Hoekom die Bybel?
Voor mens die vraag “Is die Bybel genoegsaam?” kan
beantwoord, moet jy eers stilstaan by “Hoekom die Bybel?” Hoekom nie net die Joodse Tanakh nie? Of
Hoekom nie die Islamitiese “Koran” of die Mormoonse “Pearl of Great Price” nie?
Om die vraag te antwoord, moet ons eers kyk na wat die kern
van die Bybel se boodskap is, en dan te vra of dit betroubaar en waar is.
Die kern van die Bybel se boodskap gaan kry ons in 1 Kor 15:
3-8
Die belangrikste wat
ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir
ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag
opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is
maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al
die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.
En ook vers 14, 17-19
En as Christus nie
opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder
inhoud.
En as Christus nie
opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle
sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir
hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van
alle mense.
Waarop kom dit neer?
- As Noag se ark maar net ‘n mite was, maar Jesus het wel uit die dood opgestaan, is die Christelike geloof waar.
- As God deur middel van Evolusie geskep het, maar Jesus het wel uit die dood opgestaan, is die Christelike geloof waar.
- As God die wêreld 6000 jaar gelede gemaak het in 7, 24 uur dae, en die hele wêreld is oorspoel in Noag se vloed, tot die top punt van Mount Everest, maar Jesus het nie uit die dood opgestaan nie, is die Christelike geloof vals.
Alles in die Bybel staan of val dus op een punt: Het Christus
uit die dood opgestaan? Indien nie, is die hele Bybel nutteloos, en kan ons die
boek maar afskryf as mites en legendes. Indien wel, dan kan die hele Bybel
sonder voorbehoud aanvaar word, want Jesus het die hele Tanakh as Woord van God
aanvaar, en Hy self het die Apostels gestuur wat uiteindelik die Nuwe Testament
geskryf het.
Alle godsdienste gaan uiteindelik oor wat een of ander
persoon gesê het. Die Christelike godsdiens gaan egter nie in die eerste plek
oor wat Jesus gesê het nie, maar oor wat Hy gedoen het. As Jesus nie uit die
dood uit opgestaan het nie, was Hy of ‘n leunaar of a mal mens, en was sy
boodskap sonder inhoud. As Hy wel opgestaan het, is dit bewys dat Hy was wie Hy
beweer het om te wees- die Seun van God – en dan dra sy Woorde ook Goddelike
gesag - insluitend waar Hy sê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." - Johannes 14:6
As ons dan met ongelowiges oor die Bybel praat, moenie dat
hulle die aandag aftrek met dinge wat ons nie kan bewys nie, soos om oor die
fisiese en wetenskaplike probleme van die sondvloed te praat nie. Gaan reguit
na die hart van die boodskap – Soos Paulus ook se in 1 Kor 2:1-2:
Wat my betref, broers,
toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle
te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. Ek het
my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die
Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.
Is die Bybel se boodskap betroubaar oorgedra deur die eeue?
Ons weet nou wat die kern van die Bybel se boodskap is, kan
ons onsself afvra: Is dit waar? Het ons rede om dit te glo? Hierdie vraag kan
in twee verdeel word:
- Hoe weet ons dat dit die Nuwe Testament wat ons vandag het, is ‘n akkurate weergawe van wat die Apostels geskryf het?
- Hoe weet ons dat dit wat die apostels geskryf het, waar is?
Is die Nuwe Testament vandag ‘n akkurate weergawe van wat
oorspronklik geskryf is?
(Erkenning : https://visualunit.me/2018/01/14/the-reliability-of-the-new-testament-revised)
- Nie net het ons meer hand geskrewe kopieë (van papirus fragmente tot volledige kodekse) van die Nuwe Testament as van al die klassieke werke saam nie, die vroegste kopië van die NT dateer nader aan die oorspronklike kopie as eenige ander klassieke geskrif.
