Vrywaring: Hierdie is 'n ressensie van die fliek "Dominee Tienie", en 'n anneliese van wat fout gegaan het in die kerk in die fliek. Dit is nie bedoel as 'n evaluering van die NG as geheel nie.
Agtergrond:
Die fliek handel oor die NG Kerk, wat voor 1994 as die de facto Staatskerk van Suid-Afrika gefunksioneer het. Dit was die grootste van die drie-suster kerke, die invloed van die kerk was sterk gevoel in die samelewing, en ampsdraers was gesiene mense in die bree samelewing. Na 1994 het die getalle van die NG kerk skerp gedaal. Die fliek handel oor die krisis wat die kerk tans beleef, veral gesien vanuit die oogpunt van ds Tienie, en die fliek stel 'n moontlike oplossing voor vir die kerk.
Probleem in die kerk : Afgewaterde evangelie
Die fliek spreek 'n hele aantal probleme aan in die kerk - meestal van dit is akkuraat: 'n dalende lidmaat getal, te veel druk op predikante, en lidmate se skeinheiligheid en liefdeloosheid. In die fliek kom daar egter 'n dieper probleem na vore - iets wat die fliekmakers waarskeinlik nie bedoel het nie: Die afwesigheid van Jesus Christus en die evangelie in die kerk.
Reg in die begin, vertel ds. Tienie hoe hy tot bekering gekom het. Dit was op 'n jeugkamp, en die jeugleier het gepraat van God wat lig en lewe is, en wat mense lei na die hemel. Hy praat ook van mense wat weg van God lewe, en wat hel toe gaan. Tienie het na die tyd na die leier toe gegaan, en gesê: hy wil "sy hart vir die Here gee". Daar het hulle gebid, en hy het gehuil oor sy sondes. Van daardie dag af wou hy predikant word en ander mense ook na God lei.
Alles goed en wel, maar daar is twee ernstige leemtes in hierdie getuienis. Die eerste, en die grootste, is dat die evangelie, wat die belangrikste deel is, verswyg is. Niks word genoem van Jesus en wat Hy gedoen het om sonde versoening te bewerkstellig nie. Ek praat onder korreksie, want ek het die fliek net een keer gesien, maar vir 'n fliek wat oor die kerk gaan is daar skokkend min oor Jesus en die evangelie gesê. Die enigste keer wat ek kan onthou dat daar iets van gesê is, is tydens die nagmaal formulier. Nooit word daar genoem dat Jesus Christus 'n geweldige prys betaal het aan die kruis om vir ons sondes te betaal nie. Daar word net genoem dat Tienie "Sy hart vir die Here gegee het" en "oor sy sondes gehuil het". Dit bring my by die twede punt:
Die ontkenning van die uitverkiesing. Dis nie God wat in sy almag en alwysheid vir Tienie uitgekies het voor die grondlegging van die aarde nie. Nee, Tienie het sy hart vir die Here gegee, oor sy sondes gehuil, en dit het die verhouding tussen hom en God herstel. Dit is ook nie die Heilige Gees wat mense tot geloof bring nie, nee dit is sy taak as predikant om "Mense te red".
Hierdie twee punte is 'n baie belangrike rede vir amper al die probleme wat hy gaan ervaar deur die res van die fliek.
Probleem in die kerk : Terugkeer na Roomse priesters en leke:
Halfpad deur die fliek kry ds Tienie visitasie van 'n mede leeraar om die probleem in sy gemeente aan te spreek: Die drastiese vermindering van gemeentelede. Later in die fliek sê ds Tienie dat die belydende lidmate oor 16 jaar geval het van 800 tot 150 mense.
Hierdie gesprek gee 'n insiggewende blik van waaroor dit werklik gaan vir die predikante. Daar word glad nie gepraat oor Jesus Christus, die evangelie of die suiwer verkondiging van die Woord nie. Inteendeel, vir die besoekende predikant gaan dit oor die verlies van aansien. Hy kla: vroeër het 'n getuigskrif vanaf die predikant baie beteken in die samelewing. Nou kom vra mense hom nie eers meer nie. Vir hom het dit dus nooit gegaan oor die evangelie nie, maar oor sy eie aansien in die gemeenskap. Om die saak te probeer beredder, neem hy nou klasse hoe om beter te kommunikeer en aan te pas by 'n "Post moderne samelewing". Die kerk moet dus by die samelewing aanpas om sy lidmate te behou. Een van die lesse wat hy geleer word is: "Dit is nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê." Ironies verskil dit ook nie veel van wat hy onthou van sy professors by die universiteit nie. Wanneer hy terugdink aan sy professors, onthou hy nie die Grieks, Hebreeus, Sistematiese teologie of eksegeuse nie, maar hoe die predikant hom op die preekstoel moet gedra. Die langdradige, dramatiese preekstyl wat soveel mense oor die jare frustreer het, is doelbewus by die kweekskool aangeleer.
Hierdie is natuurlik alles in skrille kontras met 1 Korintiërs 1-4, waarin Paulus juis uitdruklik beklemtoon dat niemand gered word op grond van wêreldwyse retoriese tegnieke nie, maar deur die suiwer verkondiging van die Woord en die inwerking van die Heilige Gees. Die apostels het nie met 'n spesiale preekstyl of slim redenasie tegnieke mense oorgehaal nie, hulle het met hulle allerdaagse stem gepraat oor wat Jesus gedoen het. Volgens die Bybel is dit dus juis nie hoe jy dit sê nie, maar wat jy sê. Baie van die mense wat God in die Bybel geroep het, het ook die verskoning gemaak dat hulle nie goed kan prat nie, tog het God juis hulle gekies.
Hierdie oordrewe aansien wat die predikante in die verlede ervaar het, gaan teen die grein van die kerk hervorming in. In die Roomse kerk was daar onderskeid getref tussen die leke, en die priesters. Die leke is in die duister gehou, en hulle is afhanklik gemaak van die priesters, wat dan as tussengangers tussen die leke en God moes dien. Dit het die priesters dus geweldig baie mag en aansien onder die leke gegee. Die Bybel leer ons egter dat ons net een Hoëpriester het, en deur Hom het ons direkte toegang tot die Vader. Die kerkhervorming het dus die Bybel uit die hand van die priesters gevat, en dit in die hand van die gewone gelowige gesit. Dit is die verantwoordelikheid van elke lidmaat om die Bybel te bestudeer, en hom daarin te verdiep om so tot 'n dieper kennis van, en verhouding met God te kom. Die predikant is bloot net daar om leiding en onderrig te gee, maar hy het beslis nie 'n spesiale, ekskusiewe kontak met God nie. In die fliek het die situasie egter teruggekeer na die Roomse siening van 'n predikantskerk. Die lidmate verruil hulle verhouding met God met 'n verhouding met die predikant, en dan is dit asof dit die predikant se werk is om hulle in die hemel te kry. Die lidmate se Bybelkennis is maar skraal, en daar is geen betrokkenheid bymekaar nie: Die predikant moet alles vir almal wees, maar self leef die lidmate nes hulle wil. Dit lei dan ook daartoe dat die predikant sy gesin afskeep vir die gemeente. Ons sien iets hiervan in die klagtes van ds Tienie: Die emosionele rollercoaster van besoeke aan kanker passiente aan die eenkant, en dan die vreugde van pasgebore babas kort daarna.
Terloops - is dit die predikant se werk om siekes in die hospitaal te besoek? Ten eerste, omdat die siekes geestelik volwasse genoeg behoort te wees om self hulle smart na God te bring, en nie afhanklik te wees van 'n predikant om dit namens hulle te doen nie. Ten twede, is dit juis hiervoor wat diakens aangestel is, sodat die predikant se woordverkondiging nie skade lei omdat hy te besig is met die versorging van die gemeente se fisiese behoeftes nie. (Handelinge 6) Die primêre taak van die predikant is nie om mense in nood te besoek nie, maar om die Woord te verkondig, en dit vat baie van sy tyd om daarvoor voor te berei. Geen van sy ander pligte mag soveel tyd opneem dat dit inbreuk maak op hierdie plig nie. Die gemeentse moet self verantwoordelikheid neem om na mekaar se fisiese versorging om te sien, onder leiding van die diakens. As die predikant al die verantwoordelikhede van die gemeente oorneem, hoe kan daar dan 'n gemeenskap van die Heiliges wees?
Ons sien dus dat die predikante ooreis word, omdat die gemeente van hulle Roomse Priesters gemaak het, en hulle het dit toegelaat.
Probleem in die kerk: Gebrek aan Christelike dissipline
Voorheen kon predikante met gesag praat, want hulle kerke was vol, en hulle was gesiene mense in die samelewing. Maar toe loop die kerke leeg, en nou is die predikante verleë. Uit vrees dat hulle nog lidmate kan verloor, buig hulle nou agteroor om almal ter wille te wees. Vroeër was hulle 'n gesagsfiguur, nou is hulle 'n maatjie vir almal. Tot so 'n mate dat gemeentelede in die predikant se huis sy vrou kan beledig, sonder dat die predikant vrymoedigheid het om vir haar op te kom. Die belangrikste beginsel nou is om mense te behou, en daarvoor moet tog niemand aanstoot gegee word nie. Tog, se 1 Kor 1 dat die evangelie aanstootlik is vir die onbekeerde mens. Dit is die predikant se plig om die Woord suiwer en volledig te verkondig, selfs al gee dit aanstoot, en selfs al dryf dit mense weg. Dit is hoe God sy kerk suiwer.
