Saturday, 18 May 2019

Homoseksualiteit – ‘n Bybelse perspektief


Wie is ek?

 Omdat hierdie so sensitiewe saak is, ag ek dit nodig om eers iets van myself te sê voor ek met die onderwerp wegval.

1)      Ek het groot geword in die GKSA, en het my hele katkisasie loopbaan hier voltooi.

2)      My ouer broer het uit die kas gekom toe ek 21 was. Hy het in die homoseksuele leefstyl betrokke geraak, en ‘n paar jaar later het hy ‘n atteïs geword.

3)      Ek self het ‘n ander doring in die vlees gekry waarmee ek nou al 20 jaar worstel. Dit is nie iets waaroor ek praat nie. Ek noem dit, sodat julle weet ek praat nie hier vanuit die hoogte as iemand wat dink hy’s perfek nie, maar juis as iemand wat weet wat dit is om met sonde te worstel.

4)      Dit is juis as gevolg van my eie stryd teen my sonde dat ek ‘n passie ontwikkel het vir die evangelie en die suiwer leer. Alhoewel ek altyd gesteld was op die suiwer leer, is dit eers toe ek ernstig met die Here oor my sondes begin worstel het, dat die evangelie begin lewe kry het: Dit was nie meer ‘n klomp mooi klinkende godsdienstige woorde nie, dit het praktiese waarde in my lewe gebring. Ironies dat ‘n mens se sonde jou juis nader aan die Here kan bring.

5)      Ek wou nie hierdie praatjie lewer nie: Dit sny vir my bietjie naby aan die been. Aan die anderkant is dit ‘n saak waaroor ek baie sterk voel, want dit sny ook na die hart van die evangelie. Soos Moses het ek die Here gepleit om iemand anders te stuur om hierdie praatjie te lewer, maar ek het geroepe gevoel om met julle te deel wat ek uit die Bybel en eie ervaring geleer het.
Voor ons oor homoseksualiteit praat, moet ons eers die nodige fondment lê.

Wat is die bedoeling van die huwelik?


“God het die Mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.” – Genesis 1:27

Hier sien ons waarom God die mens gemaak het: God het ons geskep as ‘n afbeelding van Homself. Nie ‘n fisiese afbeelding nie, want God het nie ‘n liggaam (Joh 4:24), maar ‘n afbeelding van sy karakter. In die mens beeld Hy af wie Hy is, en deel van daardie afbeelding is dat die mens tweeslagtig is. Die seksuele is dus deel van hierdie afbeelding wat God van Homself maak. In Genesis 2:24 staan daar: “Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.” Wanneer die Fariseers vir Jesus oor egskeiding uitvra, dan haal Hy hierdie vers aan om daaruit aan te dui wat God se oorspronklike bedoeling was met die huwelik (Markus 10:7) Dis dus duidelik dat Jesus stelling inneem dat die huwelik tussen twee mense van die teenoorgestelde geslag is.
Paulus verwys ook na hierdie gedeelte as hy praat van die huwelik in Effesiers 5:31, maar hy gaan dan verder deur te sê die huwelik is ‘n afbeelding van die verhouding tussen Christus en sy kerk. In Openbaring 19:7-9 sien ons dat die wederkoms, waar die kerk met Christus verenig word, as ‘n bruilof uitgebeeld word.

Die huwelik gaan dus nie net oor twee mense wat mekaar lief het nie, maar ook oor wat God met daardie verhouding wil uitbeeld. Om daaraan te verander, is om die beeld van God te vandaliseer. Daarom dat God Hom dan so sterk uitspreek teen seksuele sondes.
Verder gaan die huwelik nie net oor twee mense wat mekaar lief het nie, maar ook die veilige omgewing wat dit skep vir die kinders wat uit ‘n seksuele verhouding voortkom. In Maleagi 2:15 staan daar: “Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê daar moet ‘n nageslag wees wat Hom eer.”
As God ‘n verbond met iemand sluit, is dit amper altyd met die persoon en sy kinders. In 1 Korintiers 7:12-14 sê Paulus “As ‘n gelowige man met ‘n ongelowige vrou getroud is en sy is gewillig om by hom te bly, moet hy nie van haar skei nie. En as ‘n gelowige vrou met ‘n ongelowige man getroud is en hy is gewillig om by haar te bly, moet sy nie van die man skei nie. Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou en die ongelowige vrou is deur God aanneemlik deur die band met die gelowige man. Anders sou julle kinders heidene wees, maar nou behoort hulle aan God.” Dit gaan hier dus nie oor die gerief van die gelowige wat met die ongelowige getroud is nie, maar die beste belang vir die kinders.

Dit is dus duidelik dat die seksuele en die huwelik oor baie meer gaan as net fisiese aangetrokkenheid.

Wat is sonde?


Die hart van die sonde vind ons in Genesis 3:4, waar die slang aan die vrou sê: “God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”  Ten diepste gaan dit dus daaroor dat die mens God se soewereiniteit vir homself begeer. Hy wil self god wees oor sy lewe, onafhanklik van God.
In Romeine 1 sien ons dat God die kennis van Hom binne bereik van elke mens gesit het, maar dat die mens moedswillig hierdie kennis onderdruk, sodat hy kan voortgaan in sy sonde. Elke mens is dus bewus daarvan dat daar so iets soos reg en verkeerd is, selfs al glo hulle nie aan God nie.

In Efesiers 2:2 staan daar: “So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het.” Efesiers 4:22: “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het, breek met die ou, sondige mens in julle wat deur bedrieglike begeertes (Soos deur die ESV vertaal) verteer word”

In hierdie verse kan ons sien hoe die sonde werk. Ons het wel ‘n wil – dit is ons kapasiteit om keuses te kan maak – maar die wil is nie vry nie. Dit is verslaaf aan bedrieglike sondige begeertes. Wat is ‘n begeerte? Dis die idee dat ek nie gelukkig kan wees as ek nie X kan hê of kan doen nie. Wat is dan ‘n bedrieglike begeerte? Dis die false geloof dat ek my geluk in iets kan vind wat geen geluk bring nie, en wat selfs skadelik vir my kan wees.

Byvoorbeeld: God het die mens gemaak om te werk (Gen 1:28), ons is veronderstel om ons geluk en vervulling in ons arbeid te vind. Luiheid is die bedrieglike begeerte wat jou laat glo jy sal gelukkiger wees as jy nie jou werk hoef te doen nie, maar die gevolg daarvan is depressie, swak selfbeeld en beskadiging van jou verhoudings, en ‘n gevoel van doelloosheid. Die sonde beloof dus geluk, maar bring net ongeluk.

Psalm 51:7 sê “Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.” Mense vra: Hoe kan ‘n pasgebore baba wat nog niks gedoen het nie, reeds skuldig wees aan sonde voor God? Soos ons reeds gesien het – al het hy nog nie die vermoë om dit uit te leef nie, sy wil is reeds verslaaf aan sondige begeertes. Sodra hy leer loop, praat en doen, word die sonde in sy hart onmiddelik openbaar.

Wat is homoseksualiteit?

Homoseksualisme is ‘n afwyking, waar ‘n persoon seksueel aangetrokke voel, en liefde opsoek in dieselfde geslag, en ‘n totale gebrek aan sulke gevoelens vir die teenoorgestelde geslag beleef. So ’n persoon raak gewoonlik tydens puberteit bewus daarvan, en dit is onwillikeurig, m.a.w dis nie iets wat net sommer deur ‘n keuse verander kan word nie.
Om ‘n homoseksuele afwyking te hê mag dalk nie ‘n keuse wees nie, maar hoe ‘n mens daarop reageer, is wel.

Aan die een kant kry jy mense wat in opstand teen God hierdie afwyking omarm en hulle hele identiteit daarop bou. Vir hulle is dit hulle trots eerder as hulle skande.

Aan die anderkant, kry jy mense wat diep onsteld is hierdeur, omdat hulle besef dat dit skeiding bring tussen hulle en God, en omdat dit nie iets is wat net sommer kan weggaan nie, veroorsaak dit baie worsteling en twyfel.

Afhangende van waar die persoon staan, het die Bybel twee uiteenlopende boodskappe. Die evangelis Todd Friel het gesê: "As iemand sonder berou volhard in sy sonde, preek die wet. As iemand besef hoe groot sy sondenood voor God is, preek die verlossing deur Christus.

Vir die wat hulle homoseksualiteit aanneem.

Die Bybel se boodskap oor homoseksualiteit is deurlopend konsekwent.
Levitikus 18:22 sê: “Jy mag nie ‘n homoseksuele verhouding he nie, dit is ‘n afskuwelike sonde.”. Dit word herhaal in Levitikus 20:13: “’n Man wat by ‘n man le soos by ‘n vrou, doen ‘n afskuwelike sonde. Hulle moet dood gemaak word, hulle verdien die dood.” Nou, sommige mense beweer hier word eintlik net van homoseksuele tempel prostutisie gepraat, nie van ‘n “liefdevolle verhouding tussen twee mans nie”. Die teks sê egter niks van tempel prostitusie nie. In teendeel, net na 18:22 staan daar: “Jy mag met geen dier geslagsgemeenskap hê en jouself so besoedel nie. ‘n Vrou mag dit ook nie doen nie. Dit is ‘n gruwel”. Net so, twee verse na 20:13 staan daar: “’n Man wat met ‘n dier geslagsgemeenskap het, moet dood gemaak word, en die dier ook. ‘n Vrou wat met ‘n dier geslagsgemeenskap het, moet dood gemaak word, en die dier ook.” Is Bestialiteit dan ook in orde – solank as wat dit nie in ‘n afgodstempel beoefen word nie? Nee, altwee is ‘n gruwel voor God, ongeag die konteks waarin dit gepleeg word.

