
7: 1-15
0004/09/04 Mense kom om navraag te doen oor die vas van die 5de maand. God vermaan hulle egter om te let op hulle motivering – God kyk na die hart en nie na die gebruik nie. Hy herinner hulle waarom die land verwoes is.
8:1-17

Die Here is begaan oor Jerusalem, en kondig voorspoed vir die stad aan.
8:18-19
Vasdae gaan feesdae word
8:20-23
Al die nasies sal na Jerusalem toe kom om die Here te raadpleeg (Voorspelling van die Kerk)
9:1-8
God kondig die val van Tirus en Filistea aan
9:9-10
Die koms van die nederige Koning na Jerusalem wat op ‘n donkie ry. Hy sal vrede bring (Dubbel profesie van die koms van Jesus asook die vrede wat sy wederkoms sal bring)
9:11-17
Die Here bevestig sy verbond omdat dit met bloed beseel is. Hy roep die gevangenis terug . God gebruik Juda as ‘n wapen – spesifiek teen Griekeland. Hulle sal oorwin en voorspoedig wees. (Hierdie profesie verwys waarskeinlik na die Makabeers – omdat hulle teen ‘n Helenistiese koningkryk geveg het)
10:1-12
Vra na die Here om reen, Hy sal dit op die regte tyd stuur. Die Here gaan Israel sterk en voorspoedig maak. Hy gaan hulle bymekaar maak, en hulle vyande verneder.
11:4-17
God beveel Sagaria om herder te word van slagskape vir wie niemand omgee nie. God gee nie meer vir die land nie, en gee die mense in mekaar se mag oor. Sagaria word ‘n herder met 2 kieries wat hy Vriendelikheid/Guns en Vereniging noem. Binne ‘n maand moes hy van drie herders ontslae raak. Maar hulle het met hom ongeduldig geraak, en hy met hulle, en die skape aan hulle eie lot oorgegee. Hy verbreek sy Vriendelikheid/Guns kierie – die ooreenkoms met die skape. Sagaria is onverskillig oor of hy betaal word of nie – die eienaars betaal hom 30 stukke silwer, wat hy dan vir die pottebakkers gooi. Hy breek sy ander kierie – Vereniging – ook stukkend, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek. Nou moet Sagaria soos ‘n Herder optree wat niks vir die skape omgee nie. Die Here gaan so herder aanstel. Elende wag vir die herder. (Hierdie is duidelik ‘n profesie van Israel in die tyd van Jesus. Die slagskape waarvoor niemand omgee nie is die volk, en die eienaars is die leiers of Fariseers. Sagaria verteenwoordig Jesus. Jesus wys die Fariseers te reg, maar dit lei tot vyandskap tussen Jesus en die Fariseers. Jesus verbreek die verbond waaronder Israel die beskerming van God geniet het. Omdat die volk Jesus verwerp, gee God hulle aan hulle lot oor: 30 Silwer muntstukke was hoeveel jy iemand moes vergoed vir die lewe van ‘n slaaf – dis hoe min die Fariseers Jesus geag het deur Hom vir 30 silver muntstukke te verkoop. As Sagaria die rol van die slegte herder vertolk, verteenwoordig hy die Romeine wat Israel verwoes in 70nC. Maar daar is hoop vir die weerloses: God kondig ‘n swaar oordeel aan oor die slegte herder.
12:1-9