Omdat die predikant geen aanstoot wil gee nie, is daar ook geen dissipline in die kerk meer nie. Die hoof ouderling het al twee keer geskei en drie keer getrou - die derde keer voor 'n magistraat - seker omdat die kerk hom nie weer wou trou nie. Hiervoor moes hy onder die kerklike tug geplaas word, maar tog is hy ouderling! Dit maak dan dat daar 'n siening in die kerk onstaan dat sonde nie so erg is nie, want ons almal is mos sondig. Daar word ook valslik in die Kerkraad genoem dat daar geen groot en klein sondes is nie, alhoewel die Here self sulke onderskeide getref het. Teks verse waarin Jesus die erns van selfs klein sondes beklemtoon het, word nou gebruik om groter sondes se erns te verklein.
Dit kom duidelik na vore waarin die predikant en die kerkraad toegestem het om 'n gay paar in die kerk te trou. Deur hierdie daad van ongehoorsaamheid, bereik die kerk 'n nuwe laagtepunt: Alhoewel dit waar is dat almal sondig is, is dit die kerk se taak om almal op te roep tot voordurende bekering, om oorlog te maak teen jou sondes en nie daaraan toe te gee nie. Kom soos jy is, ja, maar moenie bly soos jy is nie! Deur 'n gaypaar te trou, ontken die kerk in effek dat dit sonde is, en moedig hulle mense aan om in hulle sonde voort te leef. Dit het ernstige implikasies. As ons nie meer die Bybel kan vertrou om te sê wat is sonde nie, dan het ons ook nie meer 'n Verlosser nodig nie: Ons kan nie van sondes verlos word, as ons nie eers weet wat sonde is nie. Hierdie is nie maar net 'n bysaak nie, dit steek na die hart van die evangelie. Wie ookal gay verhoudings goedkeur, het nie meer 'n evangelie nie. Verder, as die Bybel nie meer vir ons kan sê wat is sonde nie, is daar ook geen rede waarom ons God nie kan dien soos ons wil nie: Of dit nou deur Buddisme, Islam of Hinduisme is. Die gay vraagstuk maak die deur tot afgodsdiens wawyd oop in die kerk. Dit gaan nie hier in die eerste plek oor die gay persoon nie, maar die gesag van God se Woord.
Ironies genoeg, selfs nadat die kerkraad hierdie toegewing gemaak het, kon hulle steeds nie die lidmate behou wat dit geëis het nie.
Probleem in die kerk: Arminiaanse Geloof
Een van die grondbeginsels van die kerkhervorming is die leer van die uitverkiesing: Die mens is dood in die sonde, en sy wil is aan boosheid verslaaf, sodat hy nie na God toe kan kom nie, tensy God sy hart vernuwe. God red dan wie Hy wil deur Jesus Christus - nie net deurdat Hy hulle sondeskuld wegneem nie, maar ook deurdat Hy vir hulle die geloof gee, asook 'n gehoorsame hart om die wil van die Vader te doen. Alle goeie werke word as die vrug van die Gees beskou, en dien as bevestiging van die redding wat God gee uit louter genade, sonder enige aandeel van die mens in sy verlossing. Goeie werke is die gevolg van verlossing, nie die oorsaak daarvan nie.
Dit is wat dit beteken om Gereformeerd te wees. Ongelukkig weet baie NG lidmate nie eers van hierdie leer nie, en daarom het hulle 'n Arminiaanse geloof: God self red niemand nie, maar uit sy genade maak Hy verlossing bloot beskikbaar en wil graag hê almal moet gered word. Hy kan egter niemand red nie, tensy mense uit hulle eie wil hierdie aanbod aanvaar en uit hulle eie uit tot geloof kom. M.a.w, dit is nie God wat die mense tot bekering bring nie, dit is die mens wat sy hart vir God gee. Goeie werke moet dan ook uit hierdie geloof te voorskein kom - want die Bybel sê 'n geloof sonder dade is dood (Jakobus) Tog, as die geloof uit jou eie wil is, dan is die goeie werke ook uit jou eie wil, en dan kan jy nie regtig meer glo aan "Sola Gratia" nie. Al bely jy dit nog met die mond, in die praktyk glo jy tog jy het 'n aandeel in jou eie verlossing. Tydens die kerk hervorming was daar nooit 'n vraag oor die noodsaaklikheid van genade nie, maar wel oor die genoegsaamheid daarvan.
Tienie wou predikant word, want hy wou mense lei na God toe. Later in die fliek, toe iemand vir hom sê: "Jy kan nie almal red nie", antwoord hy: "Red ek enigsinds enige iemand?" Dit dui daarop dat Tienie a fundimentele misverstaan van sy roeping het, want ons is nie geroep om mense te red nie, en self kan ons ook niemand red nie. Ons is bloot net geroep om die evangelie te verkondig. As ons dit op 'n suiwer en volledige manier doen, dan word God verheerlik, of mense ons nou glo of nie: As mense glo, word God verheerlik deur die openbaring van sy genade - deurdat Hy 'n verrotte mens wat dood is in sy sonde uit daardie dood laat opstaan, en hom wedergeboorte skenk. Indien nie, word God verheerlik deurdat daardie mens sy verdiende straf sal ontvang wat hy deur sy eie rebelsheid oor homself gebring het. Ons is bloot net die boodskapper wat die Koning se boodskap volledig moet oordra. Dit is die Heilige Gees wat mense oortuig en red.
Daar kan egter nie so siening in 'n Arminiaanse beskouing bestaan nie. Omdat geloof die resultaat van die menselike vrye wil is, is dit dus die predikant se verantwoordelikheid om die evangelie op so manier aan te bied sodat dit die meeste mense sal oortuig. Dit is dus die vaardigheid van die predikant, nie die Heilige Gees nie, wat die kerk vol hou. Dit plaas die predikant onder geweldige druk, en daarom sal hy selfs aan God se Woord verander (Soos met homoseksualiteit), net solank mense nie die kerk verlaat nie.
'n Onvolhoubare Oplossing.
Die fliek bied 'n oplossing vir die kerk aan, maar, alhoewel dit bedoel was om 'n goeie einde te wees, is dit eintlik die mees tragieste deel van die hele fliek!
Dominee Tienie kom tot die slotsom dat die kerk se probleem is dat mense onbetrokke is in hulle gemeenskap. Hulle leef midde in nood, maar is nie deel van die oplossing nie, en daarom verloor die kerk lidmate. Daar is 'n mate van waarheid in: 'n Kerk wat nie betrokke is in sy gemeenskap nie - of liewer - 'n gelowige wat nie betrokke is in sy gemeenskap nie - is nie 'n ware gelowige nie.
Die probleem is egter die preek. As Gereformeerdes is ons geleer dat 'n preek wat nie oor Christus se verlossingswerk gaan nie, is nie 'n preek nie. Dit maak nie saak oor watter gedeelte jy preek nie, as jy dit nie deurtrek na Christus - in wie die hele skrif sy vervulling kry nie - het jy nie gepreek nie. Christus moet in die voorgrond verskein in die prediking, die Predikant moet verdwyn in die agtergrond.
Die tema van ds Tienie se preek was "Wie is ek?". Nie "Wie is ek in Christus?" nie, net "Wie is ek?". Ds. Tienie se antwoord op die kerk se probleem is dat mense na mekaar se ervarings moet luister. Sy hele preek het bestaan uit die oorvertel van sy eie ervarings, eerder as om skrif eksegeuse en onderig uit die skrif te doen. 'n Kapstok versie is daaraan geheg om dit die fasade van skrifgebondenheid te gee. Daar was geen woord oor Jesus en die verlossing wat Hy gebring het nie. Nee, ds Tienie se persoonlike ervaring moet dien as die motivering vir die gemeente om betrokke te raak.
Stel jouself voor dat Paulus so brief aan die gemeentes sou stuur! In al Paulus se briewe spandeer hy die eerste twee derdes tot drie kwart op wat God vir ons gedoen het. Die laaste stukkie van sy brief verduidelik hy dan hoe ons met goeie werke in dankbaarheid moet antwoord. Dit is amper 'n nagedagte in sy briewe, amper asof dit onnodig is om enigsinds te noem. Die rede hiervoor is eenvouding: As jy werklik besef hoe groot jou nood voor God was, en hoe groot God se genade was om jou daarvan te red, sal jy nie anders kan as om uit dankbaarheid vir God te wil leef nie. As jy dit egter nie glo nie, is jou goeie werke nutteloos aangesien dit gronde word vir selfregverdiging. Niks hievan kom na vore in ds Tienie se preek nie. Nee, dit gaan oor wie ek kies om te wees: Gaan ek myself in vrees isoleer, of gaan ek 'n goeie en betrokke mens wees? Niks van die Heilige Gees wat my 'n nuwe skepsel maak nie, nee, dis net my eie keuse.
Die fliek eindig met die gemeente wat dan uitgaan ek kos aan hawelose mense gee. Tog lyk dit asof die enigste hulp wat verleen word, fisiese hulp is. Die mense word net kos gegee, maar daar is geen oproep tot bekering nie, geen verkondiging van God se toorn oor die sonde nie, en geen verkondiging van God se verlossing deur Jesus Christus nie. Daar kan dus geen verandering in die mense se lewens kom nie, en hulle sal dan bly terugkom om te teer op die kerk. Hulle gaan nie die mense se goeie voorbeeld raaksien en wonder waarom hulle dit doen nie, maar gaan eerder geregtig voel op die hulp van die kerk, sonder om enigsinds verantwoordelikheid vir hulleself te aanvaar. Omdat die mense wat die werk doen dit uit suiwer humanistiese oorwegings doen, eerder as, uit deur en tot 'n suiwer verstaan van die evangelie, gaan hierdie aksie ook nie volhoubaar wees nie. Mense se goeie bedoelings gaan ontnugter word deur die lelike werklikheid van die mens se verrotte natuur, en in die proses seer kry en juis vervreem raak van die kerk - omdat hulle goeie dade verkeerd gemotiveerd was.
