Hierdie pos is in reaksie teen mense wat Sagaria gebruik om te bewys dat die Bybel 'n duisendjarige vrederyk voorspel voor die laaste oordeel. Dit wil voorkom dat hulle tekste uit Sagaria aanhaal sonder om die historiese konteks, of die konteks van die boek as geheel, asook die konteks van die aard van die profesiee in ag te neem. Alhoewel dit 'n kort boek is, is dit tog 'n moeilike boek om te verstaan: Die volgende studie het my omtrent 'n week gevat om te voltooi. Nadat ek egter in diepte gaan kyk het na die boek as geheel, is ek soveel sekerder dat daar geen gronde is om te dink hierdie boek ondersteun die idee van 'n duisendjarige vrederyk nie.
Tydgenote
van Sagaria:
Nehemia,
Esra,
Haggai.
Historiese konteks:
Die terugkeer van die ballinge, en die herbou van Jerusalem en die tempel.
|
1:1-6
|
0002/08/?? Bekeer julle, kyk
waartoe julle voorvaders se ongehoorsaamheid gelei het.
|
|
1:7-18
|
0002/11/24 Ruiters tussen mirte en diep kloof raporteer die wereld is
rustig. Die Here gaan Hom ontferm oor Jerusalem na 70 jaar, en die nasies
straf
|
|
1:18-20
|
4 horings = nasies wat Israel verstrooi het (Babel, Persie,
Griekeland, Rome?)- 4 ambagsmanne om horings tot 'n val te bring
|
|
2:1-13
|
Die Engel kom om Jerusalem uit te meet. Jerusalem sal te groot word
vir mure en God sal in hom bly. God straf die wat aan hom vat, en baie nasies
sal na Jerusalem toe kom en hulle aan die Here verbind. (Hierdie is baie
duidelik die nuwe testamentiese kerk wat voorspel word: Jerusalem/die kerk
wat baie groot word, God wat in
Jerusalem/die kerk woon, en mense van alle nasies wat na Jerusalem/die kerk
stroom om hulle aan God te verbind.
|
|
3:1-10
|
Satan kla vir Jesua aan wat inliederlike vuil klere staan. Die Here
bestraf Satan, en vergewe Jesua. (Jesua was hoë priester in die regeringstyd
van Serubbabel en Nehemia) Hy trek vir hom skoon klere aan, en sit vir hom ‘n
skoon tulband op. Jesua word hoë priester. Voorspellng van Loot wat kom. Klip
met 7 oë en grafeersel. Die Here gaan
op een dag die sonde wegneem. (Baie duidelik Mesiaans. Jesua verteenwoordig
die mense van die verbond, Israel. Hulle moes dien as hoëpriester en lig vir
die nasies (Eksodus 19:5-6, Jesaja 49:6), maar het soos die nasies geword.
Die nuwe skoon klere wys na die nuwe verbond wat ingestel word deur die koms
van Loot/Jesus, wat die sondes in een dag sal weg neem. Deur die nuwe verbond
kan die mense van die verbond weer optree as priesters van God (1 Pet 2:5, 1
Pet 2:9, Open 1:6, 5:9-10, 20:6)
|
|
4:1-14
|
Kandelaar met 2 olyfbome wat olie aan die kandelaar voorsien. Die
Here beloof Serubabel dat hy die
tempel sal klaar maak – want hy doen dit nie uit eie krag nie. Die twee
gesalfdes verwys na Serubbabel (die koning) en Jesua (die hoë Priester)
(Alhoewel hierdie primêr ‘n profesie vir daardie tyd is, is daar ook ‘n nuwe
Testamentiese toepassing. Die kandelaar is die kerk (Open 1:20) die olie is
die Heilige Gees – (Priesters en profete is met olie gesalf) en die twee
gesalfdes is Christus – omdat Hy beide Koning en Hoë priester is.
|
|
5:1-4
|
Die swewende boekrol – ‘n vervloeking vir die goddelose. (Dui op die
eindoordeel)
|
|
5:5-11
|
Vrou wat goddelossheid verteenwoordig in ‘n mandjie met ‘n lood
deksel. Dit word weg geneem na Sinar, waar ‘n huis vir haar gebou word. Sinar
is ‘n ander naam vir Babilon , wat in Genesis gebou is in opstand teen God.