- Die vroeë kerk het geen sentrale gesag gehad wat die teks van die NT beheer het nie. Individuele gemeentes het afskrifte van die NT gemaak (en nie net een op ‘n slag nie) en versprei. Enige doelbewuste verandering sou dus onmiddelik merkbaar wees.
- Daar is 400 000 variasies in die teks van die NT. (Daar is slegs 138 000 woorde in die Griekse NT)
- 99% van hierdie variasies het egter geen impak op die betekenis van die teks nie (Spelling, gramatika foute wat net relevant is in die Griekse taal, en wat nie eers vertaal kan word nie.
- Van die 4000 variasies wat oorbly, is slegs helfte lewensvatbaar. (Bv – ‘n unieke variasie wat slegs in een dokument van 1200 nC voorkom – kan onmoontlik nie die oorspronklike bewording weerspieel nie.
- Met die oorblywende 1500, kan ons met redelike sekerheid sê watter variasie is die waarskeinlikste deur die wetenskap van “Skrif kritiek” – juis omdat ons so baie manuskrifte het wat ons met mekaar kan vergelyk.
Dan is daar ook nog die geskrifte van die Kerk Vaders, wat
ruim uit die Nuwe Testament aangehaal het. Daar word gesê dat mens amper die
hele Nuwe Testament kan saamstel uit die aanhalings van die kerk vaders.
Daar is dus nie ‘n vraagteken oor die betroubaarheid van die
oordrag van die teks deur die eeue nie -
die NT is besonder betroubaar aan ons oorgedra.
Die twede vraag is dan: Kan ons die inhoud van die NT vertrou?
As ek na jou toe kom met ‘n waarheids aanspraak, dan is daar
een van 4 moontlikhede.
- Ek vertel jou iets waarin ek vas glo, maar waarvan ek geen bewys kan lewer nie, en waarvan ek self geen getuie van was nie.
- Ek vertel jou iets wat ek werklik gesien het, maar ek het gehallusineer, en kon nie die werklikheid onderskei van die droom nie
- Ek is doelbewus besig om te lieg.
- Ek praat die waarheid.
Die apostels het nie
blood net geglo in Jesus nie, hulle was ooggetuies.
Ons het heelwat interne bewyse dat die teks van die NT
geskryf is deur eerste en twede handse ooggetuies:
Lukas 1:1-4
Hooggeagte Teofilus!
Daar is baie wat
onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het.
Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van
die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook
goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal
noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat
die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.
Johannes 1:14
Die Woord het mens
geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid
wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Handelinge 1:21
“Daar moet dus nog 'n getuie van Jesus se
opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons
rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het,
vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem
is.”
1 Korintiers 15:5-8
Hy het aan Sefas
verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers
tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy
aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8Heel laaste het Hy ook aan my,
die ontydig geborene, verskyn.
2 Petrus 1:16-18
Toe ons aan julle die
krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons
nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in
al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe
die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My
verheug.” Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op
die heilige berg was.
1 Johannes 1:1-4
Van die begin af was
Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons
het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die
Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan
julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons
gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap
deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en
met sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.
Ook was die eerste hoorders van die evangelie ooggetuies.
Met Petrus se eerste preek sê Hy die volgende: (Hand 2:22-24)
“Israeliete, luister
na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die
kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het.
Daarvan weet julle self. God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle
uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom
doodgemaak. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die
dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te
hou.”
Petrus beroep hom dus op dinge wat die skare self gesien
het, waaraan hulle deelgeneem het, en heeltemaal bewus van was. Op grond van
hierdie getuienis, lees ons in vers 41:
Dié wat sy woorde
aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by
die getal van die gelowiges gevoeg.
Dit is 3000 mense wat dus ooggetuies was van groot dele van
Jesus se bediening, en wat by die kruisiging van Jesus betrokke was!
Die Apostels het nie gehallusineer nie.