Gevolgtrekking: Wat is die ware oplossing?
Die ware oplossing vir die kerk is 'n terugkeer na die evangelie as middelpunt van die kerk se bestaan: Die evangelie wat 'n oorwinningsreuk is vir die wat gered word, en 'n doodsreuk is vir die wat verlore gaan. Die volle Woord van God moet verkondig word, selfs al gee dit aanstoot, en selfs al verloor die kerk nog 90% van sy lidmate. As Jesus self gesê het die wat gered word is min, waarom ontstel dit ons as kerke leegloop? Solank dit is omdat die evangelie suiwer verkondig word en nie omdat die kerk sy boodskap verloor het nie, behoort dit ons nie te onstel nie.
Predikante moet herbesin oor waarom hulle predikante is: Is dit om priesterlike mag en aansien te geniet? Is dit om uit eie oortuigingsvermoeë mense te wil red? Is dit om 'n vet salaris te kry teen die einde van die maand? Of is dit om God te verheerlik deur die suiwer verkondiging van die Woord? Slegs laasgenoemde sal maak dat predikante nie uitbrand nie, want slegs laasgenoemde word nie uit eie krag of insig gedoen nie.
Gemeentes moet besef dat predikante nie hulle middelaar tot God is nie. Hulle is nie daar om jou te bedien in elke moontlike situasie nie, maar is daar om die Woord te verkondig. Gemeentes moet besef elkeen is self verantwoordelik om hulleself in die Woord te verdiep en hulle verhouding met God te bou. Niemand gaan eendag hulle voor God kan verondskuldig deur te sê "maar die dominee het sus of so gesê nie", want jy het toegang tot die Bybel self, en God gaan jou daarvoor verantwoordelik hou. Die dominee is nie jou priester of tussenganger na God nie, jy self het direkte toegang tot God deur Jesus Christus. Voorts gaan gemeentes moet besef dat ons saamkom in 'n kerk gebou om as 'n dienende gemeenskap te funksioneer. Jy is nie daar om bedien te word nie, maar om jou medegelowiges te bedien. Baie van die verantwoordelikhede wat ons op die predikante aflaai, is eintlik die verantwoordelikheid van gementelede self.
Daar is inderdaad 'n ernstige nood in die kerk. Die feit dat daar 'n fliek gemaak is oor die nood in die kerk, waarin ernstige sonde goed gekeur word, die evangelie nooit verkondig word nie, en Jesus se naam amper glad nie genoem word nie, is 'n teken van die ware nood in die kerk. Die dalende getalle is is 'n bysaak.
Saturday, 2 March 2019
Tuesday, 2 October 2018
Die genoegsaamheid van die Woord / Sola Scriptura
Hoekom die Bybel?
Voor mens die vraag “Is die Bybel genoegsaam?” kan
beantwoord, moet jy eers stilstaan by “Hoekom die Bybel?” Hoekom nie net die Joodse Tanakh nie? Of
Hoekom nie die Islamitiese “Koran” of die Mormoonse “Pearl of Great Price” nie?
Om die vraag te antwoord, moet ons eers kyk na wat die kern
van die Bybel se boodskap is, en dan te vra of dit betroubaar en waar is.
Die kern van die Bybel se boodskap gaan kry ons in 1 Kor 15:
3-8
Die belangrikste wat
ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir
ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag
opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,
en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is
maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al
die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.
En ook vers 14, 17-19
En as Christus nie
opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder
inhoud.
En as Christus nie
opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle
sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir
hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van
alle mense.
Waarop kom dit neer?
- As Noag se ark maar net ‘n mite was, maar Jesus het wel uit die dood opgestaan, is die Christelike geloof waar.
- As God deur middel van Evolusie geskep het, maar Jesus het wel uit die dood opgestaan, is die Christelike geloof waar.
- As God die wêreld 6000 jaar gelede gemaak het in 7, 24 uur dae, en die hele wêreld is oorspoel in Noag se vloed, tot die top punt van Mount Everest, maar Jesus het nie uit die dood opgestaan nie, is die Christelike geloof vals.
Alles in die Bybel staan of val dus op een punt: Het Christus
uit die dood opgestaan? Indien nie, is die hele Bybel nutteloos, en kan ons die
boek maar afskryf as mites en legendes. Indien wel, dan kan die hele Bybel
sonder voorbehoud aanvaar word, want Jesus het die hele Tanakh as Woord van God
aanvaar, en Hy self het die Apostels gestuur wat uiteindelik die Nuwe Testament
geskryf het.
Alle godsdienste gaan uiteindelik oor wat een of ander
persoon gesê het. Die Christelike godsdiens gaan egter nie in die eerste plek
oor wat Jesus gesê het nie, maar oor wat Hy gedoen het. As Jesus nie uit die
dood uit opgestaan het nie, was Hy of ‘n leunaar of a mal mens, en was sy
boodskap sonder inhoud. As Hy wel opgestaan het, is dit bewys dat Hy was wie Hy
beweer het om te wees- die Seun van God – en dan dra sy Woorde ook Goddelike
gesag - insluitend waar Hy sê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." - Johannes 14:6
As ons dan met ongelowiges oor die Bybel praat, moenie dat
hulle die aandag aftrek met dinge wat ons nie kan bewys nie, soos om oor die
fisiese en wetenskaplike probleme van die sondvloed te praat nie. Gaan reguit
na die hart van die boodskap – Soos Paulus ook se in 1 Kor 2:1-2:
Wat my betref, broers,
toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle
te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. Ek het
my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die
Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.
Is die Bybel se boodskap betroubaar oorgedra deur die eeue?
Ons weet nou wat die kern van die Bybel se boodskap is, kan
ons onsself afvra: Is dit waar? Het ons rede om dit te glo? Hierdie vraag kan
in twee verdeel word:
- Hoe weet ons dat dit die Nuwe Testament wat ons vandag het, is ‘n akkurate weergawe van wat die Apostels geskryf het?
- Hoe weet ons dat dit wat die apostels geskryf het, waar is?
Is die Nuwe Testament vandag ‘n akkurate weergawe van wat
oorspronklik geskryf is?
(Erkenning : https://visualunit.me/2018/01/14/the-reliability-of-the-new-testament-revised)
- Nie net het ons meer hand geskrewe kopieë (van papirus fragmente tot volledige kodekse) van die Nuwe Testament as van al die klassieke werke saam nie, die vroegste kopië van die NT dateer nader aan die oorspronklike kopie as eenige ander klassieke geskrif.
- Die vroeë kerk het geen sentrale gesag gehad wat die teks van die NT beheer het nie. Individuele gemeentes het afskrifte van die NT gemaak (en nie net een op ‘n slag nie) en versprei. Enige doelbewuste verandering sou dus onmiddelik merkbaar wees.
- Daar is 400 000 variasies in die teks van die NT. (Daar is slegs 138 000 woorde in die Griekse NT)
- 99% van hierdie variasies het egter geen impak op die betekenis van die teks nie (Spelling, gramatika foute wat net relevant is in die Griekse taal, en wat nie eers vertaal kan word nie.
- Van die 4000 variasies wat oorbly, is slegs helfte lewensvatbaar. (Bv – ‘n unieke variasie wat slegs in een dokument van 1200 nC voorkom – kan onmoontlik nie die oorspronklike bewording weerspieel nie.
- Met die oorblywende 1500, kan ons met redelike sekerheid sê watter variasie is die waarskeinlikste deur die wetenskap van “Skrif kritiek” – juis omdat ons so baie manuskrifte het wat ons met mekaar kan vergelyk.
Dan is daar ook nog die geskrifte van die Kerk Vaders, wat
ruim uit die Nuwe Testament aangehaal het. Daar word gesê dat mens amper die
hele Nuwe Testament kan saamstel uit die aanhalings van die kerk vaders.
Daar is dus nie ‘n vraagteken oor die betroubaarheid van die
oordrag van die teks deur die eeue nie -
die NT is besonder betroubaar aan ons oorgedra.
Die twede vraag is dan: Kan ons die inhoud van die NT vertrou?
As ek na jou toe kom met ‘n waarheids aanspraak, dan is daar
een van 4 moontlikhede.
- Ek vertel jou iets waarin ek vas glo, maar waarvan ek geen bewys kan lewer nie, en waarvan ek self geen getuie van was nie.
- Ek vertel jou iets wat ek werklik gesien het, maar ek het gehallusineer, en kon nie die werklikheid onderskei van die droom nie
- Ek is doelbewus besig om te lieg.
- Ek praat die waarheid.
Die apostels het nie
blood net geglo in Jesus nie, hulle was ooggetuies.
Ons het heelwat interne bewyse dat die teks van die NT
geskryf is deur eerste en twede handse ooggetuies:
Lukas 1:1-4
Hooggeagte Teofilus!
Daar is baie wat
onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het.
Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van
die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook
goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal
noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat
die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.
Johannes 1:14
Die Woord het mens
geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid
wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Handelinge 1:21
“Daar moet dus nog 'n getuie van Jesus se
opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons
rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het,
vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem
is.”