Hierdie gebod bly staan in die Nuwe Testament. 1 Korintiers 6:9-11 sê:  “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgierigesof dronkaards of kwaadpraters of bedrieers sal deel kry aan die koninkryk van God nie. En so was party van julle ook, maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van God.”

Twee dinge is duidelik uit hierde teks:
1)      Mense wat onberouvol in bogenoemde sondes volhard, is nie gered nie.
2)      Dit is moontlik om weg te draai van hierdie sondes.

In Romeine 1:26-28 skryf Paulus: “Daarom gee God hulle oor aan skandelike drifte. Hulle vroue verander die natuurlike omgang in ‘n teen-natuurlike omgang. Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit. En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.”
Hier sien ons dat deel van die straf op die sonde is om aan sonde oorgegee te word, en dan word homoseksualiteit spesifiek genoem. ‘n Mens kan dus verwag dat as ‘n volk onder die toorn van God staan, daar ‘n toename van homoseksuele gedrag sal wees wat op die lang termyn selfvernietigend is.

Ons sien dit ook in die heel eerste geval van homoseksualiteit in die Bybel: By Sodom.
Genesis 19 vanaf vers 4:

“Voordat hulle die aand gaan slaap het, het die mans oral uit die stad uit , die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, die huis van Lot omsingel. Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: “Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle he.” Toe het Lot na die mans van Sodom toe uit gegaan. Nadat hy die deur agter hom gesluit het, het hy gesê:”Nee, vriende! Moenie so ‘n verkeerde ding doen nie. Ek het twee dogters. Hulle het nog nie gemeenskap met ‘n man gehad nie. Ek sal hulle vir julle laat uitkom, doen julle dan met hulle wat julle wil. Moet net nie iets doen aan hierdie mans nie, want hulle het onder die beskerming van my dak ingekom”

Ons sien hier Lot probeer tot die mense se gewete spreek. Uit desperaatheid maak Lot ‘n gruwelike teenvoorstel, maar dit beklemtoon net hoe erg die sonde is wat die mense van Sodom wil pleeg. Lot spreek nie verdoemend nie, maar pleit by hulle en doen ‘n beroep op hulle gewete. Kyk hoe reageer hulle:

“Toe roep die mans van Sodom: “Gee pad!” En hulle sê: “Hierdie kêrel het as vreemdeling hierheen gekom, en nou wil hy regter oor ons speel!” Ons sal hom nog meer kwaad aandoen as sy besoekers!”

Hulle weet hulle is verkeerd, maar is woedend omdat Lot hulle daarop wys – hulle wil juis daardie kennis onderdruk sodat hulle kan doen wat hulle wil. Dit is dus nie verbasend dat pro-Gay drukgroepe geweldig vyandig teenoor behoudende gelowiges optree nie.

Die argumente van die pro-Gay drukgroep.

Alhoewel de Bybel dus baie duidelik is oor hierdie onderwerp, word daar nogtans argumente geopper om mense anders te probeer oortuig. Hier is van hulle:

1)      Dit is geneties, ek is so gebore, God het my so gemaak.

Om te sê God het jou so gemaak is lasterlik, want God het die mens goed gemaak. Dis die mens homself tydens die sondeval in die verderf gestort het deur in opstand teen God te kom. Dit is ook nie waar dat homoseksualiteit geneties is nie. As dit was, sou mens met 100% akkuraatheid kon voorspel watter kind homoseksueel gaan word deur slegs sy DNA te ontleed. Maar, selfs al gee ons toe dat mense so gebore word, is dit steeds geen verskoning nie: Ons het reeds gesien dat alle mense sondig gebore word en van die begin deur sondige begeertes verteer word. Sonde bly sonde, al is jy daarmee gebore, en dit bly iets waarvan jy jou daagliks moet bekeer. Homoseksualiteit is geen uitsondering nie.

2)      Ek kan nie help ek is so nie, en dis onmenslik om te verwag dat ek moet selibaat bly.

Hierdie argument is besonder problematies. In die eerste plek:Ek is 40 en het nog nooit met enige iemand omgang gehad nie. Ek beleef dit beslis nie as besonder onmenslik nie. Selibaatheid is beslis nie ‘n onmenslike eis nie.

Die groter probleem is egter dit: Daar is mense wat ‘n onwillikeurige en eksklusiewe seksuele aangetrokkenheid voel teenoor kinders. Hulle molesteer nie noodwendig kinders nie, maar hulle kan ook nie help hoe hulle voel nie. Mens sou verwag dat veral homoseksuele mense begrip sal hê vir hierdie mense se interne worsteling, maar moenie glo nie. Hulle raak briesend kwaad as jy dit durf noem, want die bestaan van sulke mense ruk die mat onder al die pro-gay argumente uit. Die feit van die saak is, hierdie mense bestaan, en ons moet met daardie feit rekening hou. Plaas jouself in hulle skoene en dink ‘n bietjie wat hulle hoor as hulle hierdie argument hoor? Met hierdie argument is die pro-gay groep besig om kinders in gevaar te stel, ter wille van hulle eie selfregverdiging! Pedofilie is ook ‘n seksuele orientasie, en dit is iets wat ons in gedagte moet hou wanneer ons argumente evalueer.

3)       In die antieke tyd was homoseksualiteit ‘n aanvaarde gebruik.

Dit is waar – so ook was pederastie – die geinstitisionaliseerde molestering van kinders so jonk soos 12. Die feit dat iets in die verlede as normaal beskou is, maak dit nie reg in die oë van God nie.

4)      Paulus het geskryf vanuit die kulturele norm van sy tyd, maar vandag het ons ‘n beter, wetenskaplike begrip van homoseksualiteit.

Mens kan nie hierdie argument ernstig opneem in die lig van die vorige argument nie. In ‘n samelewing waarin homoseksualiteit as normaal beskou is, het Paulus alles daarvan geweet wat ons vandag daarvan weet. Plus, hierdie argument ontken dat Paulus onder die inspirasie van die Heilige Gees geskryf het, en dat sy briewe eintlik maar net sy persoonlike mening weerspieël. Dan kan jy net sowel al sy briewe uit die Bybel uithaal.

5)      Maar sê die Bybel nie “God is liefde” nie?

Hierdie teks kom uit 1 Johannes 4:8. Volgens dieselfde Johannes het Jesus egter ook gesê: “As julle my liefhet, sal julle my opdragte uitvoer” – Johannes 14:15. Jesus het sy liefde aan ons bewys deur sy lewe vir ons af te lê, ons bewys ons liefde aan God deur ons gewillige gehoorsaamheid aan Hom.

6)      Dawid sê van Jonatan: “Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van enige vrou.” Dawid het dus ‘n homoseksuele verhouding met Jonatan gehad.

Die liefde waarvan David hier praat, is nie ‘n seksuele liefde nie, maar die kameraadskap wat soldate wat saam geveg het vir mekaar voel. Sulke mense voel wel ‘n besondere intieme band met mekaar, maar dis nie van ‘n seksuele aard nie. Wat Dawid se seksualiteit betref: As hy homoseksueel was, sou hy nie owerspel met Batseba gepleeg het nie.

7)      Ek het gelees dat tydens die 2015 sinode van die NG Kerk, daar gesê is: In 1 Timoteus 2:8-15 sê Paulus uitdruklik dat vroue nie in die amp van predikant mag staan nie, en tog het die kerk aanbeweeg met die tye. Waarom dan so ophef maak oor die tekste oor homoseksualiteit?

Hierdie is ‘n geldige punt: As jy eers begin om dele in die Bybel dood te krap, gaan iemand anders die pen by jou afvat en nog dele doodkrap totdat daar niks oorbly nie. Daarom is ek so dankbaar dat die GKSA nie in hierdie strik getrap het nie, en in 2016  finaal besluit het om by hierdie Bybelse opdrag te bly, ten spyte van groot druk om aan die wêreld se eise toe te gee. Hierdie argument kan dus nie teen ons gebruik word nie, want ons het die integriteit van die Bybel behou. Die Bybel is of deur die Heilige Gees geïnspireer, of dis net menslike idees oor God. Daar is geen tussen in posisie nie, en jy moet maar self besluit aan watter kant jy jouself bevind. Interresant dat die pro-gay drukgroep nou ook 1 Kor 6 verwerp het wat sê dat geskille in die kerk nie voor ‘n sekulêre hof gebring moet word nie.

8)      Daar is nie groot en klein sondes nie, waarom spesiale klem lê op homoseksualiteit?

Dit is nie waar nie, God maak onderskeid tussen sondes. Die sonde van homoseksualiteit word ‘n gruwel genoem, en in die Ou Testament was dit strafbaar met die dood. In 1 Korintiers 6:18 tref Paulus die onderskeid: “Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ‘n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie ligaam”.  Ook Jesus sê in Lukas 10:14 “Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle.” Duidelik maak God onderskeid tussen verskillende grade van sondes. Jesus sê wel ons moenie klein sondes gering ag nie, maar dit word verdraai na: “Eintlik is die groot sondes ook gering”

Verder, dit gaan nie daaroor dat die kerk homoseksualiteit uitsonder nie. Dit gaan daaroor dat die gay drukgroep glad nie wil hê die kerk moet homoseksualiteit as sonde erken nie. Ek is lid van ‘n groep van enkellopendes. Baie van die mense is geskeide mense. Tog het nog nie een van hulle ooit gesê die kerk moet ophou preek dat egskeiding sonde is en dat dit bekering vereis nie. Tog is dit presies wat die homoseksuele drukgroep van die kerk verwag.

9)      Jesus het die Fariseërs veroordeel omdat hulle die Bybel te letterlik opgeneem het. Julle doen dieselfde.