Hierdie is ‘n moeilike deel, maar as ek moet raai, sou ek sê dit voorspel die
koms van die groot verdrukking in (Matteus 24:15-18, Openbaring 20:1-7) Soos
in Openbaring, lyk dit of die magte van die bose gebind word tot op die tyd
wat vir hulle bestem is. (Die huis wat vir haar in Babilon gebou word) Die
algehele goddeloosheid wat kom in die laaste dae word op verskeie plekke in
die NT voorspel.
|
|
6:1-9
|
4 Strydwaens tuusen 2 brons berge: 1)Bruin perde, 2) Swart perde, 3)
Wit perde 4)Skimmel perde. Swart perde gaan Noord, en die Wittes agterna.
Skimmel gaan suid, deurkruis die aarde. Die wat Noord gaan bring die Gees van
die Here daarheen. (Hierdie is ‘n besonder moeilike gedeelte. Elke komentaar
wat mens hierop lees gee ‘n ander interpretasie. Almal stem ooreen dat die
koper berge is die poort tussen die Hemel en die aarde voor, dat die ruiters
uit die hemel kom om God se plan op die aarde uit te voer. Wat betref die
perde is daar verskeie interpretasies:
1) Een
interpretasie sê dis die 4 koninkryke. Dit verklaar waarom die rooi perde nie
uitgestuur word nie, omdat die tyd van Babel reeds verby is. Daar is egter ‘n
paar probleme: Die Romeinse ryk kom nie uit die Suide nie, en mens sou juis
verwag dat die Gees van die Here saam met die skimel perd gaan omdat die kerk
in die Romeinse tyd ontstaan het.
2) Daar
is ‘n sterk versoeking om die perde te verbind aan die perde in Openbaring 6,
maar dit sou beteken dat mens sou verwag het dat die genoemde rampe in Openbaring
in die verskillende landstreke gebeur het, wat duidelik nie die geval is nie.
Daar is ook die versoeking om die rampe van Openbaring aan die verskillende
koninkryke te koppel, maar dit werk ook net tot ‘n punt:
Rooi = oorlog = Babilon Wit = Oorwinning = Griekeland Grys = Dood = Romeine Swart = Persie = Hongersnood ???
Die interpretasie wat vir my die meeste sin maak is die een wat
hierdie deel koppel aan Sagaria 1. ‘n Mens moet ook die konteks van die
profesie in ag neem: Israel kom uit ballingskap uit. 70 jaar was hulle die
spot van die aarde, en die algemene geloof was dat die god van Israel saam
met sy volk oorwin is. Gegewe die konteks, het Sagaria 1 en Sagaria 6 die
kragtige betekenis dat God steeds God bly en in beheer is oor die hele aarde.
Hierdie twee visioene vorm die
raamwerk waar binne al die visioene tussenin vertolk moet word. Verder ook:
In Sagaria 1 maak God die voorneme om die volke te straf, en in Sagaria 6 kom
die plan tot uitvoering. Daar word baie klem gelê dat die perde eers wegtrek
wanneer hulle die bevel van God ontvang.
Alhoewel daar die versoeking is om Openbaring 6 hier in te lees, dink
ek nie dis die bedoeling nie, want:
1) Die
profesie self gee geen besondere betekenis aan die verskillende kleure nie,
en
2) Dit
is samehangend met hoofstuk 1 wat ook geen betekenis aan sekere kleure gee
nie. Daarby is die kleure van Sagaria 1 minder versoenbaar met die van
Openbaring 6.
Die verskillende kleure dui dus eerder net op die verskeidenhied van
God se mag, teenoor die heidense gode wat gewoonlik net oor een of twee
bepaalde kragte beskik het.
Die betekenis van “noord” moet ook in historiese konteks verstaan
word. Noord is vir Israel ‘n onheilspellende plek, want dit is vanuit hierdie
rigting wat die nasies hulle aangeval het. Hierdie is dus duidelik ‘n
verwysing na die NT kerk, omdat God se Gees ook oor die heidennasies gaan
kom.
|
|
6:9-15
|
Goud en silwer van balinge moet gebruik word om ‘n kroon te maak en
op die prieter Jesua se kop te sit. Sê vir Hom dat Loot vinnig opgang sal
maak en die tempel van die Here bou. ‘n Priester sal saam met hom regeer en
mense sal van ver af kom om die tempel te bou (Weereens ‘n Mesiaanse
profesie. Loot is Jesus, en Hy is ook die Priester wat genoem word, want
Jesus is beide koning en Hoë Priester. Die tempel wat Hy sal bou, waarvan mense
van ver af sal kom om saam te bou, is die kerk.