1 Korintiers 15:5-8
Hy het aan Sefas
verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers
tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy
aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8Heel laaste het Hy ook aan my,
die ontydig geborene, verskyn.
2 Petrus 1:16-18
Toe ons aan julle die
krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons
nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in
al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe
die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My
verheug.” Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op
die heilige berg was.
1 Johannes 1:1-4
Van die begin af was
Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons
het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die
Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan
julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons
gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap
deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en
met sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.
Ook was die eerste hoorders van die evangelie ooggetuies.
Met Petrus se eerste preek sê Hy die volgende: (Hand 2:22-24)
“Israeliete, luister
na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die
kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het.
Daarvan weet julle self. God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle
uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom
doodgemaak. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die
dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te
hou.”
Petrus beroep hom dus op dinge wat die skare self gesien
het, waaraan hulle deelgeneem het, en heeltemaal bewus van was. Op grond van
hierdie getuienis, lees ons in vers 41:
Dié wat sy woorde
aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by
die getal van die gelowiges gevoeg.
Dit is 3000 mense wat dus ooggetuies was van groot dele van
Jesus se bediening, en wat by die kruisiging van Jesus betrokke was!
Die Apostels het nie gehallusineer nie.
In Lukas 24:26-42 lees ons:
Terwyl hulle nog oor
hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir
hulle: “Vrede vir julle!” Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink
hulle sien 'n gees. Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en
waarom kom daar twyfel in julle harte? Kyk na my hande en my voete: dit is tog
Ek self. Voel aan My en kyk! 'n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien
dat Ek het nie.” Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete. Toe
hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het
julle hier iets om te eet?” Hulle gee Hom toe 'n stuk gebakte vis. Hy het dit
gevat en voor hulle oë geëet.
Hieruit is dit duidelik dat al die apostels saam dieselfde
gebeurtenis gesien het. ‘n Hallusinasie is die produk van mens se eie
verbeelding. Dieselfde mense kan nie dieselfde hallusinasie op dieselfde
tydstip deel nie.
Maar Lukas is self nie ‘n ooggetuie nie. Het Hy nie dalk
hierdie verhaal opgemaak nie?
- Lukas skryf dat Jesus die vernietiging van Jerusalem voorspel het, maar noem die die vervulling van die profesie nie. Dit dui daarop dat Lukas se evangelie voor 70 nC geskryf is, binne die leeftyd van die apostels. Die storie sou dus nie sonder die goedkeuring van die apostels self versprei kon word nie.
- Al 4 evangelies getuig daarvan dat die Dissipels as ‘n groep vir Jesus na sy dood gesien het.
- Matteus en Johannes was dissipels van Jesus, en Markus was – volgens die kerkvaders – die skrywer van Petrus, wat ook ‘n apostel was.
Die Apostels het nie
doelbewus gelieg nie.
Ons lees van verskriklike vervolging wat die Apostels deur
gegaan het.
Handelinge 5:40-42
Hulle het die apostels
ingeroep, hulle laat slaan en hulle belet om weer in die Naam van Jesus te
praat. Daarna het hulle hulle losgelaat.
Die apostels het van
die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam
van Jesus vernedering te ly. En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in
die tempel en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus
die Christus is nie.
2 Korintiers 11:22-27
Ek het harder gewerk,
ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in
doodsgevaar. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en
dertig houe gekry, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met
klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek 'n dag en 'n
nag in die oop see deurgebring.
Ek was dikwels op reis
en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my
volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld;
gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en
swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek
sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.
So, wat daarvan? Baie mense van verskillende godsdienste was
al bereid om vir hulle geloof te ly en selfs te sterf. Wat maak die apostels so
anders?
Die Apostels het nie hierdie lyding verduur blood op grond
van hulle geloof nie, maar op grond van hulle aanspraak dat hulle ooggetuies
is. As jy in iets glo, kan jy dit verkondig en daarvoor ly, sonder om te weet
dat dit eintlik vals is. As jy egter beweer jy het iets gesien, en jy het nie,
dan is daar geen manier dat jy nie bewus is daarvan nie.
Wanneer mense lieg, doen hulle dit omdat hulle dink hulle
kan iets daaruit kry. Die Apostels, en veral Paulus, het alles verloor ter
wille van die Evangelie. Amper almal is gemartel, en het ‘n marteldood gesterf,
en al wat nodig was om die lyding te laat stop, was om te erken dat Jesus se
opstanding maar net ‘n versinsel was. Tog het nie een van hulle dit gedoen nie.
Dit dui daarop dat hulle werklik oortuig was van hulle saak, en dat hulle
werklik die opstanding gesien het. Een mens mag dalk mal genoeg wees om
doelbewus vir ‘n leun te ly, maar al die dissipels?
Gevolgtrekking:
Met al die ander moontlikhede uit die weg geruim, bly daar
slegs een laaste moontlikheid oor: Jesus het werklik uit die dood uit
opgestaan. Geen ander Godsdiens se waarheidsaanspraak staan op so ‘n robuuste
fondament soos die van die Bybel nie.
Dis egter nie al nie.
Die Christelike geloof het ontsettend vinnig versprei vanaf
die uitstorting van die Heilige Gees. Dit kon nie ongesiend verby gaan nie –
nie by die Jode nie, en ook nie by die Heidene nie. Ons het ‘n hele paar
kontemporere Jode en heidene wat oor die oorsprong van die Christelike geloof skryf,
en nie een van hulle gee vir ons ‘n moontlike alternatiewe verklaring van hoe
die Christelike geloof tot stand gekom het nie. Josephus is veral opmerklik: ‘n
Jood wat een geslag later geleef het, en wat toegang gehad het tot die Joodse
rabbis en geskrifte. Die Jode was die Christene vyandig gesind, en as daar ‘n
alternatiewe ontstaansgeskiedenis van die kerk was, sou hulle beslis wou seker
maak dat die Wêreld daarvan weet. Tog is daar niks in Josephus of die Talmud
wat ons enige rede tot twyfel gee nie.
Dan is daar nog die Profesieë in die Joodse Tanakh oor die
Mesies – die mees duidelikste daarvan is in Jesaja 52:13-53:13:
My dienaar sal
voorspoedig wees.
Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang.
Baie mense was ontsteld oor hom,
hy was so misvormd
dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie,
nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie.
Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing.
Konings sal sprakeloos wees oor hom,
want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie,
hulle sal iets te wete kom
wat hulle nog nooit gehoor het nie.
Wie sal ons glo as ons hiervan vertel?
Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit,
soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.
Hy het nie skoonheid of prag gehad
dat ons na hom sou kyk nie,
nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
Hy was verag en deur die mense verstoot,
'n man van lyding wat pyn geken het,
iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.
Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
Tog het hy óns lyding op hom geneem,
óns siektes het hy gedra.
Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,
wat deur God geslaan en gepynig word.
Oor óns oortredings is hy deurboor,
oor óns sondes is hy verbrysel;
die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,
deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons het almal gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop,
maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly,
hy het nie gekla nie.
Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word
en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word,
het hy nie gekla nie.
Terwyl hy gely het en gestraf is,
is hy weggeneem,
en wie van sy mense het dit ter harte geneem
dat hy afgesny is uit die land van die lewendes?
Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
Hy het 'n graf gekry by goddeloses,
hy was by sondaars in sy dood
al het hy geen misdaad gepleeg nie
en al was hy nooit vals nie.
Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel,
om hom die pyn te laat ly.
As hy sy lewe as skuldoffer gee,
sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe,
deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien
en hy sal die Here ken.
My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak:
hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes.
Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier
omdat hy hom in die dood oorgegee het
en as misdadiger beskou is,
omdat hy die sondes van baie op hom geneem het
en vir oortreders gebid het.
Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang.
Baie mense was ontsteld oor hom,
hy was so misvormd
dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie,
nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie.
Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing.
Konings sal sprakeloos wees oor hom,
want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie,
hulle sal iets te wete kom
wat hulle nog nooit gehoor het nie.
Wie sal ons glo as ons hiervan vertel?
Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit,
soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.
Hy het nie skoonheid of prag gehad
dat ons na hom sou kyk nie,
nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
Hy was verag en deur die mense verstoot,
'n man van lyding wat pyn geken het,
iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.
Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
Tog het hy óns lyding op hom geneem,
óns siektes het hy gedra.
Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,
wat deur God geslaan en gepynig word.
Oor óns oortredings is hy deurboor,
oor óns sondes is hy verbrysel;
die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,
deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons het almal gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop,
maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly,
hy het nie gekla nie.
Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word
en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word,
het hy nie gekla nie.
Terwyl hy gely het en gestraf is,
is hy weggeneem,
en wie van sy mense het dit ter harte geneem
dat hy afgesny is uit die land van die lewendes?
Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
Hy het 'n graf gekry by goddeloses,
hy was by sondaars in sy dood
al het hy geen misdaad gepleeg nie
en al was hy nooit vals nie.
Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel,
om hom die pyn te laat ly.
As hy sy lewe as skuldoffer gee,
sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe,
deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien
en hy sal die Here ken.
My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak:
hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes.
Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier
omdat hy hom in die dood oorgegee het
en as misdadiger beskou is,
omdat hy die sondes van baie op hom geneem het
en vir oortreders gebid het.
Daar het jy die geregtigheid van die Messias, sy
onregverdige lyding, die rede vir sy lyding, asook sy dood, en opstanding uit
die dood, en sy komende heerskappy, - alles 600 jaar voor Christus neergeskryf!