Juis nie! In Matteus 15:1-6 lees ons: “In dié tyd het daar Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem af by Jesus gekom en Hom gevra: “Hoekom verontagsaam u dissipels die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was hulle nie hulle hande nie.” “Waarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van julle oorgelewerde gebruike?” het Jesus geantwoord.  “God het tog gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’ Maar julle bepaal: ‘As iemand vir sy pa of sy ma sê: Die hulp wat u van my sou kon kry, maak ek 'n offergawe vir God, dan hoef hy nie meer sy plig teenoor sy pa na te kom nie.’ So ontneem julle die woord van God sy gesag ter wille van julle oorgelewerde gebruike.” Die Fariseers het juis nie God op sy Woord geneem nie, maar dit verdraai en verander om hulle te pas. Hulle het mens gemaakte wette verhef bo die Wet van God, en so die Woord van God kragteloos gemaak. Dis juis wat die pro-Gay drukgroepe ook doen deur die Bybel baie selektief te lees.

10)      Jy mag nie oordeel nie! Het Jesus nie ook gesê laat die een sonder sonde die eerste klip gooi nie?

Hierdie is seker 2 van die mees misbruikte tekste in die Bybel vandag. Jesus sê juis ons moet oordeel in Matteus 18:15-17 sê Jesus
“As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel."

So, wat van Matteus 7:1 wat s
ê:
"
Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word."

Jesus gaan dan verder deur te s
ê: "Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal."

Mense is geneig om hierdie laaste sin mis te lees. Dit was nooit Jesus se bedoeling om te sê jy mag nie 'n splinter uit jou broer se oog uithaal nie. Jy moet net seker maak daar is nie dalk 'n balk in jou eie oog voor jy dit doen nie. Jesus sê nie hier dat ons nie mag oordeel nie, maar praat hier oor die gesindheid waarmee jy oordeel. Die sondaar mens is geneig om te oordeel om sodoende die aandag van sy eie sonde af te trek, en ook om homself met ander mense te vergelyk sodat hy homself kan oortuig hy's eintlik 'n goeie mens omdat hy beter is as hulle. 'n Goeie voorbeeld hiervan is Dawid se reaksie op Natan se gelykenis. Ons moet beslis oordeel, maar die motief mag nooit wees om jou teenoor die ander persoon op te stel nie, maar om daardie persoon in liefde terug te bring na die regte pad.

Wat betref Jesus se opmerking "Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi", Jesus het ook aan die prostituut gesê: "Gaan, en sondig nie meer nie." 
  

Wat van die Christen wat met homoseksualiteit worstel?


Hiermee bedoel ek mense wat homoseksuele aangetrokkenheid ervaar, maar dit nie wil hê nie omdat hy gehoorsaam aan God wil wees.
Merk op: Ek praat nie van ‘n Gay Christen nie, maar van ‘n Christen wat met homoseksualiteit worstel. Die rede hiervoor is dat ‘n Christen sy identiteit in Christus kry, nie in sy sonde nie. Jy kan dus nie na jouself as “Gay” verwys nie, want jou homoseksualiteit definieer nie wie jy is nie.

So ’n persoon staan voor ‘n belangrike keuse wat elke Christen eintlik doelbewus behoort te neem: Hoe belangrik is Christus vir jou?

Romeine 12:1-2 sê: “En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontverming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”

Die prys van Christenskap is nie goedkoop nie: Jesus het Sy lewe vir ons gegee, en daarom eis Hy ook nou dat ons ons hele lewe aan Hom moet wy. Dit begin by die gedagtes wat ons in ons koppe toelaat. As jy Christus lief het, sal jy bereid wees om alles, insluitend jou seksualiteit, op te offer ter wille van Hom, al is dit swaar. Moenie verwag dat jy net ‘n paar keer hoef te bid, en dan gaan die probleem homself net oplos nie. Paulus het ook gebid dat die Here die splinter in sy vlees moet verwyder, maar God het nie, want Hy het 'n doel daarmee gehad. Alhoewel daar enkele getuienisse is van mense wat van homoseksualiteit genees is, is dit vir vele meer ‘n lewenslange stryd. Is jy bereid om hierdie stryd enduit te voer, tot jy eendag jou kop neer lê op 80 jarige ouderdom?

As jy voel dis swaar en onregverdig, dink ‘n bietjie aan die Apostels. As daar ooit so iets was soos super-Christene, dan was dit hulle: Hulle het die kerk van Christus wêreldwyd gevestig. Tog het dit gepaard gegaan met fisiese lyding en vervolging wat ons onself nie eers kan indink nie. Hoe is dit moontlik dat hulle onder sulke omstandighede getrou kon bly? Net as jy soos Johannes die doper sê: “Hy moet meer word, en ek minder” (Johannes 3:30), net as Christus werklik vir jou die belangrikste ding in die lewe is.

Maar nou is dit ook so dat hierdie sonde jou die hele tyd gaan teister, en daar gaan tye wees wanneer jy in swakheid val. Miskien gee jy toe aan ‘n fantasie, of jy kyk materiaal op die internet wat jy nie moet kyk nie. Na die tyd besef jy, jy het gesondig en jy voel vuil. Soos Adam is jy nou skaam om voor God te kom, en jou verhouding met God is gebreek. Wat nou? Daar is drie opsies:
1)      Jy kan vir jouself ‘n afgod in jou kop maak: ‘n god wat geen eise stel nie, en wat nie gesê het homoseksualiteit is sonde nie. Jy kan ‘n verhouding met hierdie afgod bou asof niks verkeed is nie. Dis net nie die ware God nie.
2)      Jy kan soos Adam en Eva van God probeer wegvlug, en in vrees vir Sy oordeel leef.
3)      Jy kan onmiddelik voor God kom met opregte berou en jou sondes bely. In Ps 32:3-5 skryf Dawid: “Toe ek oor my sondes geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Toe het ek my sonde bely, my oortredings nie weg gesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid”, en U het my skuld vergewe.” Dit is beslis nie maklik nie: Om te erken jy was verkeerd is om jouself te verloeën – letterlik verraad teen jouself. Dis ‘n pynlike ding om te doen, maar dit bring genesing. Lees gerus ook die hele Psalm 51.
‘n Skuldige gewete is ‘n gawe van God – dit wil jou terug lei na God toe, maar die Satan wil hê dit moet skeiding maak tussen jou en God. Dis wanneer jy nie skuldig voel nie, wat jy bekommerd moet wees. Om nie jou sonde voor God te bring nie en moedswillig aan te hou leef daarin, is die sonde teen die Heilige Gees. Maar as jy jou sondes voor Jesus bely, weet:

“God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het Sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God en Hy pleit vir ons. Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enige iets anders in die skepping (insluitend jou eie sondes) kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here”
(Romeine 8:31-39)
Om diep bewus te wees van jou sonde is beslis nie ‘n vloek nie maar ‘n seën: In Lukas 7:36-50 kry ons Jesus waar hy by die Fariseër Simon eet, toe ‘n prostituut kom en Sy voete met haar trane gewas het. Jesus sê aan die Fariseër: “
Twee mense was in die skuld by ‘n geldskieter. Die een het vyfhonderd Rand geskuld, en die ander een vyftig. Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir altwee kwytgeskel. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” Simon antwoord: “Ek veronderstel die een vir wie hy die meeste kwyt geskel het”. Daarop sê Jesus: “Ek sê vir jou: omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde”. Hoe meer jy dus onder die indruk is van hoe geweldig groot jou sonde voor God is, hoe meer besef jy hoe geweldig groot Jesus se genade is dat Hy dit vir jou betaal het, en hoe meer sal jy jou liefde vir God wil betoon deur gehoorsaam aan Sy Woord te leef. Jou worsteling met homoseksualiteit kan jou dus baie nader aan God bring as wat andersins die geval sou gewees het. Paulus sê mos in Romeine 8:28 “God laat alles ten goede meewerk vir die wat Hom lief het” (Romeine 8:28) Ook wanneer God toelaat dat Sy kinders in sonde struikel, het Hy ‘n doel daarmee –maar nooit los Hy hulle in die sonde nie, hulle staan altyd weer daaruit op. Weet: As jou homoseksualiteit vir jou ‘n gruwel is, en jy wend jou tot Christus vir vergiffenis en pleit tot die Heilige Gees vir gehoorsaamheid, kan jou sonde  jou nie van God skei nie.

Ten slotte: Waarom ons nie kan kompromeer nie.

Die stryd oor homoseksualiteit in die kerk gaan nie in die eerste plek oor homoseksuele mense nie, maar oor die gesag van die Woord. Die Bybel is baie duidelik dat homoseksualiteit ‘n gruwel  voor God is, en iets is waarvan ‘n mens jou moet bekeer. As ons dit sou minag, trek ons nie net die inspirasie van die Bybel in twyfel nie, ons verwerp ook die Bybel se gesag om sonde te definieer. As ons nie ‘n duidelike gesag het wat vir ons kan sê wat is sonde nie, hoe kan ons dan bewus word van ons eie sonde? En as ons nie bewus kan word van ons eie sonde nie, waarvoor het ons ‘n Verlosser nodig? Elke kerk wat ontken dat homoseksualiteit ‘n sonde is, verloën die evangelie en sal uiteindelik ook moet ontken dat Jesus die enigste weg na verlossing is. Hierdie saak steek dus na die hart van die evangelie. 

Vir die pro-gay drukgroep is verdraagsaamheid egter nie genoeg nie. Hulle wil hê almal moet homoseksualiteit vier as iets goed en positief. Enige iets minder is onaanvaarbaar, en hulle is bereid om die mag van die staat te gebruik om dit af te dwing. As vervolging ooit die kerk in die Westerse beskawing te beurt val, dan sal dit wees a.g.v. hierdie saak. Die kerk geboue sal nog staan, en daar sal openlike eredienste wees, maar die evangelie gaan jy nie daar kry nie.  Ons moet dus duidelikheid hê oor wat ons glo en hoekom ons dit glo, anders gaan ons nie staande bly as die aanslag kom nie, en die aanslag kom van binne die kerk.