In Lukas 24:26-42 lees ons:
Terwyl hulle nog oor
hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir
hulle: “Vrede vir julle!” Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink
hulle sien 'n gees. Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en
waarom kom daar twyfel in julle harte? Kyk na my hande en my voete: dit is tog
Ek self. Voel aan My en kyk! 'n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien
dat Ek het nie.” Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete. Toe
hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het
julle hier iets om te eet?” Hulle gee Hom toe 'n stuk gebakte vis. Hy het dit
gevat en voor hulle oë geëet.
Hieruit is dit duidelik dat al die apostels saam dieselfde
gebeurtenis gesien het. ‘n Hallusinasie is die produk van mens se eie
verbeelding. Dieselfde mense kan nie dieselfde hallusinasie op dieselfde
tydstip deel nie.
Maar Lukas is self nie ‘n ooggetuie nie. Het Hy nie dalk
hierdie verhaal opgemaak nie?
- Lukas skryf dat Jesus die vernietiging van Jerusalem voorspel het, maar noem die die vervulling van die profesie nie. Dit dui daarop dat Lukas se evangelie voor 70 nC geskryf is, binne die leeftyd van die apostels. Die storie sou dus nie sonder die goedkeuring van die apostels self versprei kon word nie.
- Al 4 evangelies getuig daarvan dat die Dissipels as ‘n groep vir Jesus na sy dood gesien het.
- Matteus en Johannes was dissipels van Jesus, en Markus was – volgens die kerkvaders – die skrywer van Petrus, wat ook ‘n apostel was.
Die Apostels het nie
doelbewus gelieg nie.
Ons lees van verskriklike vervolging wat die Apostels deur
gegaan het.
Handelinge 5:40-42
Hulle het die apostels
ingeroep, hulle laat slaan en hulle belet om weer in die Naam van Jesus te
praat. Daarna het hulle hulle losgelaat.
Die apostels het van
die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam
van Jesus vernedering te ly. En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in
die tempel en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus
die Christus is nie.
2 Korintiers 11:22-27
Ek het harder gewerk,
ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in
doodsgevaar. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en
dertig houe gekry, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met
klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek 'n dag en 'n
nag in die oop see deurgebring.
Ek was dikwels op reis
en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my
volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld;
gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en
swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek
sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.
So, wat daarvan? Baie mense van verskillende godsdienste was
al bereid om vir hulle geloof te ly en selfs te sterf. Wat maak die apostels so
anders?
Die Apostels het nie hierdie lyding verduur blood op grond
van hulle geloof nie, maar op grond van hulle aanspraak dat hulle ooggetuies
is. As jy in iets glo, kan jy dit verkondig en daarvoor ly, sonder om te weet
dat dit eintlik vals is. As jy egter beweer jy het iets gesien, en jy het nie,
dan is daar geen manier dat jy nie bewus is daarvan nie.
Wanneer mense lieg, doen hulle dit omdat hulle dink hulle
kan iets daaruit kry. Die Apostels, en veral Paulus, het alles verloor ter
wille van die Evangelie. Amper almal is gemartel, en het ‘n marteldood gesterf,
en al wat nodig was om die lyding te laat stop, was om te erken dat Jesus se
opstanding maar net ‘n versinsel was. Tog het nie een van hulle dit gedoen nie.
Dit dui daarop dat hulle werklik oortuig was van hulle saak, en dat hulle
werklik die opstanding gesien het. Een mens mag dalk mal genoeg wees om
doelbewus vir ‘n leun te ly, maar al die dissipels?
Gevolgtrekking:
Met al die ander moontlikhede uit die weg geruim, bly daar
slegs een laaste moontlikheid oor: Jesus het werklik uit die dood uit
opgestaan. Geen ander Godsdiens se waarheidsaanspraak staan op so ‘n robuuste
fondament soos die van die Bybel nie.
Dis egter nie al nie.