Sola Scriptura
Nou dat ons die betroubaarheid van die opstanding bevestig
het – wat die kern van die Bybel se boodskap is, kan ons verder gaan om die
vraag te antwoord: “Leer die Bybel Sola Scriptura?”
‘n Oppervlakkige lees van die Bybel mag die indruk gee dat
die Bybel alleen nie voldoende is nie, en dat God ook deur spesiale openbaring
deur profete met mense praat, en daar was inderdaad ook ‘n tyd dat dit die
geval was. Baie mense doen dan vandag nog hulleself voor as profete wat
openbaringe direk van God ontvang. Daar is egter streng toetse waaraan ‘n
profeet moet voldoen
Deuteronomium 18:20-22 sê
‘n Profeet wat hom
aanmatig om in my naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf.
Dit geld ook vir ‘n profeet wat in die naam van ander gode praat. Wanneer jy
jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet
gepraat het nie? – moet jy weet: as ‘n profeet iets in die Naam van die Here
aankondig en dit kom nie uit nie en gebeur nie so nie, dan het die Here nie met
die profeet gepraat nie. Dan het die prfeet hom dit aangematig en hoef jy jou
nie aan hom te steur nie.”
Met ander woorde, as ‘n profeet ‘n voorspelling maak sonder
om dit terug te trek, en dit kom nie uit nie, is hy ‘n vals profeet. Hierdie
teksvers ontbloot al reeds heelwat moderne profete vir wat hulle werklik is:
valse profete wat woorde in die mond van God plaas – a geweldige sonde waarvoor
elkeen van hulle eendag sal moet rekenskap gee.
Maar gestel die profeet se voorspelling kom wel uit? Dan is
hy steeds nie vry van kritiek nie. In Deuternomium 13:1-4 staan daar:
Wanneer ‘n profeet of
iemand wat drome uitlê by jou kom en vir jou vertel van ‘n teken of ‘n wonder,
en die teken kom uit of die wonder vind plaas soos hy gesê het, en hy dan op
grond daarvan vir jou sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode al het jy hulle nie
vroeër geken nie, al het ons hulle vroeêr nie gedien nie, moet jy nie na hom
luister nie. Die Here jou God stel jou net op die proef om vas te stel of jy
Hom liefhet met hart en siel. Jy moet getrou bly aan die Here jou God en Hom
eer, jy moet sy gebooie gehoorsaam en na sy bevele luister, jy moet Hom dien en
aanhang.
Dit wys natuurlik terug op die eerste gebod: “Ek is die Here
jou God wat jou uit Egipte, uit die land van slawerny bevry het. Jy mag naas my
geen ander gode hê nie”. Met ander woorde, wat ookal ‘n profeet sê of voorspel
– al kom sy voorspellings ook uit – as sy woorde in konflik is met dit wat God
reeds in die skrifte openbaar het nie, is hy ook ‘n valse profeet.
‘n Ware profeet stel ook nie homself aan of tree op as profeet
uit eie keuse nie. Nee, God self het mense vooraf bestem om as profete op te
tree, soms selfs teen hulle eie wil.
Jeremia 1:4-10
Die woord van die Here
het tot my gekom:
Voordat ek jou in die
moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het ek jou aan
My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
“Ag, Here my God,” het
ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
Toe sê die Here vir
my:
“Jy moenie sê ‘Ek is
te jonk’ nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou
beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou,
Ek sal jou red. Dit is wat die HERE gesê het.”
Hy het sy hand
uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond
gelê. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en koninkryke om af te breek en
uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, to bou en te vestig.
Jesaja 6:1-8
In die tyd van koning
Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die
onderste van sy kleed he die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te
dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee st
voete, en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep:
“Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy
magtige teenwoordigheid.” Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle
kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.”
Toe het ek uitgeroep:
“Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek
woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning
gesien, die Here die Almagtige.”
Een van die serafs het
toe ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.
Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou
lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, en jou sondes versoen.”
Toe het ek die Here
hoor vra: “Wie kan ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het gesê: “Hier
is ek! Stuur my!”
Maar wat sê die Nuwe Testament oor profete?
In Matteus 5:17 sê Jesus:
“MOENIE dink dat Ek
gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind
nie, maar om te vervul.”
Hierin is dit duidelik dat volgens Jesus he alle profete wat
Hom vooraf gegaan het, na Hom toe gewys, en dus kry hulle hulle vervulling in
Hom. As die profete vervul is in Jesus, dan beteken dit tog dat daar nie nut is
vir nog profete na Jesus nie. Inderdaad, volgens Hebreërs 1:12:
“In die verlede het
God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die
profete,maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun.
God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.”
Dit lyk dus duidelik uit die Nuwe Testament dat God nie meer
met ons deur profete praat nie, omdat Hy reeds sy finale openbaring in Jesus
gegee het. Maar hoe kan ons vandag – 2000 jaar later iets weet van hierdie
laate openbaring van God? Deur die Apostels wat Jesus aangestel het om van Hom
te getuig.
In Handelinge 1 :21 gee Petrus die vereistes van ‘n Apostel:
“Daar moet dus nog 'n
getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne
wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die
openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af
in die hemel opgeneem is.”
‘n Apostel is dus per definisie ‘n ooggetuie van Jesus, en
dus kan daar geen moderne apostels wees soos in die Mormoonse kerk nie. Hierdie
Apostels was nie net oog getuies van Jesus nie, maar hulle bereidwilligheid om
te ly en selfs te sterf vir hulle getuienis bevestig hulle geloofwaardigheid.
Die Nuwe Testament is dan ook deur hulle, of mense wat hulle persoonlik geken
het, geskryf: Matteus en Johannes was Apostels, Markus die skrywer van Petrus,
en Lukas die reisgenoot van Paulus.
Petrus skryf:
“Toe ons aan julle die
krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons
nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in
al sy majesteit gesien.” – 2 Petrus 1:16
Johannes skryf:
“Van die begin af was
Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons
het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die
Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan
julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons
gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap
deel kan hê” – 1 Johannes 1:1-3
Lukas skryf:
“Hooggeagte Teofilus!
Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder
ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die
mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het
ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en
die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te
wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.” –
Lukas 1:1-4
Die Nuwe Testament is dus nie legendes en mites wat oor
honderde jare ontwikkel het nie, maar is eerste en twedehandse getuienis, wat
dit baie betroubaar maak. Maar meer as dit, die Apostels self het hierdie
geskrifte as gesaghebbend beskou, op die selfde vlak as die ou testament.
Paulus skryf in 1 Timoteus 3:14-15
“Ek skryf hierdie
dinge aan jou, hoewel ek hop om gou na jou toe te kom. Ingeval my koms vertraag
word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit
is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van
die waarheid.”
Die Roomse kerk hou daarvan om hierdie vers te gebruik om
aan hulle kerk gesag te gee, maar lees die eintlike doel van die vers mis:
Paulus beskou sy brief as gesagvol vir die kerk, en die kerk word dus
gedefinieer deur die mense wat hulle aan sy geskrifte hou. In 2 Timoteus
3:16-17, herhaal Paulus dan ook die genoegsaamheid van die skrif:
“Die hele Skrif is
deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig,
dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te
kweek,sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”
Merk op dat Paulus sê dat die Skrif volkome of genoegsame
voorbereiding is vir elke goeie werk. Daar is dus geen ekstra openbaringe nodig
nie.
Paulus stel dit selfs nog sterker in Galasiers 1:8-9
“Maar al sou een van
ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in
stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God
sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan
julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle
ontvang het – die vloek van God sal hom tref!”
Dit alles dien as bevestiging van Hebreers 1 en Matteus 5:17
wat sê dat Jesus God se laaste openbaring is, en dat daar geen verdere
profesieë verwag moet word, buiten dit wat die Apostels aan ons openbaar in die
skrif nie.
Drie moontlike besware
Maar nou kan daar drie besware geopper word.
- Wat van Paulus? Die grootste deel van die Nuwe Testament is deur hom geskryf, en tog wil dit voorkom of hy nie aan die vereiste van Handelinge 1 voldoen nie: Hy was nie van die begin af saam met Jesus nie, en het eers na sy hemelvaart tot geloof gekom
Ons moet egter onthou dat Paulus deur Jesus Christus self as
Apostel aangestel is (Handelinge 9 en Galasiers 1-2) Iemand mag dalk sê dat
hierdie twee geskrifte deur Paulus self, en Paulus se reisgenoot, Lukas,
geskryf is, en dus is die getuienis ongeldig. Daarom is dit so waardevol dat
ons van Petrus erkening kry van Paulus se gesag in 2 Petrus 3:15-16
“En beskou die geduld
wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde
broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle
geskrywe. Hy skryf dit ook in al sy briewe waarin hy oor hierdie saak handel.
Daar is dinge in sy briewe wat moeilik is om te verstaan. Oningeligte en
onstandvastige mense gee daaraan ‘n verkeerde uitleg, soos hulle trouens ook
doen met die res van die Skrif, en dit tot hulle eie ondergang.”
Omdat Petrus een van Jesus se naaste 3 apostels was, spreek
sy erkenning van Paulus se gesag alle teespraak uit. En indien iemand dink dat
hy op ‘n soortgelyke manier as Paulus ‘n apostel kan word, het Paulus self ook
daardie moontlikheid uitgesluit:
“Heel laaste het Hy
ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.” 1 Korintiers 15:8
Paulus beskou homself dus as die laaste apostel.
- Die twede beswaar is die profeet Agabus, wat tweekeer in Handelinge genoem word (Handelinge 11:28, Handelinge 21:10), asook die verwysing na profete in 1 Korintieers 14. Hierdie profete het almal na Jesus opgetree.