Saturday, 2 March 2019

Dominee Tienie (2019) - 'n Kerk sonder Christus.

Vrywaring: Hierdie is 'n ressensie van die fliek "Dominee Tienie", en 'n anneliese van wat fout gegaan het in die kerk in die fliek. Dit is nie bedoel as 'n evaluering van die NG as geheel nie.

Agtergrond:
Die fliek handel oor die NG Kerk, wat voor 1994 as die de facto Staatskerk van Suid-Afrika gefunksioneer het. Dit was die grootste van die drie-suster kerke, die invloed van die kerk was sterk gevoel in die samelewing, en ampsdraers was gesiene mense in die bree samelewing. Na 1994 het die getalle van die NG kerk skerp gedaal. Die fliek handel oor die krisis wat die kerk tans beleef, veral gesien vanuit die oogpunt van ds Tienie, en die fliek stel 'n moontlike oplossing voor vir die kerk.

Probleem in die kerk : Afgewaterde evangelie
Die fliek spreek 'n hele aantal probleme aan in die kerk - meestal van dit is akkuraat: 'n dalende lidmaat getal, te veel druk op predikante, en lidmate se skeinheiligheid en liefdeloosheid. In die fliek kom daar egter 'n dieper probleem na vore - iets wat die fliekmakers waarskeinlik nie bedoel het nie: Die afwesigheid van Jesus Christus en die evangelie in die kerk.

Reg in die begin, vertel ds. Tienie hoe hy tot bekering gekom het. Dit was op 'n jeugkamp, en die jeugleier het gepraat van God wat lig en lewe is, en wat mense lei na die hemel. Hy praat ook van mense wat weg van God lewe, en wat hel toe gaan. Tienie het na die tyd na die leier toe gegaan, en gesê: hy wil "sy hart vir die Here gee". Daar het hulle gebid, en hy het gehuil oor sy sondes. Van daardie dag af wou hy predikant word en ander mense ook na God lei.

Alles goed en wel, maar daar is twee ernstige leemtes in hierdie getuienis. Die eerste, en die grootste, is dat die evangelie, wat die belangrikste deel is, verswyg is. Niks word genoem van Jesus en wat Hy gedoen het om sonde versoening te bewerkstellig nie. Ek praat onder korreksie, want ek het die fliek net een keer gesien, maar vir 'n fliek wat oor die kerk gaan is daar skokkend min oor Jesus en die evangelie gesê. Die enigste keer wat ek kan onthou dat daar iets van gesê is, is tydens die nagmaal formulier. Nooit word daar genoem dat Jesus Christus 'n geweldige prys betaal het aan die kruis om vir ons sondes te betaal nie. Daar word net genoem dat Tienie "Sy hart vir die Here gegee het" en "oor sy sondes gehuil het". Dit bring my by die twede punt:

Die ontkenning van die uitverkiesing. Dis nie God wat in sy almag en alwysheid vir Tienie uitgekies het voor die grondlegging van die aarde nie. Nee, Tienie het sy hart vir die Here gegee, oor sy sondes gehuil, en dit het die verhouding tussen hom en God herstel. Dit is ook nie die Heilige Gees wat mense tot geloof bring nie, nee dit is sy taak as predikant om "Mense te red".

Hierdie twee punte is 'n baie belangrike rede vir amper al die probleme wat hy gaan ervaar deur die res van die fliek.

Probleem in die kerk : Terugkeer na Roomse priesters en leke:
Halfpad deur die fliek kry ds Tienie visitasie van 'n mede leeraar om die probleem in sy gemeente aan te spreek: Die drastiese vermindering van gemeentelede. Later in die fliek sê ds Tienie dat die belydende lidmate oor 16 jaar geval het van 800 tot 150 mense.

Hierdie gesprek gee 'n insiggewende blik van waaroor dit werklik gaan vir die predikante. Daar word glad nie gepraat oor Jesus Christus, die evangelie of die suiwer verkondiging van die Woord nie. Inteendeel, vir die besoekende predikant gaan dit oor die verlies van aansien. Hy kla: vroeër het 'n getuigskrif vanaf die predikant baie beteken in die samelewing. Nou kom vra mense hom nie eers meer nie. Vir hom het dit dus nooit gegaan oor die evangelie nie, maar oor sy eie aansien in die gemeenskap. Om die saak te probeer beredder, neem hy nou klasse hoe om beter te kommunikeer en aan te pas by  'n "Post moderne samelewing". Die kerk moet dus by die samelewing aanpas om sy lidmate te behou. Een van die lesse wat hy geleer word is: "Dit is nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê." Ironies verskil dit ook nie veel van wat hy onthou van sy professors by die universiteit nie. Wanneer hy terugdink aan sy professors, onthou hy nie die Grieks, Hebreeus, Sistematiese teologie of eksegeuse nie, maar hoe die predikant hom op die preekstoel moet gedra. Die langdradige, dramatiese preekstyl wat soveel mense oor die jare frustreer het, is doelbewus by die kweekskool aangeleer.

Hierdie is natuurlik alles in skrille kontras met 1 Korintiërs 1-4, waarin Paulus juis uitdruklik beklemtoon dat niemand gered word op grond van wêreldwyse retoriese tegnieke nie, maar deur die suiwer verkondiging van die Woord en die inwerking van die Heilige Gees. Die apostels het nie met 'n spesiale preekstyl of slim redenasie tegnieke mense oorgehaal nie, hulle het met hulle allerdaagse stem gepraat oor wat Jesus gedoen het. Volgens die Bybel is dit dus juis nie hoe jy dit sê nie, maar wat jy sê. Baie van die mense wat God in die Bybel geroep het, het ook die verskoning gemaak dat hulle nie goed kan prat nie, tog het God juis hulle gekies.

Hierdie oordrewe aansien wat die predikante in die verlede ervaar het, gaan teen die grein van die kerk hervorming in. In die Roomse kerk  was daar onderskeid getref tussen die leke, en die priesters. Die leke is in die duister gehou, en hulle is afhanklik gemaak van die priesters, wat dan as tussengangers tussen die leke en God moes dien. Dit het die priesters dus geweldig baie mag en aansien onder die leke gegee. Die Bybel leer ons egter dat ons net een Hoëpriester het, en deur Hom het ons direkte toegang tot die Vader. Die kerkhervorming het dus die Bybel uit die hand van die priesters gevat, en dit in die hand van die gewone gelowige gesit. Dit is die verantwoordelikheid van elke lidmaat om die Bybel te bestudeer, en hom daarin te verdiep om so tot 'n dieper kennis van, en verhouding met God te kom. Die predikant is bloot net daar om leiding en onderrig te gee, maar hy het beslis nie 'n spesiale, ekskusiewe kontak met God nie. In die fliek het die situasie egter teruggekeer na die Roomse siening van 'n predikantskerk. Die lidmate verruil hulle verhouding met God met 'n verhouding met die predikant, en dan is dit asof dit die predikant se werk is om hulle in die hemel te kry. Die lidmate se Bybelkennis is maar skraal, en daar is geen betrokkenheid bymekaar nie: Die predikant moet alles vir almal wees, maar self leef die lidmate nes hulle wil. Dit lei dan ook daartoe dat die predikant sy gesin afskeep vir die gemeente. Ons sien iets hiervan in die klagtes van ds Tienie: Die emosionele rollercoaster van besoeke aan kanker passiente aan die eenkant, en dan die vreugde van pasgebore babas kort daarna.

Terloops - is dit die predikant se werk om siekes in die hospitaal te besoek? Ten eerste, omdat die siekes geestelik volwasse genoeg behoort te wees om self hulle smart na God te bring, en nie afhanklik te wees van 'n predikant om dit namens hulle te doen nie. Ten twede, is dit juis hiervoor wat diakens aangestel is, sodat die predikant se woordverkondiging nie skade lei omdat hy te besig is met die versorging van die gemeente se fisiese behoeftes nie. (Handelinge 6) Die primêre taak van die predikant is nie om mense in nood te besoek nie, maar om die Woord te verkondig, en dit vat baie van sy tyd om daarvoor voor te berei. Geen van sy ander pligte mag soveel tyd opneem dat dit inbreuk maak op hierdie plig nie. Die gemeentse moet self verantwoordelikheid neem om na mekaar se fisiese versorging om te sien, onder leiding van die diakens. As die predikant al die verantwoordelikhede van die gemeente oorneem, hoe kan daar dan 'n gemeenskap van die Heiliges wees?

Ons sien dus dat die predikante ooreis word, omdat die gemeente van hulle Roomse Priesters gemaak het, en hulle het dit toegelaat.

Probleem in die kerk: Gebrek aan Christelike dissipline
Voorheen kon predikante met gesag praat, want hulle kerke was vol, en hulle was gesiene mense in die samelewing. Maar toe loop die kerke leeg, en nou is die predikante verleë. Uit vrees dat hulle nog lidmate kan verloor, buig hulle nou agteroor om almal ter wille te wees. Vroeër was hulle 'n gesagsfiguur, nou is hulle 'n maatjie vir almal. Tot so 'n mate dat gemeentelede in die predikant se huis sy vrou kan beledig, sonder dat die predikant vrymoedigheid het om vir haar op te kom. Die belangrikste beginsel nou is om mense te behou, en daarvoor moet tog niemand aanstoot gegee word nie. Tog, se 1 Kor 1 dat die evangelie aanstootlik is vir die onbekeerde mens. Dit is die predikant se plig om die Woord suiwer en volledig te verkondig, selfs al gee dit aanstoot, en selfs al dryf dit mense weg. Dit is hoe God sy kerk suiwer.