Die Christelike geloof het ontsettend vinnig versprei vanaf
die uitstorting van die Heilige Gees. Dit kon nie ongesiend verby gaan nie –
nie by die Jode nie, en ook nie by die Heidene nie. Ons het ‘n hele paar
kontemporere Jode en heidene wat oor die oorsprong van die Christelike geloof skryf,
en nie een van hulle gee vir ons ‘n moontlike alternatiewe verklaring van hoe
die Christelike geloof tot stand gekom het nie. Josephus is veral opmerklik: ‘n
Jood wat een geslag later geleef het, en wat toegang gehad het tot die Joodse
rabbis en geskrifte. Die Jode was die Christene vyandig gesind, en as daar ‘n
alternatiewe ontstaansgeskiedenis van die kerk was, sou hulle beslis wou seker
maak dat die Wêreld daarvan weet. Tog is daar niks in Josephus of die Talmud
wat ons enige rede tot twyfel gee nie.
Dan is daar nog die Profesieë in die Joodse Tanakh oor die
Mesies – die mees duidelikste daarvan is in Jesaja 52:13-53:13:
My dienaar sal
voorspoedig wees.
Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang.
Baie mense was ontsteld oor hom,
hy was so misvormd
dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie,
nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie.
Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing.
Konings sal sprakeloos wees oor hom,
want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie,
hulle sal iets te wete kom
wat hulle nog nooit gehoor het nie.
Wie sal ons glo as ons hiervan vertel?
Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit,
soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.
Hy het nie skoonheid of prag gehad
dat ons na hom sou kyk nie,
nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
Hy was verag en deur die mense verstoot,
'n man van lyding wat pyn geken het,
iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.
Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
Tog het hy óns lyding op hom geneem,
óns siektes het hy gedra.
Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,
wat deur God geslaan en gepynig word.
Oor óns oortredings is hy deurboor,
oor óns sondes is hy verbrysel;
die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,
deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons het almal gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop,
maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly,
hy het nie gekla nie.
Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word
en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word,
het hy nie gekla nie.
Terwyl hy gely het en gestraf is,
is hy weggeneem,
en wie van sy mense het dit ter harte geneem
dat hy afgesny is uit die land van die lewendes?
Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
Hy het 'n graf gekry by goddeloses,
hy was by sondaars in sy dood
al het hy geen misdaad gepleeg nie
en al was hy nooit vals nie.
Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel,
om hom die pyn te laat ly.
As hy sy lewe as skuldoffer gee,
sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe,
deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien
en hy sal die Here ken.
My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak:
hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes.
Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier
omdat hy hom in die dood oorgegee het
en as misdadiger beskou is,
omdat hy die sondes van baie op hom geneem het
en vir oortreders gebid het.
Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang.
Baie mense was ontsteld oor hom,
hy was so misvormd
dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie,
nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie.
Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing.
Konings sal sprakeloos wees oor hom,
want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie,
hulle sal iets te wete kom
wat hulle nog nooit gehoor het nie.
Wie sal ons glo as ons hiervan vertel?
Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit,
soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.
Hy het nie skoonheid of prag gehad
dat ons na hom sou kyk nie,
nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
Hy was verag en deur die mense verstoot,
'n man van lyding wat pyn geken het,
iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.
Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
Tog het hy óns lyding op hom geneem,
óns siektes het hy gedra.
Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,
wat deur God geslaan en gepynig word.
Oor óns oortredings is hy deurboor,
oor óns sondes is hy verbrysel;
die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,
deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons het almal gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop,
maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly,
hy het nie gekla nie.
Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word
en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word,
het hy nie gekla nie.
Terwyl hy gely het en gestraf is,
is hy weggeneem,
en wie van sy mense het dit ter harte geneem
dat hy afgesny is uit die land van die lewendes?
Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
Hy het 'n graf gekry by goddeloses,
hy was by sondaars in sy dood
al het hy geen misdaad gepleeg nie
en al was hy nooit vals nie.
Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel,
om hom die pyn te laat ly.