Eerstens is dit belangrik om in ag te neem dat nie alles wat
in die vroeë kerk gebeur het, normatief is nie. Daar was byvoorbeeld baie
wonders en tekens aan die begin van die kerk se geskiedenis, wat afgeneem het
namate die gemeentes gevestig geraak het. Byvoorbeeld, In Handelinge 5:15-16
lees ons:
Die mense het selfs
siekes op straat uitgedra en hulle daar op draagbare en beddens neergesit
sodat, as Petrus daar verbygaan, al is dit maar net sy skaduwee op party van
hulle kon val. Daar het ook baie mense van die dorpe in die omgewing van
Jerusalem af gekom en siekes gebring en mense wat onder onrein geeste gely het.
Hulle is almal gesond gemaak.
Hier is die kerk nog bloedjonk, en hoofsaaklik nog beperk
tot Jerusalem. Daar is nog geen Nuwe Testament geskryf nie, en die wonders en
tekens moet dien as bewys dat die Apostels met goddelike gesag praat.
Kyk ons na ‘n brief teen die einde van Paulus se lewe, 2
Timoteus 4:20, sien ons Paulus moes vir Trofimus siek agterlaat. Duidelik was
die genesing van siekes dus nie ‘n universieële kenmerk van die kerk nie, maar
was tydelike tekens in die vestiging van die kerk.
Net so is die verwysing na de profeet Agabus redelik vroeg
in die kerk geskiedenis, nog voor dat daar ‘n geskrewe Nuwe Testament was. 1
Korintiërs is ook een van die vroegste briewe van die Nuwe Testament, en ons
kan dit ook raaksien in al wondergawes waarna die brief verwys. 2 Timoteus en
Hebreers is egter latere briewe wat geskryf in vir mense wat reeds lank gelowig
is, in in die briewe word gesê dat die Skrif die voldoende openbaring, en Jesus
die laaste openbaring van God is. Ons het dus heelwat rede om te glo dat Agabus
een van die laaste profete was.
- Laastens is daar 1 Korintiërs 12:28 waarin Paulus skryf:
En in die kerk is daar
mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten
tweede profete, ten derde leraars;
Dit blyk of hier ‘n rangorde van gesag is, waarin predikers
derde staan na apostels en profete. Hierdie gedagte word ook herhaal in
Effesiërs 4:11
En dít is die “gawes”
wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.
Sommige mense wil hierdie tekste gebruik as verdediging vir
die voortsetting van die amp van Apostel en Profeet in die kerk. Hierdie tekste
moet egter in verstaan word in die lig van wat reeds bespreek is.
Dit is so dat Apostels die hoogste aardse gesag in die kerk
is, so waar is hulle dan? Let mooi op Jesus se laaste woorde aan die Apostels:
“Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in
Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Let op – hierdie opdrag is
spesifiek gerig aan die apostels, en tog het die Apostels net ‘n klein gedeelte
van die wêreld bereik in hulle leeftyd. Hulle is agter steeds vandag besig om
hierdie opdrag uit te voer en te voltooi deur middel van die geskrifte wat
hulle agter gelaat het, naamlik die Nuwe Testament. Deur die Nuwe Testament is
die Apostels die getuienis van Jesus wat tot aan die uithoeke van die wêreld
gegaan het.
Net so het ons ook die woorde van die Profete vandag in die
kerk in die vorm van die Bybelboeke Jesaja, Jeremia, Esegiël, ens. Dis waarom
die gesag van die leeraar ondergeskik is aan die van die Bybel, want die Bybel
bevat die woorde van die Apostels en Profete
.
Daar is dus geen rede om te dink hierdie verse sê dat daar
altyd nuwe profete en apostels in die kerk moet wees nie, omdat ons reeds die
Apostels en Profete met ons het in die Bybel.
Hiermee is dit dus duidelik dat die Bybel die enigste en
genoegsame finale gesag in die kerk is, en die Heilige Gees nie sonder of buite
om die Woord met ons praat nie.
'n Paar laaste opmerkings
Die vroegste Christelike geskrif wat ons het na die Nuwe
Testament, is die brief van 1 Clement. Dit dateer erens tussen 80-140 nC, en die styl daarvan verskil
duidelik van die van die Bybel: Waar die Apostoliese briewe dikwels vanuit ‘n
posisie van gesag praat, sien ons die 1 Clement bestaan hoofsaaklik uit
aanhalings uit die Nuwe Testament. Daaruit is dit duidelik dat die skrywer nie
soos die Apostels sy saak berus op eie gesag nie, maar dat hy sy saak vanuit
apostoliese briewe begrond. Dit is ‘n duidelike bewys hoe daar van die begin af
onderskei was tussen apostoliese gesag, en gewone herderlike gesag.
Twedens is daar vandag ‘n populêre mite dat die boeke van
die Nuwe Testament eers by die Sinde van Nicaea vas gemaak is. Die Sinode van
Nicaea het niks te met die samestelling van die kanon te doen gehad nie, maar
was eerder gemik teen die dwaalleer van Arius. Volgens hierdie leer was Jesus
nie self God nie, maar bloot ‘n skepsel van God. Dis waarom die Niciaanse
Geloofsbeleidens dus ooreenkom met die Apostoliese geloofsbeleidenis, maar met
ekstra klem op die identiteit van Jesus.
Wednesday, 27 May 2015
The trouble with Atheists...
Atheists always claim that there is not enough evidence to believe in God.
The trouble is, Atheists do not reject God because there is a lack of historical evidence for miracles (Particularly, the resurrection of Christ)
rather
Atheists reject the historical evidence for miracles, because they don't believe in God.
It's a perfect example of Circular Reasoning:
There is no God (Notice: this is the presupposition, not the conclusion!)
therefore miracles can't happen
therefore there can be no evidence that miracles did occur
therefore there is no evidence for God
therefore God does not exist.
So, the next time an atheist ask you for evidence, ask him what exactly he imagine such evidence should look like, because he probably doesn't even know what it is he's asking for.
Short videos:
Longer videos:
The trouble is, Atheists do not reject God because there is a lack of historical evidence for miracles (Particularly, the resurrection of Christ)
rather
Atheists reject the historical evidence for miracles, because they don't believe in God.
It's a perfect example of Circular Reasoning:
There is no God (Notice: this is the presupposition, not the conclusion!)
therefore miracles can't happen
therefore there can be no evidence that miracles did occur
therefore there is no evidence for God
therefore God does not exist.
So, the next time an atheist ask you for evidence, ask him what exactly he imagine such evidence should look like, because he probably doesn't even know what it is he's asking for.
Short videos:
Longer videos:
Saturday, 7 December 2013
Wys Sagaria na 'n Duisendjarige vrederyk voor die Wederkoms?
Hierdie pos is in reaksie teen mense wat Sagaria gebruik om te bewys dat die Bybel 'n duisendjarige vrederyk voorspel voor die laaste oordeel. Dit wil voorkom dat hulle tekste uit Sagaria aanhaal sonder om die historiese konteks, of die konteks van die boek as geheel, asook die konteks van die aard van die profesiee in ag te neem. Alhoewel dit 'n kort boek is, is dit tog 'n moeilike boek om te verstaan: Die volgende studie het my omtrent 'n week gevat om te voltooi. Nadat ek egter in diepte gaan kyk het na die boek as geheel, is ek soveel sekerder dat daar geen gronde is om te dink hierdie boek ondersteun die idee van 'n duisendjarige vrederyk nie.
Tydgenote
van Sagaria:
Nehemia,
Esra,
Haggai.
Historiese konteks:
Die terugkeer van die ballinge, en die herbou van Jerusalem en die tempel.
|
1:1-6
|
0002/08/?? Bekeer julle, kyk
waartoe julle voorvaders se ongehoorsaamheid gelei het.
|
|
1:7-18
|
0002/11/24 Ruiters tussen mirte en diep kloof raporteer die wereld is
rustig. Die Here gaan Hom ontferm oor Jerusalem na 70 jaar, en die nasies
straf
|
|
1:18-20
|
4 horings = nasies wat Israel verstrooi het (Babel, Persie,
Griekeland, Rome?)- 4 ambagsmanne om horings tot 'n val te bring
|
|
2:1-13
|
Die Engel kom om Jerusalem uit te meet. Jerusalem sal te groot word
vir mure en God sal in hom bly. God straf die wat aan hom vat, en baie nasies
sal na Jerusalem toe kom en hulle aan die Here verbind. (Hierdie is baie
duidelik die nuwe testamentiese kerk wat voorspel word: Jerusalem/die kerk
wat baie groot word, God wat in
Jerusalem/die kerk woon, en mense van alle nasies wat na Jerusalem/die kerk
stroom om hulle aan God te verbind.
|
|
3:1-10
|
Satan kla vir Jesua aan wat inliederlike vuil klere staan. Die Here
bestraf Satan, en vergewe Jesua. (Jesua was hoë priester in die regeringstyd
van Serubbabel en Nehemia) Hy trek vir hom skoon klere aan, en sit vir hom ‘n
skoon tulband op. Jesua word hoë priester. Voorspellng van Loot wat kom. Klip
met 7 oë en grafeersel. Die Here gaan
op een dag die sonde wegneem. (Baie duidelik Mesiaans. Jesua verteenwoordig
die mense van die verbond, Israel. Hulle moes dien as hoëpriester en lig vir
die nasies (Eksodus 19:5-6, Jesaja 49:6), maar het soos die nasies geword.