Omdat die predikant geen aanstoot wil gee nie, is daar ook geen dissipline in die kerk meer nie. Die hoof ouderling het al twee keer geskei en drie keer getrou - die derde keer voor 'n magistraat - seker omdat die kerk hom nie weer wou trou nie. Hiervoor moes hy onder die kerklike tug geplaas word, maar tog is hy ouderling! Dit maak dan dat daar 'n siening in die kerk onstaan dat sonde nie so erg is nie, want ons almal is mos sondig. Daar word ook valslik in die Kerkraad genoem dat daar geen groot en klein sondes is nie, alhoewel die Here self sulke onderskeide getref het. Teks verse waarin Jesus die erns van selfs klein sondes beklemtoon het, word nou gebruik om groter sondes se erns te verklein.

Dit kom duidelik na vore waarin die predikant en die kerkraad toegestem het om 'n gay paar in die kerk te trou. Deur hierdie daad van ongehoorsaamheid, bereik die kerk 'n nuwe laagtepunt: Alhoewel dit waar is dat almal sondig is, is dit die kerk se taak om almal op te roep tot voordurende bekering, om oorlog te maak teen jou sondes en nie daaraan toe te gee nie. Kom soos jy is, ja, maar moenie bly soos jy is nie! Deur 'n gaypaar te trou, ontken die kerk in effek dat dit sonde is, en moedig hulle mense aan om in hulle sonde voort te leef. Dit het ernstige implikasies. As ons nie meer die Bybel kan vertrou om te sê wat is sonde nie, dan het ons ook nie meer 'n Verlosser nodig nie: Ons kan nie van sondes verlos word, as ons nie eers weet wat sonde is nie. Hierdie is nie maar net 'n bysaak nie, dit steek na die hart van die evangelie. Wie ookal gay verhoudings goedkeur, het nie meer 'n evangelie nie. Verder, as die Bybel nie meer vir ons kan sê wat is sonde nie, is daar ook geen rede waarom ons God nie kan dien soos ons wil nie: Of dit nou deur Buddisme, Islam of Hinduisme is. Die gay vraagstuk maak die deur tot afgodsdiens wawyd oop in die kerk. Dit gaan nie hier in die eerste plek oor die gay persoon nie, maar die gesag van God se Woord.

Ironies genoeg, selfs nadat die kerkraad hierdie toegewing gemaak het, kon hulle steeds nie die lidmate behou wat dit geëis het nie.

Probleem in die kerk: Arminiaanse Geloof
Een van die grondbeginsels van die kerkhervorming is die leer van die uitverkiesing: Die mens is dood in die sonde, en sy wil is aan boosheid verslaaf, sodat hy nie na God toe kan kom nie, tensy God sy hart vernuwe. God red dan wie Hy wil deur Jesus Christus - nie net deurdat Hy hulle sondeskuld wegneem nie, maar ook deurdat Hy vir hulle die geloof gee, asook 'n gehoorsame hart om die wil van die Vader te doen. Alle goeie werke word as die vrug van die Gees beskou, en dien as bevestiging van die redding wat God gee uit louter genade, sonder enige aandeel van die mens in sy verlossing. Goeie werke is die gevolg van verlossing, nie die oorsaak daarvan nie.

Dit is wat dit beteken om Gereformeerd te wees. Ongelukkig weet baie NG lidmate nie eers van hierdie leer nie, en daarom het hulle 'n Arminiaanse geloof: God self red niemand nie, maar uit sy genade maak Hy verlossing bloot beskikbaar en wil graag hê almal moet gered word. Hy kan egter niemand red nie, tensy mense uit hulle eie wil hierdie aanbod aanvaar en uit hulle eie uit tot geloof kom. M.a.w, dit is nie God wat die mense tot bekering bring nie, dit is die mens wat sy hart vir God gee. Goeie werke moet dan ook uit hierdie geloof te voorskein kom - want die Bybel sê 'n geloof sonder dade is dood (Jakobus) Tog, as die geloof uit jou eie wil is, dan is die goeie werke ook uit jou eie wil, en dan kan jy nie regtig meer glo aan "Sola Gratia" nie. Al bely jy dit nog met die mond, in die praktyk glo jy tog jy het 'n aandeel in jou eie verlossing. Tydens die kerk hervorming was daar nooit 'n vraag oor die noodsaaklikheid van genade nie, maar wel oor die genoegsaamheid daarvan.

Tienie wou predikant word, want hy wou mense lei na God toe. Later in die fliek, toe iemand vir hom sê: "Jy kan nie almal red nie", antwoord hy: "Red ek enigsinds enige iemand?" Dit dui daarop dat Tienie a fundimentele misverstaan van sy roeping het, want ons is nie geroep om mense te red nie, en self kan ons ook niemand red nie. Ons is bloot net geroep om die evangelie te verkondig. As ons dit op 'n suiwer en volledige manier doen, dan word God verheerlik, of mense ons nou glo of nie: As mense glo, word God verheerlik deur die openbaring van sy genade - deurdat Hy 'n verrotte mens wat dood is in sy sonde uit daardie dood laat opstaan, en hom wedergeboorte skenk. Indien nie, word God verheerlik deurdat daardie mens sy verdiende straf sal ontvang wat hy deur sy eie rebelsheid oor homself gebring het. Ons is bloot net die boodskapper wat die Koning se boodskap volledig moet oordra. Dit is die Heilige Gees wat mense oortuig en red.

Daar kan egter nie so siening in 'n Arminiaanse beskouing bestaan nie. Omdat geloof die resultaat van die menselike vrye wil is, is dit dus die predikant se verantwoordelikheid om die evangelie op so manier aan te bied sodat dit die meeste mense sal oortuig. Dit is dus die vaardigheid van die predikant, nie die Heilige Gees nie, wat die kerk vol hou. Dit plaas die predikant onder geweldige druk, en daarom sal hy selfs aan God se Woord verander (Soos met homoseksualiteit), net solank mense nie die kerk verlaat nie.

'n Onvolhoubare Oplossing. 
Die fliek bied 'n oplossing vir die kerk aan, maar, alhoewel dit bedoel was om 'n goeie einde te wees, is dit eintlik die mees tragieste deel van die hele fliek!

Dominee Tienie kom tot die slotsom dat die kerk se probleem is dat mense onbetrokke is in hulle gemeenskap. Hulle leef midde in nood, maar is nie deel van die oplossing nie, en daarom verloor die kerk lidmate. Daar is 'n mate van waarheid in: 'n Kerk wat nie betrokke is in sy gemeenskap nie - of liewer - 'n gelowige wat nie betrokke is in sy gemeenskap nie - is nie 'n ware gelowige nie.

Die probleem is egter die preek. As Gereformeerdes is ons geleer dat 'n preek wat nie oor Christus se verlossingswerk gaan nie, is nie 'n preek nie. Dit maak nie saak oor watter gedeelte jy preek nie, as jy dit nie deurtrek na Christus - in wie die hele skrif sy vervulling kry nie - het jy nie gepreek nie. Christus moet in die voorgrond verskein in die prediking, die Predikant moet verdwyn in die agtergrond.

Die tema van ds Tienie se preek was "Wie is ek?". Nie "Wie is ek in Christus?" nie, net "Wie is ek?". Ds. Tienie se antwoord op die kerk se probleem is dat mense na mekaar se ervarings moet luister. Sy hele preek het bestaan uit die oorvertel van sy eie ervarings, eerder as om skrif eksegeuse en onderig uit die skrif te doen. 'n Kapstok versie is daaraan geheg om dit die fasade van skrifgebondenheid te gee. Daar was geen woord oor Jesus en die verlossing wat Hy gebring het nie. Nee, ds Tienie se persoonlike ervaring moet dien as die motivering vir die gemeente om betrokke te raak.

Stel jouself voor dat Paulus so brief aan die gemeentes sou stuur! In al Paulus se briewe spandeer hy die eerste twee derdes tot drie kwart op wat God vir ons gedoen het. Die laaste stukkie van sy brief verduidelik hy dan hoe ons met goeie werke in dankbaarheid moet antwoord. Dit is amper 'n nagedagte in sy briewe, amper asof dit onnodig is om enigsinds te noem. Die rede hiervoor is eenvouding: As jy werklik besef hoe groot jou nood voor God was, en hoe groot God se genade was om jou daarvan te red, sal jy nie anders kan as om uit dankbaarheid vir God te wil leef nie. As jy dit egter nie glo nie, is jou goeie werke nutteloos aangesien dit gronde word vir selfregverdiging. Niks hievan kom na vore in ds Tienie se preek nie. Nee, dit gaan oor wie ek kies om te wees: Gaan ek myself in vrees isoleer, of gaan ek 'n goeie en betrokke mens wees? Niks van die Heilige Gees wat my 'n nuwe skepsel maak nie, nee, dis net my eie keuse.

Die fliek eindig met die gemeente wat dan uitgaan ek kos aan hawelose mense gee. Tog lyk dit asof die enigste hulp wat verleen word,  fisiese hulp is. Die mense word net kos gegee, maar daar is geen oproep tot bekering nie, geen verkondiging van God se toorn oor die sonde nie, en geen verkondiging van God se verlossing deur Jesus Christus nie. Daar kan dus geen verandering in die mense se lewens kom nie, en hulle sal dan bly terugkom om te teer op die kerk. Hulle gaan nie die mense se goeie voorbeeld raaksien en wonder waarom hulle dit doen nie, maar gaan eerder geregtig voel op die hulp van die kerk, sonder om enigsinds verantwoordelikheid vir hulleself te aanvaar. Omdat die mense wat die werk doen dit uit suiwer humanistiese oorwegings doen, eerder  as, uit deur en tot 'n suiwer verstaan van die evangelie, gaan hierdie aksie ook nie volhoubaar wees nie. Mense se goeie bedoelings gaan ontnugter word deur die lelike werklikheid van die mens se verrotte natuur, en in die proses seer kry en juis vervreem raak van die kerk - omdat hulle goeie dade verkeerd gemotiveerd was.