As hy sy lewe as skuldoffer gee,
sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe,
deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien
en hy sal die Here ken.
My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak:
hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes.
Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier
omdat hy hom in die dood oorgegee het
en as misdadiger beskou is,
omdat hy die sondes van baie op hom geneem het
en vir oortreders gebid het.
Daar het jy die geregtigheid van die Messias, sy
onregverdige lyding, die rede vir sy lyding, asook sy dood, en opstanding uit
die dood, en sy komende heerskappy, - alles 600 jaar voor Christus neergeskryf!
Sola Scriptura
Nou dat ons die betroubaarheid van die opstanding bevestig
het – wat die kern van die Bybel se boodskap is, kan ons verder gaan om die
vraag te antwoord: “Leer die Bybel Sola Scriptura?”
‘n Oppervlakkige lees van die Bybel mag die indruk gee dat
die Bybel alleen nie voldoende is nie, en dat God ook deur spesiale openbaring
deur profete met mense praat, en daar was inderdaad ook ‘n tyd dat dit die
geval was. Baie mense doen dan vandag nog hulleself voor as profete wat
openbaringe direk van God ontvang. Daar is egter streng toetse waaraan ‘n
profeet moet voldoen
Deuteronomium 18:20-22 sê
‘n Profeet wat hom
aanmatig om in my naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf.
Dit geld ook vir ‘n profeet wat in die naam van ander gode praat. Wanneer jy
jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet
gepraat het nie? – moet jy weet: as ‘n profeet iets in die Naam van die Here
aankondig en dit kom nie uit nie en gebeur nie so nie, dan het die Here nie met
die profeet gepraat nie. Dan het die prfeet hom dit aangematig en hoef jy jou
nie aan hom te steur nie.”
Met ander woorde, as ‘n profeet ‘n voorspelling maak sonder
om dit terug te trek, en dit kom nie uit nie, is hy ‘n vals profeet. Hierdie
teksvers ontbloot al reeds heelwat moderne profete vir wat hulle werklik is:
valse profete wat woorde in die mond van God plaas – a geweldige sonde waarvoor
elkeen van hulle eendag sal moet rekenskap gee.
Maar gestel die profeet se voorspelling kom wel uit? Dan is
hy steeds nie vry van kritiek nie. In Deuternomium 13:1-4 staan daar:
Wanneer ‘n profeet of
iemand wat drome uitlê by jou kom en vir jou vertel van ‘n teken of ‘n wonder,
en die teken kom uit of die wonder vind plaas soos hy gesê het, en hy dan op
grond daarvan vir jou sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode al het jy hulle nie
vroeër geken nie, al het ons hulle vroeêr nie gedien nie, moet jy nie na hom
luister nie. Die Here jou God stel jou net op die proef om vas te stel of jy
Hom liefhet met hart en siel. Jy moet getrou bly aan die Here jou God en Hom
eer, jy moet sy gebooie gehoorsaam en na sy bevele luister, jy moet Hom dien en
aanhang.
Dit wys natuurlik terug op die eerste gebod: “Ek is die Here
jou God wat jou uit Egipte, uit die land van slawerny bevry het. Jy mag naas my
geen ander gode hê nie”. Met ander woorde, wat ookal ‘n profeet sê of voorspel
– al kom sy voorspellings ook uit – as sy woorde in konflik is met dit wat God
reeds in die skrifte openbaar het nie, is hy ook ‘n valse profeet.
‘n Ware profeet stel ook nie homself aan of tree op as profeet
uit eie keuse nie. Nee, God self het mense vooraf bestem om as profete op te
tree, soms selfs teen hulle eie wil.
Jeremia 1:4-10
Die woord van die Here
het tot my gekom:
Voordat ek jou in die
moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het ek jou aan
My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
“Ag, Here my God,” het
ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
Toe sê die Here vir
my:
“Jy moenie sê ‘Ek is
te jonk’ nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou
beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou,
Ek sal jou red. Dit is wat die HERE gesê het.”