|
|
7: 1-15
|
0004/09/04 Mense kom om navraag te doen oor die vas van die 5de
maand. God vermaan hulle egter om te let op hulle motivering – God kyk na die
hart en nie na die gebruik nie. Hy herinner hulle waarom die land verwoes is.
|
|
8:1-17
|
Die Here is begaan oor Jerusalem, en kondig voorspoed vir die stad
aan.
|
|
8:18-19
|
Vasdae gaan feesdae word
|
|
8:20-23
|
Al die nasies sal na Jerusalem toe kom om die Here te raadpleeg
(Voorspelling van die Kerk)
|
|
9:1-8
|
God kondig die val van Tirus en Filistea aan
|
|
9:9-10
|
Die koms van die nederige Koning na Jerusalem wat op ‘n donkie ry. Hy
sal vrede bring (Dubbel profesie van die koms van Jesus asook die vrede wat
sy wederkoms sal bring)
|
|
9:11-17
|
Die Here bevestig sy verbond omdat dit met bloed beseel is. Hy roep
die gevangenis terug . God gebruik Juda as ‘n wapen – spesifiek teen
Griekeland. Hulle sal oorwin en voorspoedig wees. (Hierdie profesie verwys
waarskeinlik na die Makabeers – omdat hulle teen ‘n Helenistiese koningkryk
geveg het)
|
|
10:1-12
|
Vra na die Here om reen, Hy sal dit op die regte tyd stuur. Die Here
gaan Israel sterk en voorspoedig maak. Hy gaan hulle bymekaar maak, en hulle
vyande verneder.
|
|
11:4-17
|
God beveel Sagaria om herder te word van slagskape vir wie niemand
omgee nie. God gee nie meer vir die land nie, en gee die mense in mekaar se
mag oor. Sagaria word ‘n herder met 2 kieries wat hy Vriendelikheid/Guns en
Vereniging noem. Binne ‘n maand moes hy van drie herders ontslae raak. Maar hulle
het met hom ongeduldig geraak, en hy met hulle, en die skape aan hulle eie
lot oorgegee. Hy verbreek sy Vriendelikheid/Guns kierie – die ooreenkoms met
die skape. Sagaria is onverskillig oor of hy betaal word of nie – die
eienaars betaal hom 30 stukke silwer, wat hy dan vir die pottebakkers gooi.
Hy breek sy ander kierie – Vereniging – ook stukkend, om die broederskap
tussen Juda en Israel te verbreek. Nou moet Sagaria soos ‘n Herder optree wat
niks vir die skape omgee nie. Die Here gaan so herder aanstel. Elende wag vir
die herder. (Hierdie is duidelik ‘n profesie van Israel in die tyd van Jesus.
Die slagskape waarvoor niemand omgee nie is die volk, en die eienaars is die
leiers of Fariseers. Sagaria verteenwoordig Jesus. Jesus wys die Fariseers te
reg, maar dit lei tot vyandskap tussen Jesus en die Fariseers. Jesus verbreek
die verbond waaronder Israel die beskerming van God geniet het. Omdat die
volk Jesus verwerp, gee God hulle aan hulle lot oor: 30 Silwer muntstukke was
hoeveel jy iemand moes vergoed vir die lewe van ‘n slaaf – dis hoe min die
Fariseers Jesus geag het deur Hom vir 30 silver muntstukke te verkoop. As
Sagaria die rol van die slegte herder vertolk, verteenwoordig hy die Romeine
wat Israel verwoes in 70nC. Maar daar is hoop vir die weerloses: God kondig
‘n swaar oordeel aan oor die slegte herder.