Gevolgtrekking: Wat is die ware oplossing?
Die ware oplossing vir die kerk is 'n terugkeer na die evangelie as middelpunt van die kerk se bestaan: Die evangelie wat 'n oorwinningsreuk is vir die wat gered word, en 'n doodsreuk is vir die wat verlore gaan. Die volle Woord van God moet verkondig word, selfs al gee dit aanstoot, en selfs al verloor die kerk nog 90% van sy lidmate. As Jesus self gesê het die wat gered word is min, waarom ontstel dit ons as kerke leegloop? Solank dit is omdat die evangelie suiwer verkondig word en nie omdat die kerk sy boodskap verloor het nie, behoort dit ons nie te onstel nie.

Predikante moet herbesin oor waarom hulle predikante is: Is dit om priesterlike mag en aansien te geniet? Is dit om uit eie oortuigingsvermoeë mense te wil red? Is dit om 'n vet salaris te kry teen die einde van die maand? Of is dit om God te verheerlik deur die suiwer verkondiging van die Woord? Slegs laasgenoemde sal maak dat predikante nie uitbrand nie, want slegs laasgenoemde word nie uit eie krag of insig gedoen nie.

Gemeentes moet besef dat predikante nie hulle middelaar tot God is nie. Hulle is nie daar om jou te bedien in elke moontlike situasie nie, maar is daar om die Woord te verkondig. Gemeentes moet besef elkeen is self verantwoordelik om hulleself in die Woord te verdiep en hulle verhouding met God te bou. Niemand gaan eendag hulle voor God kan verondskuldig deur te sê "maar die dominee het sus of so gesê  nie", want jy het toegang tot die Bybel self, en God gaan jou daarvoor verantwoordelik hou. Die dominee is nie jou priester of tussenganger na God nie, jy self het direkte toegang tot God deur Jesus Christus. Voorts gaan gemeentes moet besef dat ons saamkom in 'n kerk gebou om as 'n dienende gemeenskap te funksioneer. Jy is nie daar om bedien te word nie, maar om jou medegelowiges te bedien. Baie van die verantwoordelikhede wat ons op die predikante aflaai, is eintlik die verantwoordelikheid van gementelede self.

Daar is inderdaad 'n ernstige nood in die kerk. Die feit dat daar 'n fliek gemaak is oor die nood in die kerk, waarin ernstige sonde goed gekeur word, die evangelie nooit verkondig word nie, en Jesus se naam amper glad nie genoem word nie, is 'n teken van die ware nood in die kerk. Die dalende getalle is is 'n bysaak.

Tuesday, 2 October 2018

Die genoegsaamheid van die Woord / Sola Scriptura




Hoekom die Bybel?

Voor mens die vraag “Is die Bybel genoegsaam?” kan beantwoord, moet jy eers stilstaan by “Hoekom die Bybel?”  Hoekom nie net die Joodse Tanakh nie? Of Hoekom nie die Islamitiese “Koran” of die Mormoonse “Pearl of Great Price” nie?

Om die vraag te antwoord, moet ons eers kyk na wat die kern van die Bybel se boodskap is, en dan te vra of dit betroubaar en waar is.

Die kern van die Bybel se boodskap gaan kry ons in 1 Kor 15: 3-8
Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

En ook vers 14, 17-19

En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.
En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

Waarop kom dit neer?

  • As Noag se ark maar net ‘n mite was, maar Jesus het wel uit die dood opgestaan, is die Christelike geloof waar.
  • As God deur middel van Evolusie geskep het, maar Jesus het wel uit die dood opgestaan, is die Christelike geloof waar.
  • As God die wêreld 6000 jaar gelede gemaak het in 7, 24 uur dae, en die hele wêreld is oorspoel in Noag se vloed, tot die top punt van Mount Everest, maar Jesus het nie uit die dood opgestaan nie, is die Christelike geloof vals.   

Alles in die Bybel staan of val dus op een punt: Het Christus uit die dood opgestaan? Indien nie, is die hele Bybel nutteloos, en kan ons die boek maar afskryf as mites en legendes. Indien wel, dan kan die hele Bybel sonder voorbehoud aanvaar word, want Jesus het die hele Tanakh as Woord van God aanvaar, en Hy self het die Apostels gestuur wat uiteindelik die Nuwe Testament geskryf het.

Alle godsdienste gaan uiteindelik oor wat een of ander persoon gesê het. Die Christelike godsdiens gaan egter nie in die eerste plek oor wat Jesus gesê het nie, maar oor wat Hy gedoen het. As Jesus nie uit die dood uit opgestaan het nie, was Hy of ‘n leunaar of a mal mens, en was sy boodskap sonder inhoud. As Hy wel opgestaan het, is dit bewys dat Hy was wie Hy beweer het om te wees- die Seun van God – en dan dra sy Woorde ook Goddelike gesag - insluitend waar Hy sê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." - Johannes 14:6

As ons dan met ongelowiges oor die Bybel praat, moenie dat hulle die aandag aftrek met dinge wat ons nie kan bewys nie, soos om oor die fisiese en wetenskaplike probleme van die sondvloed te praat nie. Gaan reguit na die hart van die boodskap – Soos Paulus ook se in 1 Kor 2:1-2:
Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.

Is die Bybel se boodskap betroubaar oorgedra deur die eeue?

Ons weet nou wat die kern van die Bybel se boodskap is, kan ons onsself afvra: Is dit waar? Het ons rede om dit te glo? Hierdie vraag kan in twee verdeel word:
  • Hoe weet ons dat dit die Nuwe Testament wat ons vandag het, is ‘n akkurate weergawe van wat die Apostels geskryf het?
  • Hoe weet ons dat dit wat die apostels geskryf het, waar is?


Is die Nuwe Testament vandag ‘n akkurate weergawe van wat oorspronklik geskryf is?


(Erkenning : https://visualunit.me/2018/01/14/the-reliability-of-the-new-testament-revised)

  • Nie net het ons meer hand geskrewe kopieë (van papirus fragmente tot volledige kodekse) van die Nuwe Testament as van al die klassieke werke saam nie, die vroegste kopië van die NT dateer nader aan die oorspronklike kopie as eenige ander klassieke geskrif.
  •  Die vroeë kerk het geen sentrale gesag gehad wat die teks van die NT beheer het nie. Individuele gemeentes het afskrifte van die NT gemaak (en nie net een op ‘n slag nie) en versprei. Enige doelbewuste verandering sou dus onmiddelik merkbaar wees.
  • Daar is 400 000 variasies in die teks van die NT. (Daar is slegs 138 000 woorde in die Griekse NT)
  •  99% van hierdie variasies het egter geen impak op die betekenis van die teks nie (Spelling, gramatika foute wat net relevant is in die Griekse taal, en wat nie eers vertaal kan word nie.
  • Van die 4000 variasies wat oorbly, is slegs helfte lewensvatbaar. (Bv – ‘n unieke variasie wat slegs in een dokument van 1200 nC voorkom – kan onmoontlik nie die oorspronklike bewording weerspieel nie.
  • Met die oorblywende 1500, kan ons met redelike sekerheid sê watter variasie is die waarskeinlikste deur die wetenskap van “Skrif kritiek” – juis omdat ons so baie manuskrifte het wat ons met mekaar kan vergelyk.

Vir meer oor hierdie onderwerp, sien asb. dr James White se praatjie oor die betroubaarheid van die Nuwe Testament teks:



Dan is daar ook nog die geskrifte van die Kerk Vaders, wat ruim uit die Nuwe Testament aangehaal het. Daar word gesê dat mens amper die hele Nuwe Testament kan saamstel uit die aanhalings van die kerk vaders.

Daar is dus nie ‘n vraagteken oor die betroubaarheid van die oordrag van die teks deur die eeue nie  - die NT is besonder betroubaar aan ons oorgedra.

Die twede vraag is dan: Kan ons die inhoud van die NT vertrou?


As ek na jou toe kom met ‘n waarheids aanspraak, dan is daar een van 4 moontlikhede.
  • Ek vertel jou iets waarin ek vas glo, maar waarvan ek geen bewys kan lewer nie, en waarvan ek self geen getuie van was nie.
  • Ek vertel jou iets wat ek werklik gesien het, maar ek het gehallusineer, en kon nie die werklikheid onderskei van die droom nie
  • Ek is doelbewus besig om te lieg.
  •  Ek praat die waarheid.

Ons kan hierdie kriteria gebruik om die waarheidaansprake van enige godsdiens te evalueer. Hoe weeg die apostels op?

Die apostels het nie blood net geglo in Jesus nie, hulle was ooggetuies.

Ons het heelwat interne bewyse dat die teks van die NT geskryf is deur eerste en twede handse ooggetuies:

Lukas 1:1-4

Hooggeagte Teofilus!
Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.

Johannes 1:14

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

Handelinge 1:21

 “Daar moet dus nog 'n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.”

1 Korintiers 15:5-8

Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

2 Petrus 1:16-18

Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.” Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was.

1 Johannes 1:1-4

Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.

Ook was die eerste hoorders van die evangelie ooggetuies. Met Petrus se eerste preek sê Hy die volgende: (Hand 2:22-24)

“Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self. God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.”

Petrus beroep hom dus op dinge wat die skare self gesien het, waaraan hulle deelgeneem het, en heeltemaal bewus van was. Op grond van hierdie getuienis, lees ons in vers 41:

Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg.

Dit is 3000 mense wat dus ooggetuies was van groot dele van Jesus se bediening, en wat by die kruisiging van Jesus betrokke was!

Die Apostels het nie gehallusineer nie.