Hy het sy hand
uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond
gelê. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en koninkryke om af te breek en
uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, to bou en te vestig.
Jesaja 6:1-8
In die tyd van koning
Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die
onderste van sy kleed he die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te
dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee st
voete, en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep:
“Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy
magtige teenwoordigheid.” Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle
kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.”
Toe het ek uitgeroep:
“Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek
woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning
gesien, die Here die Almagtige.”
Een van die serafs het
toe ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.
Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou
lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, en jou sondes versoen.”
Toe het ek die Here
hoor vra: “Wie kan ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het gesê: “Hier
is ek! Stuur my!”
Maar wat sê die Nuwe Testament oor profete?
In Matteus 5:17 sê Jesus:
“MOENIE dink dat Ek
gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind
nie, maar om te vervul.”
Hierin is dit duidelik dat volgens Jesus he alle profete wat
Hom vooraf gegaan het, na Hom toe gewys, en dus kry hulle hulle vervulling in
Hom. As die profete vervul is in Jesus, dan beteken dit tog dat daar nie nut is
vir nog profete na Jesus nie. Inderdaad, volgens Hebreërs 1:12:
“In die verlede het
God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die
profete,maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun.
God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.”
Dit lyk dus duidelik uit die Nuwe Testament dat God nie meer
met ons deur profete praat nie, omdat Hy reeds sy finale openbaring in Jesus
gegee het. Maar hoe kan ons vandag – 2000 jaar later iets weet van hierdie
laate openbaring van God? Deur die Apostels wat Jesus aangestel het om van Hom
te getuig.
In Handelinge 1 :21 gee Petrus die vereistes van ‘n Apostel:
“Daar moet dus nog 'n
getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne
wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die
openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af
in die hemel opgeneem is.”
‘n Apostel is dus per definisie ‘n ooggetuie van Jesus, en
dus kan daar geen moderne apostels wees soos in die Mormoonse kerk nie. Hierdie
Apostels was nie net oog getuies van Jesus nie, maar hulle bereidwilligheid om
te ly en selfs te sterf vir hulle getuienis bevestig hulle geloofwaardigheid.
Die Nuwe Testament is dan ook deur hulle, of mense wat hulle persoonlik geken
het, geskryf: Matteus en Johannes was Apostels, Markus die skrywer van Petrus,
en Lukas die reisgenoot van Paulus.
Petrus skryf:
“Toe ons aan julle die
krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons
nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in
al sy majesteit gesien.” – 2 Petrus 1:16
Johannes skryf:
“Van die begin af was
Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons
het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die
Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan
julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons
gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap
deel kan hê” – 1 Johannes 1:1-3
Lukas skryf:
“Hooggeagte Teofilus!
Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder
ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die
mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het
ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en
die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te
wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.” –
Lukas 1:1-4
Die Nuwe Testament is dus nie legendes en mites wat oor
honderde jare ontwikkel het nie, maar is eerste en twedehandse getuienis, wat
dit baie betroubaar maak. Maar meer as dit, die Apostels self het hierdie
geskrifte as gesaghebbend beskou, op die selfde vlak as die ou testament.
Paulus skryf in 1 Timoteus 3:14-15
“Ek skryf hierdie
dinge aan jou, hoewel ek hop om gou na jou toe te kom. Ingeval my koms vertraag
word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit
is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van
die waarheid.”
Die Roomse kerk hou daarvan om hierdie vers te gebruik om
aan hulle kerk gesag te gee, maar lees die eintlike doel van die vers mis:
Paulus beskou sy brief as gesagvol vir die kerk, en die kerk word dus
gedefinieer deur die mense wat hulle aan sy geskrifte hou. In 2 Timoteus
3:16-17, herhaal Paulus dan ook die genoegsaamheid van die skrif:
“Die hele Skrif is
deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig,
dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te
kweek,sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”
Merk op dat Paulus sê dat die Skrif volkome of genoegsame
voorbereiding is vir elke goeie werk. Daar is dus geen ekstra openbaringe nodig
nie.