|
|
12:1-9
|
Die Here voorspel: Jerusalem en Juda gaan beleer word, maar almal wat
teen hom optrek gaan seerkry. Die Here maak van Jerusalem ‘n rots blok. Die
Here beskerm Juda teen sy aanvallers, en Juda erken dat sy krag in die Here
is. Juda is ‘n vuur wat al die volke om hom verteer. Die swakste van Juda sal
soos ‘n koning wees, en die Dawidshuis soos ‘n hemelwese. Die Here begin om
die nasies uit te roei wat Jerusalem aanval. (Hierdie gedeelte verwys na die
nuwe testamentiese kerk. Dit kan baie duidelik afgelei word in vers 8 waar
die swakstes soos konings is. Petrus sê die kerk is nou reeds ‘n koninklike priesterdom
( 1 Petrus 2:9) Die Huis van Dawid wat soos ‘n Hemelwese is, is baie duidelik
Jesus self. Ook vers 3 word verklaar in Petrus 2:6, waar Jesus die rots is,
en elkeen wat Hom verwerp, val en struiikel oor Hom. Dit is ook verder
duidelik uit die konteks van vers 11 – wat die bediening van Jesus voorspel. Verse
10 - 14 herinner aan Romeine 11, wat daarop dui dat die Jode in die laaste
dae vir Christus sal aanneem. Daar is egter niks van 'n fisiese koninkryk of
'n wegraping wat daarmee saamgaan nie. Dit is om meer in die teks in te lees
as wat daar staan. Daar is genoeg duidelike teksverse om te glo dat die volk
van Israel in die laaste dae gelowig sal word.
|
|
13:1-9
|
Die Here maak ‘n fontein in Jerusalem oop om die volk se sondes af te
was. Die gedagte aan die afgode sal verdwyn. Die vals profete sal verdwyn:
niemand sal hulle deur hulle laat verlei word nie, en self sal hulle nie meer
waag om te profeteer nie. Die Herder – wat na aan die Here is - word dood
gemaak, en die skape word uitmekaar gejaag. Twee derdes word uitgeroei, en
die oorblywende derde word soos goud gelouter. Hulle sal suiwer wees, en die
Here sal hulle gebede verhoor. ( Baie duidelik die nuwe testamentiese kerk.
Daar word gepraat van die afwassing van die sondes, ‘n inherente
gehoorsaamheid en ‘n gesonde onderskeidings vermoee. Die goeie Herder wat
doodgemaak word is baie duidelik Jesus, en die skape wat uit mekaar gejaar
word, die vroee Christelike kerk. Hulle word vervolg: Baie word dood gemaak,
en die wat oorbly word gelouter – maar hulle is suiwer en getrou aan die
Here.)
|
|
14:1-21
|
Jerusalem sal gebuit word, die nasies sal teen hom oorlog maak, en
hom inneem, die huise plunder ne vroue verkrag. Helfte gaan in ballingskap, maar die ander
helfte nie. Die Here sal dan oorlog voer teen die nasies, Hy staan op die
Olyfberg, en die berg skeur middeldeur sodat die vlugtelinge deur die kloof
kan gaan. Dit sal ‘n besonderde dag
wees, want daar sal geen duisternis of ryp wees nie. ‘n Vars stroom sal uit
Jerusalem vloei, een helfte oos, ander helfte wes. Die Here sal koning wees
oor die hele land, die enigste God. Jerusalem sal hoog le en bewoon wees. Hy
sal nooit weer vernietig word nie. Die mense wat teen Jerusalem geveg het sal
weg vrot. Hulle sal skrik en mekaar aanval. Selfs Juda veg teen Jerusalem. Mense
van alle volke sal kom om die huttefees te vier in Jerusalem. Die wat nie kom
nie sal gestraf word, maar die wat kom sal hulle offers bring. (Gegewe die
konteks en progressie van die voorafgaande hoofstukke, verwys die eerste helfte van hierdie
hoofstuk duidelik na die vernietiging van Jerusalem in 70nC. ‘n Historiese
feit wat nie baie bekend is nie, is dat baie mense tydens die belering van
Jerusalem die geleentheid gehad het om te ontsnap: Jesus self het voorspel
dat dit die geval sou wees in Lukas 21:20-22:
Flavius Josephus (A.D. 75)
(Opportunity Arises to Flee) "It then happened that Cestius was
not conscious either how the besieged despaired of success, nor how
courageous the people were for him; and so he recalled his soldiers from the
place, and by despairing of any expectation of taking it, without having
received any disgrace, he retired from the city, without any reason in the
world." (Wars, II, XIX, 6,7)
Die Olyfberg verwys dus duidelik na die Romeine leer, en dat God self
diegene bewaar wat gelet het om die profesie van Jesus en uit die stad gevlug
het. Vers 8 verwys. Dit kan ook verwys na die bediening van Johannes die
Doper wat die weg vir die kerk voorberei het: (Jesaja 40:3-5 + Matteus 3:3)
Slegs diegene wat in Jesus en sy profesie geglo het, kon uit die stad gered
word. Hierdie mense het dus onder leiding van
hulle Koning uit die stad gevlug. Dat dit ‘n besondere dag is, dui
daarop dat God sy kerk bewaar, selfs deur moeilike tye heen.