In Lukas 24:26-42 lees ons:

Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien 'n gees. Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel in julle harte? Kyk na my hande en my voete: dit is tog Ek self. Voel aan My en kyk! 'n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.” Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete. Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?” Hulle gee Hom toe 'n stuk gebakte vis. Hy het dit gevat en voor hulle oë geëet.

Hieruit is dit duidelik dat al die apostels saam dieselfde gebeurtenis gesien het. ‘n Hallusinasie is die produk van mens se eie verbeelding. Dieselfde mense kan nie dieselfde hallusinasie op dieselfde tydstip deel nie.

Maar Lukas is self nie ‘n ooggetuie nie. Het Hy nie dalk hierdie verhaal opgemaak nie?

  • Lukas skryf dat Jesus die vernietiging van Jerusalem voorspel het, maar noem die die vervulling van die profesie nie. Dit dui daarop dat Lukas se evangelie voor 70 nC geskryf is, binne die leeftyd van die apostels. Die storie sou dus nie sonder die goedkeuring van die apostels self versprei kon word nie.
  •  Al 4 evangelies getuig daarvan dat die Dissipels as ‘n groep vir Jesus na sy dood gesien het.
  •   Matteus en Johannes was dissipels van Jesus, en Markus was – volgens die kerkvaders – die skrywer van Petrus, wat ook ‘n apostel was.

Die Apostels het nie doelbewus gelieg nie.

Ons lees van verskriklike vervolging wat die Apostels deur gegaan het.

Handelinge 5:40-42

Hulle het die apostels ingeroep, hulle laat slaan en hulle belet om weer in die Naam van Jesus te praat. Daarna het hulle hulle losgelaat.
Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly. En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in die tempel en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie.

2 Korintiers 11:22-27

Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek 'n dag en 'n nag in die oop see deurgebring.
Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue.

So, wat daarvan? Baie mense van verskillende godsdienste was al bereid om vir hulle geloof te ly en selfs te sterf. Wat maak die apostels so anders?

Die Apostels het nie hierdie lyding verduur blood op grond van hulle geloof nie, maar op grond van hulle aanspraak dat hulle ooggetuies is. As jy in iets glo, kan jy dit verkondig en daarvoor ly, sonder om te weet dat dit eintlik vals is. As jy egter beweer jy het iets gesien, en jy het nie, dan is daar geen manier dat jy nie bewus is daarvan nie.

Wanneer mense lieg, doen hulle dit omdat hulle dink hulle kan iets daaruit kry. Die Apostels, en veral Paulus, het alles verloor ter wille van die Evangelie. Amper almal is gemartel, en het ‘n marteldood gesterf, en al wat nodig was om die lyding te laat stop, was om te erken dat Jesus se opstanding maar net ‘n versinsel was. Tog het nie een van hulle dit gedoen nie. Dit dui daarop dat hulle werklik oortuig was van hulle saak, en dat hulle werklik die opstanding gesien het. Een mens mag dalk mal genoeg wees om doelbewus vir ‘n leun te ly, maar al die dissipels?

Gevolgtrekking:

Met al die ander moontlikhede uit die weg geruim, bly daar slegs een laaste moontlikheid oor: Jesus het werklik uit die dood uit opgestaan. Geen ander Godsdiens se waarheidsaanspraak staan op so ‘n robuuste fondament soos die van die Bybel nie.

Dis egter nie al nie.

Die Christelike geloof het ontsettend vinnig versprei vanaf die uitstorting van die Heilige Gees. Dit kon nie ongesiend verby gaan nie – nie by die Jode nie, en ook nie by die Heidene nie. Ons het ‘n hele paar kontemporere Jode en heidene wat oor die oorsprong van die Christelike geloof skryf, en nie een van hulle gee vir ons ‘n moontlike alternatiewe verklaring van hoe die Christelike geloof tot stand gekom het nie. Josephus is veral opmerklik: ‘n Jood wat een geslag later geleef het, en wat toegang gehad het tot die Joodse rabbis en geskrifte. Die Jode was die Christene vyandig gesind, en as daar ‘n alternatiewe ontstaansgeskiedenis van die kerk was, sou hulle beslis wou seker maak dat die Wêreld daarvan weet. Tog is daar niks in Josephus of die Talmud wat ons enige rede tot twyfel gee nie.

Dan is daar nog die Profesieë in die Joodse Tanakh oor die Mesies – die mees duidelikste daarvan is in Jesaja 52:13-53:13:

My dienaar sal voorspoedig wees.
Hy sal hoog in aansien wees, hy sal baie eer ontvang.
Baie mense was ontsteld oor hom,
hy was so misvormd
dat hy nie meer soos 'n mens gelyk het nie,
nie meer die voorkoms van 'n mens gehad het nie.
Maar hy gaan baie nasies laat opspring van verbasing.
Konings sal sprakeloos wees oor hom,
want hulle sal iets sien wat nie aan hulle vertel is nie,
hulle sal iets te wete kom
wat hulle nog nooit gehoor het nie.
Wie sal ons glo as ons hiervan vertel?
Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit,
soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.
Hy het nie skoonheid of prag gehad
dat ons na hom sou kyk nie,
nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
Hy was verag en deur die mense verstoot,
'n man van lyding wat pyn geken het,
iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.
Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
Tog het hy óns lyding op hom geneem,
óns siektes het hy gedra.
Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,
wat deur God geslaan en gepynig word.
Oor óns oortredings is hy deurboor,
oor óns sondes is hy verbrysel;
die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,
deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons het almal gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop,
maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly,
hy het nie gekla nie.
Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word
en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word,
het hy nie gekla nie.
Terwyl hy gely het en gestraf is,
is hy weggeneem,
en wie van sy mense het dit ter harte geneem
dat hy afgesny is uit die land van die lewendes?
Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
Hy het 'n graf gekry by goddeloses,
hy was by sondaars in sy dood
al het hy geen misdaad gepleeg nie
en al was hy nooit vals nie.
Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel,
om hom die pyn te laat ly.
As hy sy lewe as skuldoffer gee,
sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe,
deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.
Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien
en hy sal die Here ken.
My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak:
hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Daarom gee Ek hom 'n ereplek onder die grotes.
Hy sal saam met magtiges die oorwinning vier
omdat hy hom in die dood oorgegee het
en as misdadiger beskou is,
omdat hy die sondes van baie op hom geneem het
en vir oortreders gebid het.
Daar het jy die geregtigheid van die Messias, sy onregverdige lyding, die rede vir sy lyding, asook sy dood, en opstanding uit die dood, en sy komende heerskappy, - alles 600 jaar voor Christus neergeskryf!

Sola Scriptura


Nou dat ons die betroubaarheid van die opstanding bevestig het – wat die kern van die Bybel se boodskap is, kan ons verder gaan om die vraag te antwoord: “Leer die Bybel Sola Scriptura?”
‘n Oppervlakkige lees van die Bybel mag die indruk gee dat die Bybel alleen nie voldoende is nie, en dat God ook deur spesiale openbaring deur profete met mense praat, en daar was inderdaad ook ‘n tyd dat dit die geval was. Baie mense doen dan vandag nog hulleself voor as profete wat openbaringe direk van God ontvang. Daar is egter streng toetse waaraan ‘n profeet moet voldoen
Deuteronomium 18:20-22 sê

‘n Profeet wat hom aanmatig om in my naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook vir ‘n profeet wat in die naam van ander gode praat. Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie? – moet jy weet: as ‘n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die prfeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”

Met ander woorde, as ‘n profeet ‘n voorspelling maak sonder om dit terug te trek, en dit kom nie uit nie, is hy ‘n vals profeet. Hierdie teksvers ontbloot al reeds heelwat moderne profete vir wat hulle werklik is: valse profete wat woorde in die mond van God plaas – a geweldige sonde waarvoor elkeen van hulle eendag sal moet rekenskap gee.

Maar gestel die profeet se voorspelling kom wel uit? Dan is hy steeds nie vry van kritiek nie. In Deuternomium 13:1-4 staan daar:

Wanneer ‘n profeet of iemand wat drome uitlê by jou kom en vir jou vertel van ‘n teken of ‘n wonder, en die teken kom uit of die wonder vind plaas soos hy gesê het, en hy dan op grond daarvan vir jou sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode al het jy hulle nie vroeër geken nie, al het ons hulle vroeêr nie gedien nie, moet jy nie na hom luister nie. Die Here jou God stel jou net op die proef om vas te stel of jy Hom liefhet met hart en siel. Jy moet getrou bly aan die Here jou God en Hom eer, jy moet sy gebooie gehoorsaam en na sy bevele luister, jy moet Hom dien en aanhang.

Dit wys natuurlik terug op die eerste gebod: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die land van slawerny bevry het. Jy mag naas my geen ander gode hê nie”. Met ander woorde, wat ookal ‘n profeet sê of voorspel – al kom sy voorspellings ook uit – as sy woorde in konflik is met dit wat God reeds in die skrifte openbaar het nie, is hy ook ‘n valse profeet.

‘n Ware profeet stel ook nie homself aan of tree op as profeet uit eie keuse nie. Nee, God self het mense vooraf bestem om as profete op te tree, soms selfs teen hulle eie wil.

Jeremia 1:4-10

Die woord van die Here het tot my gekom:
Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
“Ag, Here my God,” het ek geantwoord, “ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
Toe sê die Here vir my:
“Jy moenie sê ‘Ek is te jonk’ nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die HERE gesê het.”
Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gelê. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, to bou en te vestig.

Jesaja 6:1-8

In die tyd van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed he die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee st voete, en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.”
Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”
Een van die serafs het toe ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, en jou sondes versoen.”
Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het gesê: “Hier is ek! Stuur my!”

Maar wat sê die Nuwe Testament oor profete?