Die nuwe skoon klere wys na die nuwe verbond wat ingestel word deur die koms
van Loot/Jesus, wat die sondes in een dag sal weg neem. Deur die nuwe verbond
kan die mense van die verbond weer optree as priesters van God (1 Pet 2:5, 1
Pet 2:9, Open 1:6, 5:9-10, 20:6)
|
|
4:1-14
|
Kandelaar met 2 olyfbome wat olie aan die kandelaar voorsien. Die
Here beloof Serubabel dat hy die
tempel sal klaar maak – want hy doen dit nie uit eie krag nie. Die twee
gesalfdes verwys na Serubbabel (die koning) en Jesua (die hoë Priester)
(Alhoewel hierdie primêr ‘n profesie vir daardie tyd is, is daar ook ‘n nuwe
Testamentiese toepassing. Die kandelaar is die kerk (Open 1:20) die olie is
die Heilige Gees – (Priesters en profete is met olie gesalf) en die twee
gesalfdes is Christus – omdat Hy beide Koning en Hoë priester is.
|
|
5:1-4
|
Die swewende boekrol – ‘n vervloeking vir die goddelose. (Dui op die
eindoordeel)
|
|
5:5-11
|
Vrou wat goddelossheid verteenwoordig in ‘n mandjie met ‘n lood
deksel. Dit word weg geneem na Sinar, waar ‘n huis vir haar gebou word. Sinar
is ‘n ander naam vir Babilon , wat in Genesis gebou is in opstand teen God.
Hierdie is ‘n moeilike deel, maar as ek moet raai, sou ek sê dit voorspel die
koms van die groot verdrukking in (Matteus 24:15-18, Openbaring 20:1-7) Soos
in Openbaring, lyk dit of die magte van die bose gebind word tot op die tyd
wat vir hulle bestem is. (Die huis wat vir haar in Babilon gebou word) Die
algehele goddeloosheid wat kom in die laaste dae word op verskeie plekke in
die NT voorspel.
|
|
6:1-9
|
4 Strydwaens tuusen 2 brons berge: 1)Bruin perde, 2) Swart perde, 3)
Wit perde 4)Skimmel perde. Swart perde gaan Noord, en die Wittes agterna.
Skimmel gaan suid, deurkruis die aarde. Die wat Noord gaan bring die Gees van
die Here daarheen. (Hierdie is ‘n besonder moeilike gedeelte. Elke komentaar
wat mens hierop lees gee ‘n ander interpretasie. Almal stem ooreen dat die
koper berge is die poort tussen die Hemel en die aarde voor, dat die ruiters
uit die hemel kom om God se plan op die aarde uit te voer. Wat betref die
perde is daar verskeie interpretasies:
1) Een
interpretasie sê dis die 4 koninkryke. Dit verklaar waarom die rooi perde nie
uitgestuur word nie, omdat die tyd van Babel reeds verby is. Daar is egter ‘n
paar probleme: Die Romeinse ryk kom nie uit die Suide nie, en mens sou juis
verwag dat die Gees van die Here saam met die skimel perd gaan omdat die kerk
in die Romeinse tyd ontstaan het.
2) Daar
is ‘n sterk versoeking om die perde te verbind aan die perde in Openbaring 6,
maar dit sou beteken dat mens sou verwag het dat die genoemde rampe in Openbaring
in die verskillende landstreke gebeur het, wat duidelik nie die geval is nie.
Daar is ook die versoeking om die rampe van Openbaring aan die verskillende
koninkryke te koppel, maar dit werk ook net tot ‘n punt:
Rooi = oorlog = Babilon Wit = Oorwinning = Griekeland Grys = Dood = Romeine Swart = Persie = Hongersnood ???
Die interpretasie wat vir my die meeste sin maak is die een wat
hierdie deel koppel aan Sagaria 1. ‘n Mens moet ook die konteks van die
profesie in ag neem: Israel kom uit ballingskap uit. 70 jaar was hulle die
spot van die aarde, en die algemene geloof was dat die god van Israel saam
met sy volk oorwin is. Gegewe die konteks, het Sagaria 1 en Sagaria 6 die
kragtige betekenis dat God steeds God bly en in beheer is oor die hele aarde.
Hierdie twee visioene vorm die
raamwerk waar binne al die visioene tussenin vertolk moet word. Verder ook:
In Sagaria 1 maak God die voorneme om die volke te straf, en in Sagaria 6 kom
die plan tot uitvoering. Daar word baie klem gelê dat die perde eers wegtrek
wanneer hulle die bevel van God ontvang.
Alhoewel daar die versoeking is om Openbaring 6 hier in te lees, dink
ek nie dis die bedoeling nie, want:
1) Die
profesie self gee geen besondere betekenis aan die verskillende kleure nie,
en
2) Dit
is samehangend met hoofstuk 1 wat ook geen betekenis aan sekere kleure gee
nie. Daarby is die kleure van Sagaria 1 minder versoenbaar met die van
Openbaring 6.
Die verskillende kleure dui dus eerder net op die verskeidenhied van
God se mag, teenoor die heidense gode wat gewoonlik net oor een of twee
bepaalde kragte beskik het.
Die betekenis van “noord” moet ook in historiese konteks verstaan
word. Noord is vir Israel ‘n onheilspellende plek, want dit is vanuit hierdie
rigting wat die nasies hulle aangeval het. Hierdie is dus duidelik ‘n
verwysing na die NT kerk, omdat God se Gees ook oor die heidennasies gaan
kom.
|
|
6:9-15
|
Goud en silwer van balinge moet gebruik word om ‘n kroon te maak en
op die prieter Jesua se kop te sit. Sê vir Hom dat Loot vinnig opgang sal
maak en die tempel van die Here bou. ‘n Priester sal saam met hom regeer en
mense sal van ver af kom om die tempel te bou (Weereens ‘n Mesiaanse
profesie. Loot is Jesus, en Hy is ook die Priester wat genoem word, want
Jesus is beide koning en Hoë Priester. Die tempel wat Hy sal bou, waarvan mense
van ver af sal kom om saam te bou, is die kerk.
|
|
7: 1-15
|
0004/09/04 Mense kom om navraag te doen oor die vas van die 5de
maand. God vermaan hulle egter om te let op hulle motivering – God kyk na die
hart en nie na die gebruik nie. Hy herinner hulle waarom die land verwoes is.
|
|
8:1-17
|
Die Here is begaan oor Jerusalem, en kondig voorspoed vir die stad
aan.
|
|
8:18-19
|
Vasdae gaan feesdae word
|
|
8:20-23
|
Al die nasies sal na Jerusalem toe kom om die Here te raadpleeg
(Voorspelling van die Kerk)
|
|
9:1-8
|
God kondig die val van Tirus en Filistea aan
|
|
9:9-10
|
Die koms van die nederige Koning na Jerusalem wat op ‘n donkie ry. Hy
sal vrede bring (Dubbel profesie van die koms van Jesus asook die vrede wat
sy wederkoms sal bring)
|
|
9:11-17
|
Die Here bevestig sy verbond omdat dit met bloed beseel is. Hy roep
die gevangenis terug . God gebruik Juda as ‘n wapen – spesifiek teen
Griekeland. Hulle sal oorwin en voorspoedig wees. (Hierdie profesie verwys
waarskeinlik na die Makabeers – omdat hulle teen ‘n Helenistiese koningkryk
geveg het)
|
|
10:1-12
|
Vra na die Here om reen, Hy sal dit op die regte tyd stuur. Die Here
gaan Israel sterk en voorspoedig maak. Hy gaan hulle bymekaar maak, en hulle
vyande verneder.
|
|
11:4-17
|
God beveel Sagaria om herder te word van slagskape vir wie niemand
omgee nie. God gee nie meer vir die land nie, en gee die mense in mekaar se
mag oor. Sagaria word ‘n herder met 2 kieries wat hy Vriendelikheid/Guns en
Vereniging noem. Binne ‘n maand moes hy van drie herders ontslae raak. Maar hulle
het met hom ongeduldig geraak, en hy met hulle, en die skape aan hulle eie
lot oorgegee. Hy verbreek sy Vriendelikheid/Guns kierie – die ooreenkoms met
die skape. Sagaria is onverskillig oor of hy betaal word of nie – die
eienaars betaal hom 30 stukke silwer, wat hy dan vir die pottebakkers gooi.
Hy breek sy ander kierie – Vereniging – ook stukkend, om die broederskap
tussen Juda en Israel te verbreek. Nou moet Sagaria soos ‘n Herder optree wat
niks vir die skape omgee nie. Die Here gaan so herder aanstel. Elende wag vir
die herder. (Hierdie is duidelik ‘n profesie van Israel in die tyd van Jesus.