Vers 8 verwys na die verbond wat in die plek van die ou Jerusalem
kom. Die waterstome verwys duidelik na die Heilige Gees wat die kerk versprei
dwars oor die wereld. Na die Hemelvaart is Jesus koning oor die hele aarde (Openbaring 1) Dan spring ons duidelik na die Nuwe
Jerusalem: Die stad is bewoon en veilig. Dit sal nooit weer verwoes word nie.
Die wat teen die kerk/die Here in opstand gekom het, sal in die hel gegooi
word. Juda wat teen Jerusalem veg dui op die Jode wat nie vir Christus wou
aanvaar nie. Mense van uit alle volke kom deel aan die huttefees. Die
huttefees was gehou om die oes te vier, en dui hier op die oes/uitverkiesdes
van die Here. Diegene wat die Here weerstaan het, sal onder die ewige vloek
wees, maar die wat sy genade aanneem sal ewig in die Hemel die Here in
vreugde dien.
|
Gevolgtrekking:
Sagaria is ‘n
moeilike boek om te verstaan, vol van beeldspraak en simboliek. ‘n Gesonde
interpretasie van die boek interpreteer dit in die lig van die historiese
konteks van die profeet, sowel as in die lig van die boodskap van die res van
die Bybel. Dit is hoe dit hoort as mens glo die Bybel vorm een geheel met een,
samehangende boodskap. Daarom moet onduidelike verse in die lig van duidelike
verse geinterpreteer word. Van beide Openbaring en Sagaria kan mens sê: As jou
interpretasie van hierdie boeke jou ‘n verklaring gee wat nerens anders in die
Bybel voorkom nie, kan jy maar weet jou interpretasie is verkeerd.
Die boek
Sagaria is bedoel om vir die Joodse ballinge wat terug gekom het hoop te gee
vir die toekoms. Die profeet is waarskeinlik een van die mees Mesiaanste
profete wat daar is. Die koms van Jesus is ‘n deurlopende tema in al die
profesiee. Dit wil voorkom of die profesie veral kronologies word van hoofstuk 9
af: Die Here maak Israel voorspoedig, en gee hulle rus. Daarna word daar
spesifiek verwys na ‘n oorlog teen Griekeland, wat waarskeinlik dui op die
Makabeers. Die Makabeers was voorspoedig, soos wat dit aangedui is in hoofstuk
10, maar onmiddelik in hoofstuk 11 gaan dit weer sleg. Hoofstuk 11 verwys
duidelik na die bediening van Jesus. Hoofstuk 12 en 13 verwys na die kerk, 14
na die vernietiging van Jerusalem in 70nC, en dan die nuwe Jerusalem wat kom.
Daar is niks
in hierdie boek wat duidelik en ondubbelsinnig die geloof regverdig dat daar ‘n
wegraping gaan wees voor die groot verdrukking nie. Ook is daar geen rede om te
glo hierdie boek maak melding van ‘n aarde koningkryk van Jesus voor die
wederkoms nie – inteendeel, Jesus self sê in Johannes 18:36 “Jesus antwoord: My
koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld
was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie.
Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.”
Jesus self
gee ‘n baie duidelike verduideliking van die laaste dae in Matteus 24, en ons
behoort hierdie gedeelte te gebruik as raamwerk vir ons interpretasie van
moeilike tekste.
Jesus sê
daar sal in die laaste dae baie rampe, vervolging en afvalligheid wees. Jesus
sê nie hierdie dinge blood vir die interresantheid nie – ons gaan nie uit
hierdie tyd uit weggeraap word nie. Inteendeel: Hy sê dit juis sodat ons kan
volhard en nie hoop verloor wanneer ons dit self ervaar nie (vers 6, 9, 13,
20-23, 33) vers 40-41 dui duidelik daarop dat die gelowiges in hierdie wereld
bly tot heel aan die einde.
Direk na
hierdie tyd, volg die wederkoms (v 29) Openbaring is ‘n boek vir die gelowige,
nie die ongelowige nie. Dit is ‘n boek om ons in die laaste dae te troos en te
laat volhard. Die gelowiges sal beslis nie hierdie dinge gespaar word nie. As
God nie die vroeë Christelike kerk vervolging gespaar het nie, is daar geen
rede om te dink Hy sal dit in die laaste dae doen nie