In Matteus 5:17 sê Jesus:

“MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”

Hierin is dit duidelik dat volgens Jesus he alle profete wat Hom vooraf gegaan het, na Hom toe gewys, en dus kry hulle hulle vervulling in Hom. As die profete vervul is in Jesus, dan beteken dit tog dat daar nie nut is vir nog profete na Jesus nie. Inderdaad, volgens Hebreërs 1:12:

“In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.”

Dit lyk dus duidelik uit die Nuwe Testament dat God nie meer met ons deur profete praat nie, omdat Hy reeds sy finale openbaring in Jesus gegee het. Maar hoe kan ons vandag – 2000 jaar later iets weet van hierdie laate openbaring van God? Deur die Apostels wat Jesus aangestel het om van Hom te getuig.

In Handelinge 1 :21 gee Petrus die vereistes van ‘n Apostel:

“Daar moet dus nog 'n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.”

‘n Apostel is dus per definisie ‘n ooggetuie van Jesus, en dus kan daar geen moderne apostels wees soos in die Mormoonse kerk nie. Hierdie Apostels was nie net oog getuies van Jesus nie, maar hulle bereidwilligheid om te ly en selfs te sterf vir hulle getuienis bevestig hulle geloofwaardigheid. Die Nuwe Testament is dan ook deur hulle, of mense wat hulle persoonlik geken het, geskryf: Matteus en Johannes was Apostels, Markus die skrywer van Petrus, en Lukas die reisgenoot van Paulus.
Petrus skryf:

“Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien.” – 2 Petrus 1:16

Johannes skryf:

“Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê” – 1 Johannes 1:1-3

Lukas skryf:

“Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om 'n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.” – Lukas 1:1-4

Die Nuwe Testament is dus nie legendes en mites wat oor honderde jare ontwikkel het nie, maar is eerste en twedehandse getuienis, wat dit baie betroubaar maak. Maar meer as dit, die Apostels self het hierdie geskrifte as gesaghebbend beskou, op die selfde vlak as die ou testament.

Paulus skryf in 1 Timoteus 3:14-15

“Ek skryf hierdie dinge aan jou, hoewel ek hop om gou na jou toe te kom. Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.”

Die Roomse kerk hou daarvan om hierdie vers te gebruik om aan hulle kerk gesag te gee, maar lees die eintlike doel van die vers mis: Paulus beskou sy brief as gesagvol vir die kerk, en die kerk word dus gedefinieer deur die mense wat hulle aan sy geskrifte hou. In 2 Timoteus 3:16-17, herhaal Paulus dan ook die genoegsaamheid van die skrif:        
       
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

Merk op dat Paulus sê dat die Skrif volkome of genoegsame voorbereiding is vir elke goeie werk. Daar is dus geen ekstra openbaringe nodig nie.

Paulus stel dit selfs nog sterker in Galasiers 1:8-9

“Maar al sou een van ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref!”

Dit alles dien as bevestiging van Hebreers 1 en Matteus 5:17 wat sê dat Jesus God se laaste openbaring is, en dat daar geen verdere profesieë verwag moet word, buiten dit wat die Apostels aan ons openbaar in die skrif nie.

Drie moontlike besware


Maar nou kan daar drie besware geopper word.

  • Wat van Paulus? Die grootste deel van die Nuwe Testament is deur hom geskryf, en tog wil dit voorkom of hy nie aan die vereiste van Handelinge 1 voldoen nie: Hy was nie van die begin af saam met Jesus nie, en het eers na sy hemelvaart tot geloof gekom


Ons moet egter onthou dat Paulus deur Jesus Christus self as Apostel aangestel is (Handelinge 9 en Galasiers 1-2) Iemand mag dalk sê dat hierdie twee geskrifte deur Paulus self, en Paulus se reisgenoot, Lukas, geskryf is, en dus is die getuienis ongeldig. Daarom is dit so waardevol dat ons van Petrus erkening kry van Paulus se gesag in 2 Petrus 3:15-16

“En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe. Hy skryf dit ook in al sy briewe waarin hy oor hierdie saak handel. Daar is dinge in sy briewe wat moeilik is om te verstaan. Oningeligte en onstandvastige mense gee daaraan ‘n verkeerde uitleg, soos hulle trouens ook doen met die res van die Skrif, en dit tot hulle eie ondergang.”

Omdat Petrus een van Jesus se naaste 3 apostels was, spreek sy erkenning van Paulus se gesag alle teespraak uit. En indien iemand dink dat hy op ‘n soortgelyke manier as Paulus ‘n apostel kan word, het Paulus self ook daardie moontlikheid uitgesluit:

“Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.” 1 Korintiers 15:8

Paulus beskou homself dus as die laaste apostel.

  • Die twede beswaar is die profeet Agabus, wat tweekeer in Handelinge genoem word (Handelinge 11:28, Handelinge 21:10), asook die verwysing na profete in 1 Korintieers 14. Hierdie profete het almal na Jesus opgetree.


Eerstens is dit belangrik om in ag te neem dat nie alles wat in die vroeë kerk gebeur het, normatief is nie. Daar was byvoorbeeld baie wonders en tekens aan die begin van die kerk se geskiedenis, wat afgeneem het namate die gemeentes gevestig geraak het. Byvoorbeeld, In Handelinge 5:15-16 lees ons:

Die mense het selfs siekes op straat uitgedra en hulle daar op draagbare en beddens neergesit sodat, as Petrus daar verbygaan, al is dit maar net sy skaduwee op party van hulle kon val. Daar het ook baie mense van die dorpe in die omgewing van Jerusalem af gekom en siekes gebring en mense wat onder onrein geeste gely het. Hulle is almal gesond gemaak.

Hier is die kerk nog bloedjonk, en hoofsaaklik nog beperk tot Jerusalem. Daar is nog geen Nuwe Testament geskryf nie, en die wonders en tekens moet dien as bewys dat die Apostels met goddelike gesag praat.

Kyk ons na ‘n brief teen die einde van Paulus se lewe, 2 Timoteus 4:20, sien ons Paulus moes vir Trofimus siek agterlaat. Duidelik was die genesing van siekes dus nie ‘n universieële kenmerk van die kerk nie, maar was tydelike tekens in die vestiging van die kerk.

Net so is die verwysing na de profeet Agabus redelik vroeg in die kerk geskiedenis, nog voor dat daar ‘n geskrewe Nuwe Testament was. 1 Korintiërs is ook een van die vroegste briewe van die Nuwe Testament, en ons kan dit ook raaksien in al wondergawes waarna die brief verwys. 2 Timoteus en Hebreers is egter latere briewe wat geskryf in vir mense wat reeds lank gelowig is, in in die briewe word gesê dat die Skrif die voldoende openbaring, en Jesus die laaste openbaring van God is. Ons het dus heelwat rede om te glo dat Agabus een van die laaste profete was.

  • Laastens is daar 1 Korintiërs 12:28 waarin Paulus skryf:


En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars;

Dit blyk of hier ‘n rangorde van gesag is, waarin predikers derde staan na apostels en profete. Hierdie gedagte word ook herhaal in Effesiërs 4:11  
    
En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.

Sommige mense wil hierdie tekste gebruik as verdediging vir die voortsetting van die amp van Apostel en Profeet in die kerk. Hierdie tekste moet egter in verstaan word in die lig van wat reeds bespreek is.

Dit is so dat Apostels die hoogste aardse gesag in die kerk is, so waar is hulle dan? Let mooi op Jesus se laaste woorde aan die Apostels: “Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Let op – hierdie opdrag is spesifiek gerig aan die apostels, en tog het die Apostels net ‘n klein gedeelte van die wêreld bereik in hulle leeftyd. Hulle is agter steeds vandag besig om hierdie opdrag uit te voer en te voltooi deur middel van die geskrifte wat hulle agter gelaat het, naamlik die Nuwe Testament. Deur die Nuwe Testament is die Apostels die getuienis van Jesus wat tot aan die uithoeke van die wêreld gegaan het.

Net so het ons ook die woorde van die Profete vandag in die kerk in die vorm van die Bybelboeke Jesaja, Jeremia, Esegiël, ens. Dis waarom die gesag van die leeraar ondergeskik is aan die van die Bybel, want die Bybel bevat die woorde van die Apostels en Profete
.
Daar is dus geen rede om te dink hierdie verse sê dat daar altyd nuwe profete en apostels in die kerk moet wees nie, omdat ons reeds die Apostels en Profete met ons het in die Bybel.

Hiermee is dit dus duidelik dat die Bybel die enigste en genoegsame finale gesag in die kerk is, en die Heilige Gees nie sonder of buite om die Woord met ons praat nie.

'n Paar laaste opmerkings


Die vroegste Christelike geskrif wat ons het na die Nuwe Testament, is die brief van 1 Clement. Dit dateer erens tussen  80-140 nC, en die styl daarvan verskil duidelik van die van die Bybel: Waar die Apostoliese briewe dikwels vanuit ‘n posisie van gesag praat, sien ons die 1 Clement bestaan hoofsaaklik uit aanhalings uit die Nuwe Testament. Daaruit is dit duidelik dat die skrywer nie soos die Apostels sy saak berus op eie gesag nie, maar dat hy sy saak vanuit apostoliese briewe begrond. Dit is ‘n duidelike bewys hoe daar van die begin af onderskei was tussen apostoliese gesag, en gewone herderlike gesag.

Twedens is daar vandag ‘n populêre mite dat die boeke van die Nuwe Testament eers by die Sinde van Nicaea vas gemaak is. Die Sinode van Nicaea het niks te met die samestelling van die kanon te doen gehad nie, maar was eerder gemik teen die dwaalleer van Arius. Volgens hierdie leer was Jesus nie self God nie, maar bloot ‘n skepsel van God. Dis waarom die Niciaanse Geloofsbeleidens dus ooreenkom met die Apostoliese geloofsbeleidenis, maar met ekstra klem op die identiteit van Jesus.