Die slagskape waarvoor niemand omgee nie is die volk, en die eienaars is die
leiers of Fariseers. Sagaria verteenwoordig Jesus. Jesus wys die Fariseers te
reg, maar dit lei tot vyandskap tussen Jesus en die Fariseers. Jesus verbreek
die verbond waaronder Israel die beskerming van God geniet het. Omdat die
volk Jesus verwerp, gee God hulle aan hulle lot oor: 30 Silwer muntstukke was
hoeveel jy iemand moes vergoed vir die lewe van ‘n slaaf – dis hoe min die
Fariseers Jesus geag het deur Hom vir 30 silver muntstukke te verkoop. As
Sagaria die rol van die slegte herder vertolk, verteenwoordig hy die Romeine
wat Israel verwoes in 70nC. Maar daar is hoop vir die weerloses: God kondig
‘n swaar oordeel aan oor die slegte herder.
|
|
12:1-9
|
Die Here voorspel: Jerusalem en Juda gaan beleer word, maar almal wat
teen hom optrek gaan seerkry. Die Here maak van Jerusalem ‘n rots blok. Die
Here beskerm Juda teen sy aanvallers, en Juda erken dat sy krag in die Here
is. Juda is ‘n vuur wat al die volke om hom verteer. Die swakste van Juda sal
soos ‘n koning wees, en die Dawidshuis soos ‘n hemelwese. Die Here begin om
die nasies uit te roei wat Jerusalem aanval. (Hierdie gedeelte verwys na die
nuwe testamentiese kerk. Dit kan baie duidelik afgelei word in vers 8 waar
die swakstes soos konings is. Petrus sê die kerk is nou reeds ‘n koninklike priesterdom
( 1 Petrus 2:9) Die Huis van Dawid wat soos ‘n Hemelwese is, is baie duidelik
Jesus self. Ook vers 3 word verklaar in Petrus 2:6, waar Jesus die rots is,
en elkeen wat Hom verwerp, val en struiikel oor Hom. Dit is ook verder
duidelik uit die konteks van vers 11 – wat die bediening van Jesus voorspel. Verse
10 - 14 herinner aan Romeine 11, wat daarop dui dat die Jode in die laaste
dae vir Christus sal aanneem. Daar is egter niks van 'n fisiese koninkryk of
'n wegraping wat daarmee saamgaan nie. Dit is om meer in die teks in te lees
as wat daar staan. Daar is genoeg duidelike teksverse om te glo dat die volk
van Israel in die laaste dae gelowig sal word.
|
|
13:1-9
|
Die Here maak ‘n fontein in Jerusalem oop om die volk se sondes af te
was. Die gedagte aan die afgode sal verdwyn. Die vals profete sal verdwyn:
niemand sal hulle deur hulle laat verlei word nie, en self sal hulle nie meer
waag om te profeteer nie. Die Herder – wat na aan die Here is - word dood
gemaak, en die skape word uitmekaar gejaag. Twee derdes word uitgeroei, en
die oorblywende derde word soos goud gelouter. Hulle sal suiwer wees, en die
Here sal hulle gebede verhoor. ( Baie duidelik die nuwe testamentiese kerk.
Daar word gepraat van die afwassing van die sondes, ‘n inherente
gehoorsaamheid en ‘n gesonde onderskeidings vermoee. Die goeie Herder wat
doodgemaak word is baie duidelik Jesus, en die skape wat uit mekaar gejaar
word, die vroee Christelike kerk. Hulle word vervolg: Baie word dood gemaak,
en die wat oorbly word gelouter – maar hulle is suiwer en getrou aan die
Here.)
|
|
14:1-21
|
Jerusalem sal gebuit word, die nasies sal teen hom oorlog maak, en
hom inneem, die huise plunder ne vroue verkrag. Helfte gaan in ballingskap, maar die ander
helfte nie. Die Here sal dan oorlog voer teen die nasies, Hy staan op die
Olyfberg, en die berg skeur middeldeur sodat die vlugtelinge deur die kloof
kan gaan. Dit sal ‘n besonderde dag
wees, want daar sal geen duisternis of ryp wees nie. ‘n Vars stroom sal uit
Jerusalem vloei, een helfte oos, ander helfte wes. Die Here sal koning wees
oor die hele land, die enigste God. Jerusalem sal hoog le en bewoon wees. Hy
sal nooit weer vernietig word nie. Die mense wat teen Jerusalem geveg het sal
weg vrot. Hulle sal skrik en mekaar aanval. Selfs Juda veg teen Jerusalem. Mense
van alle volke sal kom om die huttefees te vier in Jerusalem. Die wat nie kom
nie sal gestraf word, maar die wat kom sal hulle offers bring. (Gegewe die
konteks en progressie van die voorafgaande hoofstukke, verwys die eerste helfte van hierdie
hoofstuk duidelik na die vernietiging van Jerusalem in 70nC. ‘n Historiese
feit wat nie baie bekend is nie, is dat baie mense tydens die belering van
Jerusalem die geleentheid gehad het om te ontsnap: Jesus self het voorspel
dat dit die geval sou wees in Lukas 21:20-22:
Flavius Josephus (A.D. 75)
(Opportunity Arises to Flee) "It then happened that Cestius was
not conscious either how the besieged despaired of success, nor how
courageous the people were for him; and so he recalled his soldiers from the
place, and by despairing of any expectation of taking it, without having
received any disgrace, he retired from the city, without any reason in the
world." (Wars, II, XIX, 6,7)
Die Olyfberg verwys dus duidelik na die Romeine leer, en dat God self
diegene bewaar wat gelet het om die profesie van Jesus en uit die stad gevlug
het. Vers 8 verwys. Dit kan ook verwys na die bediening van Johannes die
Doper wat die weg vir die kerk voorberei het: (Jesaja 40:3-5 + Matteus 3:3)
Slegs diegene wat in Jesus en sy profesie geglo het, kon uit die stad gered
word. Hierdie mense het dus onder leiding van
hulle Koning uit die stad gevlug. Dat dit ‘n besondere dag is, dui
daarop dat God sy kerk bewaar, selfs deur moeilike tye heen.
Vers 8 verwys na die verbond wat in die plek van die ou Jerusalem
kom. Die waterstome verwys duidelik na die Heilige Gees wat die kerk versprei
dwars oor die wereld. Na die Hemelvaart is Jesus koning oor die hele aarde (Openbaring 1) Dan spring ons duidelik na die Nuwe
Jerusalem: Die stad is bewoon en veilig. Dit sal nooit weer verwoes word nie.
Die wat teen die kerk/die Here in opstand gekom het, sal in die hel gegooi
word. Juda wat teen Jerusalem veg dui op die Jode wat nie vir Christus wou
aanvaar nie. Mense van uit alle volke kom deel aan die huttefees. Die
huttefees was gehou om die oes te vier, en dui hier op die oes/uitverkiesdes
van die Here. Diegene wat die Here weerstaan het, sal onder die ewige vloek
wees, maar die wat sy genade aanneem sal ewig in die Hemel die Here in
vreugde dien.
|
Gevolgtrekking:
Sagaria is ‘n
moeilike boek om te verstaan, vol van beeldspraak en simboliek. ‘n Gesonde
interpretasie van die boek interpreteer dit in die lig van die historiese
konteks van die profeet, sowel as in die lig van die boodskap van die res van
die Bybel. Dit is hoe dit hoort as mens glo die Bybel vorm een geheel met een,
samehangende boodskap. Daarom moet onduidelike verse in die lig van duidelike
verse geinterpreteer word. Van beide Openbaring en Sagaria kan mens sê: As jou
interpretasie van hierdie boeke jou ‘n verklaring gee wat nerens anders in die
Bybel voorkom nie, kan jy maar weet jou interpretasie is verkeerd.
Die boek
Sagaria is bedoel om vir die Joodse ballinge wat terug gekom het hoop te gee
vir die toekoms. Die profeet is waarskeinlik een van die mees Mesiaanste
profete wat daar is. Die koms van Jesus is ‘n deurlopende tema in al die
profesiee. Dit wil voorkom of die profesie veral kronologies word van hoofstuk 9
af: Die Here maak Israel voorspoedig, en gee hulle rus. Daarna word daar
spesifiek verwys na ‘n oorlog teen Griekeland, wat waarskeinlik dui op die
Makabeers. Die Makabeers was voorspoedig, soos wat dit aangedui is in hoofstuk
10, maar onmiddelik in hoofstuk 11 gaan dit weer sleg. Hoofstuk 11 verwys
duidelik na die bediening van Jesus. Hoofstuk 12 en 13 verwys na die kerk, 14
na die vernietiging van Jerusalem in 70nC, en dan die nuwe Jerusalem wat kom.
Daar is niks
in hierdie boek wat duidelik en ondubbelsinnig die geloof regverdig dat daar ‘n
wegraping gaan wees voor die groot verdrukking nie. Ook is daar geen rede om te
glo hierdie boek maak melding van ‘n aarde koningkryk van Jesus voor die
wederkoms nie – inteendeel, Jesus self sê in Johannes 18:36 “Jesus antwoord: My
koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld
was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie.
Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.”
Jesus self
gee ‘n baie duidelike verduideliking van die laaste dae in Matteus 24, en ons
behoort hierdie gedeelte te gebruik as raamwerk vir ons interpretasie van
moeilike tekste.
Jesus sê
daar sal in die laaste dae baie rampe, vervolging en afvalligheid wees. Jesus
sê nie hierdie dinge blood vir die interresantheid nie – ons gaan nie uit
hierdie tyd uit weggeraap word nie. Inteendeel: Hy sê dit juis sodat ons kan
volhard en nie hoop verloor wanneer ons dit self ervaar nie (vers 6, 9, 13,
20-23, 33) vers 40-41 dui duidelik daarop dat die gelowiges in hierdie wereld
bly tot heel aan die einde.
Direk na
hierdie tyd, volg die wederkoms (v 29) Openbaring is ‘n boek vir die gelowige,
nie die ongelowige nie. Dit is ‘n boek om ons in die laaste dae te troos en te
laat volhard. Die gelowiges sal beslis nie hierdie dinge gespaar word nie. As
God nie die vroeë Christelike kerk vervolging gespaar het nie, is daar geen
rede om te dink Hy sal dit in die laaste dae doen nie
Subscribe to:
Posts (Atom)