Die Here voorspel: Jerusalem en Juda gaan beleer word, maar almal wat teen hom optrek gaan seerkry. Die Here maak van Jerusalem ‘n rots blok. Die Here beskerm Juda teen sy aanvallers, en Juda erken dat sy krag in die Here is. Juda is ‘n vuur wat al die volke om hom verteer. Die swakste van Juda sal soos ‘n koning wees, en die Dawidshuis soos ‘n hemelwese. Die Here begin om die nasies uit te roei wat Jerusalem aanval. (Hierdie gedeelte verwys na die nuwe testamentiese kerk. Dit kan baie duidelik afgelei word in vers 8 waar die swakstes soos konings is. Petrus sê die kerk is nou reeds ‘n koninklike priesterdom ( 1 Petrus 2:9) Die Huis van Dawid wat soos ‘n Hemelwese is, is baie duidelik Jesus self. Ook vers 3 word verklaar in Petrus 2:6, waar Jesus die rots is, en elkeen wat Hom verwerp, val en struiikel oor Hom. Dit is ook verder duidelik uit die konteks van vers 11 – wat die bediening van Jesus voorspel. Verse 10 - 14 herinner aan Romeine 11, wat daarop dui dat die Jode in die laaste dae vir Christus sal aanneem. Daar is egter niks van 'n fisiese koninkryk of 'n wegraping wat daarmee saamgaan nie. Dit is om meer in die teks in te lees as wat daar staan. Daar is genoeg duidelike teksverse om te glo dat die volk van Israel in die laaste dae gelowig sal word.
13:1-9
Die Here maak ‘n fontein in Jerusalem oop om die volk se sondes af te was. Die gedagte aan die afgode sal verdwyn. Die vals profete sal verdwyn: niemand sal hulle deur hulle laat verlei word nie, en self sal hulle nie meer waag om te profeteer nie. Die Herder – wat na aan die Here is - word dood gemaak, en die skape word uitmekaar gejaag. Twee derdes word uitgeroei, en die oorblywende derde word soos goud gelouter. Hulle sal suiwer wees, en die Here sal hulle gebede verhoor. ( Baie duidelik die nuwe testamentiese kerk. Daar word gepraat van die afwassing van die sondes, ‘n inherente gehoorsaamheid en ‘n gesonde onderskeidings vermoee. Die goeie Herder wat doodgemaak word is baie duidelik Jesus, en die skape wat uit mekaar gejaar word, die vroee Christelike kerk. Hulle word vervolg: Baie word dood gemaak, en die wat oorbly word gelouter – maar hulle is suiwer en getrou aan die Here.)
14:1-21
Jerusalem sal gebuit word, die nasies sal teen hom oorlog maak, en hom inneem, die huise plunder ne vroue verkrag.  Helfte gaan in ballingskap, maar die ander helfte nie. Die Here sal dan oorlog voer teen die nasies, Hy staan op die Olyfberg, en die berg skeur middeldeur sodat die vlugtelinge deur die kloof kan gaan. Dit sal  ‘n besonderde dag wees, want daar sal geen duisternis of ryp wees nie. ‘n Vars stroom sal uit Jerusalem vloei, een helfte oos, ander helfte wes. Die Here sal koning wees oor die hele land, die enigste God. Jerusalem sal hoog le en bewoon wees. Hy sal nooit weer vernietig word nie. Die mense wat teen Jerusalem geveg het sal weg vrot. Hulle sal skrik en mekaar aanval. Selfs Juda veg teen Jerusalem. Mense van alle volke sal kom om die huttefees te vier in Jerusalem. Die wat nie kom nie sal gestraf word, maar die wat kom sal hulle offers bring. (Gegewe die konteks en progressie van die voorafgaande hoofstukke,  verwys die eerste helfte van hierdie hoofstuk duidelik na die vernietiging van Jerusalem in 70nC. ‘n Historiese feit wat nie baie bekend is nie, is dat baie mense tydens die belering van Jerusalem die geleentheid gehad het om te ontsnap: Jesus self het voorspel dat dit die geval sou wees in Lukas 21:20-22:

Flavius Josephus (A.D. 75)
(Opportunity Arises to Flee) "It then happened that Cestius was not conscious either how the besieged despaired of success, nor how courageous the people were for him; and so he recalled his soldiers from the place, and by despairing of any expectation of taking it, without having received any disgrace, he retired from the city, without any reason in the world." (Wars, II, XIX, 6,7)

Die Olyfberg verwys dus duidelik na die Romeine leer, en dat God self diegene bewaar wat gelet het om die profesie van Jesus en uit die stad gevlug het. Vers 8 verwys. Dit kan ook verwys na die bediening van Johannes die Doper wat die weg vir die kerk voorberei het: (Jesaja 40:3-5 + Matteus 3:3) Slegs diegene wat in Jesus en sy profesie geglo het, kon uit die stad gered word. Hierdie mense het dus onder leiding van  hulle Koning uit die stad gevlug. Dat dit ‘n besondere dag is, dui daarop dat God sy kerk bewaar, selfs deur moeilike tye heen.

Vers 8 verwys na die verbond wat in die plek van die ou Jerusalem kom. Die waterstome verwys duidelik na die Heilige Gees wat die kerk versprei dwars oor die wereld. Na die Hemelvaart is Jesus koning oor die hele aarde (Openbaring 1) Dan spring ons duidelik na die Nuwe Jerusalem: Die stad is bewoon en veilig. Dit sal nooit weer verwoes word nie. Die wat teen die kerk/die Here in opstand gekom het, sal in die hel gegooi word. Juda wat teen Jerusalem veg dui op die Jode wat nie vir Christus wou aanvaar nie. Mense van uit alle volke kom deel aan die huttefees. Die huttefees was gehou om die oes te vier, en dui hier op die oes/uitverkiesdes van die Here. Diegene wat die Here weerstaan het, sal onder die ewige vloek wees, maar die wat sy genade aanneem sal ewig in die Hemel die Here in vreugde dien.


Gevolgtrekking:

Sagaria is ‘n moeilike boek om te verstaan, vol van beeldspraak en simboliek. ‘n Gesonde interpretasie van die boek interpreteer dit in die lig van die historiese konteks van die profeet, sowel as in die lig van die boodskap van die res van die Bybel. Dit is hoe dit hoort as mens glo die Bybel vorm een geheel met een, samehangende boodskap. Daarom moet onduidelike verse in die lig van duidelike verse geinterpreteer word. Van beide Openbaring en Sagaria kan mens sê: As jou interpretasie van hierdie boeke jou ‘n verklaring gee wat nerens anders in die Bybel voorkom nie, kan jy maar weet jou interpretasie is verkeerd.

Die boek Sagaria is bedoel om vir die Joodse ballinge wat terug gekom het hoop te gee vir die toekoms. Die profeet is waarskeinlik een van die mees Mesiaanste profete wat daar is. Die koms van Jesus is ‘n deurlopende tema in al die profesiee. Dit wil voorkom of die profesie veral kronologies word van hoofstuk 9 af: Die Here maak Israel voorspoedig, en gee hulle rus. Daarna word daar spesifiek verwys na ‘n oorlog teen Griekeland, wat waarskeinlik dui op die Makabeers. Die Makabeers was voorspoedig, soos wat dit aangedui is in hoofstuk 10, maar onmiddelik in hoofstuk 11 gaan dit weer sleg. Hoofstuk 11 verwys duidelik na die bediening van Jesus. Hoofstuk 12 en 13 verwys na die kerk, 14 na die vernietiging van Jerusalem in 70nC, en dan die nuwe Jerusalem wat kom.

Daar is niks in hierdie boek wat duidelik en ondubbelsinnig die geloof regverdig dat daar ‘n wegraping gaan wees voor die groot verdrukking nie. Ook is daar geen rede om te glo hierdie boek maak melding van ‘n aarde koningkryk van Jesus voor die wederkoms nie – inteendeel, Jesus self sê in Johannes 18:36 “Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.”

Jesus self gee ‘n baie duidelike verduideliking van die laaste dae in Matteus 24, en ons behoort hierdie gedeelte te gebruik as raamwerk vir ons interpretasie van moeilike tekste.

Jesus sê daar sal in die laaste dae baie rampe, vervolging en afvalligheid wees. Jesus sê nie hierdie dinge blood vir die interresantheid nie – ons gaan nie uit hierdie tyd uit weggeraap word nie. Inteendeel: Hy sê dit juis sodat ons kan volhard en nie hoop verloor wanneer ons dit self ervaar nie (vers 6, 9, 13, 20-23, 33) vers 40-41 dui duidelik daarop dat die gelowiges in hierdie wereld bly tot heel aan die einde.

Direk na hierdie tyd, volg die wederkoms (v 29) Openbaring is ‘n boek vir die gelowige, nie die ongelowige nie. Dit is ‘n boek om ons in die laaste dae te troos en te laat volhard. Die gelowiges sal beslis nie hierdie dinge gespaar word nie. As God nie die vroeë Christelike kerk vervolging gespaar het nie, is daar geen rede om te dink Hy sal dit in die laaste dae doen nie