Paulus stel dit selfs nog sterker in Galasiers 1:8-9
“Maar al sou een van
ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in
stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God
sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan
julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle
ontvang het – die vloek van God sal hom tref!”
Dit alles dien as bevestiging van Hebreers 1 en Matteus 5:17
wat sê dat Jesus God se laaste openbaring is, en dat daar geen verdere
profesieë verwag moet word, buiten dit wat die Apostels aan ons openbaar in die
skrif nie.
Drie moontlike besware
Maar nou kan daar drie besware geopper word.
- Wat van Paulus? Die grootste deel van die Nuwe Testament is deur hom geskryf, en tog wil dit voorkom of hy nie aan die vereiste van Handelinge 1 voldoen nie: Hy was nie van die begin af saam met Jesus nie, en het eers na sy hemelvaart tot geloof gekom
Ons moet egter onthou dat Paulus deur Jesus Christus self as
Apostel aangestel is (Handelinge 9 en Galasiers 1-2) Iemand mag dalk sê dat
hierdie twee geskrifte deur Paulus self, en Paulus se reisgenoot, Lukas,
geskryf is, en dus is die getuienis ongeldig. Daarom is dit so waardevol dat
ons van Petrus erkening kry van Paulus se gesag in 2 Petrus 3:15-16
“En beskou die geduld
wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde
broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle
geskrywe. Hy skryf dit ook in al sy briewe waarin hy oor hierdie saak handel.
Daar is dinge in sy briewe wat moeilik is om te verstaan. Oningeligte en
onstandvastige mense gee daaraan ‘n verkeerde uitleg, soos hulle trouens ook
doen met die res van die Skrif, en dit tot hulle eie ondergang.”
Omdat Petrus een van Jesus se naaste 3 apostels was, spreek
sy erkenning van Paulus se gesag alle teespraak uit. En indien iemand dink dat
hy op ‘n soortgelyke manier as Paulus ‘n apostel kan word, het Paulus self ook
daardie moontlikheid uitgesluit:
“Heel laaste het Hy
ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.” 1 Korintiers 15:8
Paulus beskou homself dus as die laaste apostel.
- Die twede beswaar is die profeet Agabus, wat tweekeer in Handelinge genoem word (Handelinge 11:28, Handelinge 21:10), asook die verwysing na profete in 1 Korintieers 14. Hierdie profete het almal na Jesus opgetree.
Eerstens is dit belangrik om in ag te neem dat nie alles wat
in die vroeë kerk gebeur het, normatief is nie. Daar was byvoorbeeld baie
wonders en tekens aan die begin van die kerk se geskiedenis, wat afgeneem het
namate die gemeentes gevestig geraak het. Byvoorbeeld, In Handelinge 5:15-16
lees ons:
Die mense het selfs
siekes op straat uitgedra en hulle daar op draagbare en beddens neergesit
sodat, as Petrus daar verbygaan, al is dit maar net sy skaduwee op party van
hulle kon val. Daar het ook baie mense van die dorpe in die omgewing van
Jerusalem af gekom en siekes gebring en mense wat onder onrein geeste gely het.
Hulle is almal gesond gemaak.
Hier is die kerk nog bloedjonk, en hoofsaaklik nog beperk
tot Jerusalem. Daar is nog geen Nuwe Testament geskryf nie, en die wonders en
tekens moet dien as bewys dat die Apostels met goddelike gesag praat.
Kyk ons na ‘n brief teen die einde van Paulus se lewe, 2
Timoteus 4:20, sien ons Paulus moes vir Trofimus siek agterlaat. Duidelik was
die genesing van siekes dus nie ‘n universieële kenmerk van die kerk nie, maar
was tydelike tekens in die vestiging van die kerk.
Net so is die verwysing na de profeet Agabus redelik vroeg
in die kerk geskiedenis, nog voor dat daar ‘n geskrewe Nuwe Testament was. 1
Korintiërs is ook een van die vroegste briewe van die Nuwe Testament, en ons
kan dit ook raaksien in al wondergawes waarna die brief verwys. 2 Timoteus en
Hebreers is egter latere briewe wat geskryf in vir mense wat reeds lank gelowig
is, in in die briewe word gesê dat die Skrif die voldoende openbaring, en Jesus
die laaste openbaring van God is. Ons het dus heelwat rede om te glo dat Agabus
een van die laaste profete was.
- Laastens is daar 1 Korintiërs 12:28 waarin Paulus skryf:
En in die kerk is daar
mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten
tweede profete, ten derde leraars;
Dit blyk of hier ‘n rangorde van gesag is, waarin predikers
derde staan na apostels en profete. Hierdie gedagte word ook herhaal in
Effesiërs 4:11
En dít is die “gawes”
wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.
Sommige mense wil hierdie tekste gebruik as verdediging vir
die voortsetting van die amp van Apostel en Profeet in die kerk. Hierdie tekste
moet egter in verstaan word in die lig van wat reeds bespreek is.
Dit is so dat Apostels die hoogste aardse gesag in die kerk
is, so waar is hulle dan? Let mooi op Jesus se laaste woorde aan die Apostels:
“Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in
Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Let op – hierdie opdrag is
spesifiek gerig aan die apostels, en tog het die Apostels net ‘n klein gedeelte
van die wêreld bereik in hulle leeftyd. Hulle is agter steeds vandag besig om
hierdie opdrag uit te voer en te voltooi deur middel van die geskrifte wat
hulle agter gelaat het, naamlik die Nuwe Testament. Deur die Nuwe Testament is
die Apostels die getuienis van Jesus wat tot aan die uithoeke van die wêreld
gegaan het.
Net so het ons ook die woorde van die Profete vandag in die
kerk in die vorm van die Bybelboeke Jesaja, Jeremia, Esegiël, ens. Dis waarom
die gesag van die leeraar ondergeskik is aan die van die Bybel, want die Bybel
bevat die woorde van die Apostels en Profete
.
Daar is dus geen rede om te dink hierdie verse sê dat daar
altyd nuwe profete en apostels in die kerk moet wees nie, omdat ons reeds die
Apostels en Profete met ons het in die Bybel.
Hiermee is dit dus duidelik dat die Bybel die enigste en
genoegsame finale gesag in die kerk is, en die Heilige Gees nie sonder of buite
om die Woord met ons praat nie.
'n Paar laaste opmerkings
Die vroegste Christelike geskrif wat ons het na die Nuwe
Testament, is die brief van 1 Clement. Dit dateer erens tussen 80-140 nC, en die styl daarvan verskil
duidelik van die van die Bybel: Waar die Apostoliese briewe dikwels vanuit ‘n
posisie van gesag praat, sien ons die 1 Clement bestaan hoofsaaklik uit
aanhalings uit die Nuwe Testament. Daaruit is dit duidelik dat die skrywer nie
soos die Apostels sy saak berus op eie gesag nie, maar dat hy sy saak vanuit
apostoliese briewe begrond. Dit is ‘n duidelike bewys hoe daar van die begin af
onderskei was tussen apostoliese gesag, en gewone herderlike gesag.
Twedens is daar vandag ‘n populêre mite dat die boeke van
die Nuwe Testament eers by die Sinde van Nicaea vas gemaak is. Die Sinode van
Nicaea het niks te met die samestelling van die kanon te doen gehad nie, maar
was eerder gemik teen die dwaalleer van Arius. Volgens hierdie leer was Jesus
nie self God nie, maar bloot ‘n skepsel van God. Dis waarom die Niciaanse
Geloofsbeleidens dus ooreenkom met die Apostoliese geloofsbeleidenis, maar met
ekstra klem op die identiteit van Jesus.
